By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Trougids Wenke vir die Beplanning van ‘n Besonderse Bruilof

Ons deel enkele trougids wenke ten einde die beplanning van jou bruilofdag te vergemaklik.

Beraam die Begroting

Stel vas hoeveel jy geld jy beskikbaar het spesifiek vir die bruilof, uitgesluit die trourok en klere vir die gevolg. Wanneer jy eers ‘n algemene idee het van hoeveel beskikbaar is kan jy die kostes opdeel om voorsiening te maak vir die troukaartjies, motorhuur vir die geleentheid, die huur van die onthaalplek, voedsel en verversings, asook die versiering van die onthaalsaal.

Bepaal die Aantal Gaste

Alhoewel dit aanvanklik moeilik is om die presiese getal van gaste te beraam is dit nodig om ‘n skatting te maak. Dit sal bepaal watter soort onthaalplek jy sal bespreek en wat jy dan per kop sal begroot in terme van die ete.

Maak ‘n Lys van Jou Droom Onthaallokale

Miskien wil jy in die middel van die bos trou of dalk op ‘n huisboot. Daar is ook ‘n strandtroue en onthaal om te oorweeg of dalk ‘n tenttroue in ‘n privaat wildtuin, dalk wil jy in ‘n klein kerkie diep in die Drakensberg trou. As jy eers jou lys gemaak het kan jy ons trougids gebruik om plekke wat aan jou vereistes voldoen op te spoor.

Kies die Onthaalstyl

Droom jy van ‘n sprokiestroue of iets alternatief? Dink aan die algemene styl  en gaan nou deur die lys van plekke wat daarvoor geskik kan wees. Nadat jy weet ongeveer hoeveel gaste, die styl en die droomplekke wat jy gelys het is dit tyd om uit te vind of die plekke wat jy ingedagte het rondom die datums van keuse beskikbaar sal wees.

Dink aan Spesifieke Faktore

Dit is ook nou ‘n goeie tyd om die volgende faktore in oënskou te neem:

  • Badkamergeriewe
  • Koste
  • Parkering
  • Afstand van die oorgrote meerderheid gaste
  • Oornagverblyf
  • Veiligheid van die omgewing
  • Plek om troufotos te neem
  • Onthaalgeriewe en die spyskaar
  • Musikante
  • Tafelplasing
  • Klanktoerusting
  • Dansvloer
  • Versiering

Besluit Hoeveel Beheer Benodig Word

Hoe betrokke wil jy by die versiering wees? Wil jy deel van die logistiese beplanning wees en wil jy byvoorbeeld aanwys waar blomme geplaas moet word, watter draperings gebruik moet word of wil jy dat die onthaalkenners die hele proses hanteer? Besluit dit vooraf sodat daar nie misverstande en ongelukkigheid tussen jou en die onthaalkenners ontstaan nie.

Besoek die verskillende plekke op jou kortlys en maak jou finale bespreking voordat jy die uitnodigings stuur. Gebruik ons trougids om verskaffers, haarkappers, trourokke, verversingsmaatskappye en onthaalplekke op te spoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site