sanlam fokus
Landbou Nuus                                                                                     Epos   Druk
Loer elke week hier waar Jan-Harm sy interessante landbou inligting met ons deel.

6 Maart 2010

Landbounuus:

· Slenkdalkoors brei uit;

· Hewige reaksie oor elektrisiteit;

· Langkloof-vrugteramp kan duisende werkloos laat;

· Finale koring-oesskatting afwaarts aangepas; en

· Ondersoek na SMS-pryse vir rooivleis.



`n Vrystaatse boer is vermoedelik die tweede persoon wat Slenkdalkoors opgedoen het. Dit volg nadat die virus verlede maand onder vee in die Bultfontein-omgewing uitgebreek het. Sowat een-en-’n-half duisend stuks vee is reeds geaffekteer.



Landbou-organisasies het met skok gereageer op Eskom se goedgekeurde elektrisiteitstariefverhoging. Agri SA, die Landboubesigheidskamer en die TLU SA het in verskillende verklarings gesê dat landbouers en verbruikers se belange geïgnoreer is.



Meer as sewentig duisend landelike inwoners en besighede in die Klein-Karoo, staar ‘n ekonomiese ramp in die gesig, nadat skade weens oorstromings in 2007, nog nie deur die regering herstel is nie. Sewentig persent van die kloof se inkomste kom uit vrugte.



Die finale produksieskatting vir koring is afwaarts aangepas. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê in sy jongste raming dat die aanpassing sowat een komma drie ses persent laer is as die een komma nege vier ses miljoen ton van die vorige skatting.



Die Rooivleisprodusente-organisasie beoog ’n SMS-stelsel om vleispryse in die provinsies met sy lede te kommunikeer. Professor André Jooste van die Nasionale Bemarkingsraad, sal ‘n prosedure ontwikkel wat in lyn is met mededingingswetgewing.

 
kyknet      Dawn Wing      Itsy_bitzy           On Demand      Itsy_bitzy      Flexi Rent
Developed and hosted by vanTo Technologies - Making IT Possible | Website Administration by Itsy Bitzy Marketing