By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Inspirerende Resepte vir die Suid-Afrikaanse Kok

Soek jy vir inspirasie om jou aandetes so bietjie op te kikker? Mens val so maklik vas in ou gewoontes en kort voor lank verloor jy die aansporing om iets voortreflik voor te sit. Kosmaak word dan net nog een van die baie verpligtinge wat jou dag opneem. Dis tyd om weer bietjie sprankel in jou geregte te sit en dan sommer ook weer die vonkel van bewondering in jou geliefde se oë terug te bring.

Hier by Ontbytsake se Resepte afdeling kan jy elke soort inspirasie vind en kan die resepte met vertroue volg want ons deel al ons resepte wat op ons Saterdae met kykers deel ook met ons aanlynse gebruikers. Dit is gratis en propvol wenke wat jou sal help om selfs die elegantste en ingewikkeldste disse suksesvol voor te berei.

Wie is die kok?

Wie anders as die bekwame en pragtige Seline van der Wat, ons baie gewilde aanbieder van “Maak ‘n Hap” program waarin Seline wenke deel, jou stap-vir-stap deur die voorbereidingsproses van smullekker meesterstukke lei en nuwighede bekendstel. Sy is ‘n bobaas sjef wat haar talente tydens die 2013 MasterChef Suid-Afrika reeks gewys en derde in die kook kompetisie geëindig het. Haar vermoë om dekadente en redelik ingewikkelde nageregte op te tower asook haar kunstige uitstalling van geregte is onder meer die redes waarom kykers vasgenael voor die kassie bly wanneer Seline kos demonstrasies doen.

Wat ons deel

Jy kan die resep wat die week op “Maak ‘n Hap” bekendgestel is onder “Resep van die Week” kry en hoef dus nie eers die notaboek oop te maak op Saterdae oggende nie. Ons bied ook die vorige week se resep en maak so seker dat jy nooit uit kook idees hardloop nie. As jy sommer vir die hele jaar voorbereid wil wees kan jy die elektroniese resepte boeke vir 2010 tot 2014 aflaai en uitdruk. Vir sommige van ons werk die ou metode van aflynse boeke nog maar die beste. Dis alles gratis en het direkte betrekking tot die hedendaagse kombuis en gesonde eet en leefstyle.

Wanneer moet jy kyk?

Skuif voor die kassie net so voor 7h30 in en bly tot 9h00 sit elke Saterdag om te verseker dat jy nie Ontbytsake misloop nie. As jy verpligtinge op Saterdae oggende het, kom loer in vir ‘n heruitsending op Sondae dieselfde tyd. Andersins kan jy sommer net hier by ons inskakel enige tyd van die dag of nag om die resep van die week en resepte wat voorheen gedeel is te verkry.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site