By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoe Klein Besighede in Suid-Afrika met die Groter Name kan Meeding

Kleiner besighede in Suid-Afrika kan effektief met groter maatskappy in die land meeding indien hulle die nodige tyd en geld aan bemarking bestee. Dit is egter so dat kleiner ondernemings meesal in hul lopende kostes vasval juis omdat hulle nie geld aan bemarking wil bestee nie.

Hier is die probleem – groot ondernemings het hulle reputasies wat vir hulle werk. Omdat hulle ‘n spesiale bemarkingsbegroting het en strategiese beplanning doen kan hulle in die hier en nou vir die toekoms bemark. Hulle brei daarom hulle mark baie uit en omdat die verbruikers vertroue in hulle produkte, reputasies en die vermoë om dieselfde standaard deurlopend te handhaaf het, ontwikkel verbruikerslojaliteit.

In plattelandse dorpe en selfs die dorpies naby groter stede kan sulke klein besighede glad nie met die pryse van die groot besighede kompeteer nie. Daar is egter ‘n oplossing – begin dink soos die groter besighede in Suid-Afrika. Stel ‘n begroting op spesifiek vir bemarking, maar ondersoek moontlike media wat die beste waarde vir geld bied.

Die internet is natuurlik een van die bekostigbare middele om ‘n groot teikenmark oor ‘n wydversrpreide gebied te bereik. Daarom dan is die skep van ‘n webtuiste prioriteit. So webblad moet gebruiker en soekenjin vriendelik wees. Vandag is dit ‘n vereiste om ‘n webtuiste te bou wat mobiele eenheid vriendelik is omdat die meeste van die soektogte in Suid-Afrika vanaf selfone en skootrekenaars gemaak word. Die tuiste moet vinnig laai, vertikale blaai ondersteun en ewe goed op verskillende skerm groottes vertoon.

Sosiale media is baie gewild en ‘n groot aantal mense maak koopsbesluite op grond van die aanbevelings van vriende op die sosiale platvorms soos Facebook en Twitter. Dit is dus belangrik om ook Pinterest, LinkedIn, Facebook, Google Plus, en Twitter ten volle te benut om verhoudings met verbruikers te vorm en lojaliteit te bou.

Bemarking by webtuistes soos Ontbytsake bied besighede die geleentheid om hulle-self aan ‘n groter gebruikersgroep bekend te stel. Deur in die webgidse te adverteer bereik hulle mense wat reeds in die mark vir hulle spesifieke diens of produk is.

Dit bring ons ook by aflyn bemarking. Hoewel tydskrifadvertensies duur is en slegs ‘n beperkte leeftyd het kan besighede in Suid-Afrika daarby baat om in hulle plaaslike tydskrifte te adverteer. Die kleiner dorpsgemeenskappe ondersteun plaaslike besighede en lees graag hulle streekskoerante en tydskrifte.

Dan natuurlik is advertering in die aflaaibare gidse van Ontbytsake ‘n moet. Die gebruikers laai die gratis gidse af met betrekking tot landbou, wynroetes, troues, sport, motors en nog meer. Dit is dus sektor spesifieke gidse in Afrikaans. Die Afrikaanse gemeenskap wat ook die Ontbytsake TV program volg wil inligting dadelik beskikbaar hê. Die aflaaibaarheid van die gidse maak dit moontlik.

Wanneer hulle dan opsoek is na lekker vakansie plekke, restaurante, plaasimplemente ens. gebruik hulle die gidse. Die bekostigbaarheid van advertering daarin maak dit vir klein en middelslag besighede in Suid-Afrika moontlik om hulle plek in die mark vol te staan.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site