By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Landbou in Suid-Afrika – Kalender en Redes om te Adverteer

Landbou in Suid-Afrika is groot besigheid en met die boere aan die stuur van die kosmandjie is dit net reg dat ons ook dan ‘n Landbou gedeelte beskikbaar stel waar jy wenke, inligting en produkte kan opspoor. Goeie kommunikasie en samewerking is belangrik in ‘n bedryf waar winsgrense soms uiters laag is. Dit is daarom dan ook dat ons Landbou in Suid-Afrika gids so belangrik is vir besighede wat produkte aan die landboumark verskaf en ook vir diegene wat van hulle produkte of dienste gebruik wil maak.

Natuurlik wil jy ook Saterdae oggende voor die kassie inskuif om die nuutste inligting en insae oor landbou in Suid-Afrika te verkry. Hieronder is ‘n paar belangrike datums om op te teken as jy landbou konferensies, skoue of byeenkomste in Suid-Afrika wil bywoon.

Landbou Beleggings en Fondse Afrika Konferensie (Agricultural Investment and Funds Africa Conference)

Datum: 28-29 Oktober 2015
Tyd: 9h00 tot 16h00
Plek: Emperor’s Palace Konferensie Sentrum, Johannesburg, Gauteng

Die doel van die konferensie is om Afrika agri-entrepeneurs en beleggers vir landbou gerigte ontwikkeling bymekaar te bring

Grond Rehabilitasie (Land Rehabilitation) Kursus

Datum: 4-6 November 2015
Tyd: 8h00 tot 16h00
Plek: Hoofkampus, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Gauteng

Die kursus is daarop gerig om mense van die interafhanklikheid van omgewingsfaktore en die belangrikheid van rehabilitasie van die omgewing te leer. Die kursus dek die wetlike raamwerk, gronderosie, stappe om te neem om grondherwinning te bevorder, oorsig van die fauna en flora, klimaatinvloede en advies aangaande landbestuur en myn rehabilitasie.

Afrika  Lewende Hawe, Vleis en Vissery Uitstalling en Konferensie (Africa Livestock, Meat & Fisheries Summit & Expo)

Datum:26-27 November 2015
Tyd: 7h00 tot 17h00
Plek: Durban

Die uitstalling sal boere, rolspelers, regeringsverteenwoordiges en kundiges van regoor die kontinent bymekaar bring en belangrike onderwerpe sal bespreek word. Boere word uitgenooi om uit te stal of die skou by te woon.

Johannesburg Boslelie (Clivia) Blommeklub Skou

Datum: 12-13 September 2015
Tyd: 8h30-17h00 op Saterdag en 8h30 tot 15h00 op Sondag
Plek: Garden World Nursery, Beyers Naude Weg, Muldersdrift, Gauteng

Besoek die skou om met kundiges oor die verbouing van die pragblomme te gesels, sade en blomme te koop of om uit te stal.

Waarom by Ontbytsake se Webtuiste Adverteer?

Ons bied jou die geleentheid om jou dienste aan al ons lesers en die Ontbytsake kykers bekend te stel. Ons het ‘n groot aantal gereelde gebruikers wat ons webtuiste besoek spesifiek om inligting te verkry aangaande produsente, sonkrag, landbougrond, drade, nuus en nog meer. Bemark aan jou teikengroep rakende landbou in Suid-Afrika. Word deel van die sakegemeenskap wat by Ontbytsake lys.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site