By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alles vir Huis en Tuin op Een Blad

Jy is seker nie ‘n Suid-Afrikaner as huis en tuin nie belangrike woorde vir jou is nie. Of jy nou in ‘n skakelhuis, op ‘n landgoed, in ‘n woonstel, dorpshuis of selfs net in ‘n tradisionele huis woon, daar is altyd iets wat jy kan verbeter of ten minste in stand kan hou. En dit is hoekom ons webtuiste ‘n Huis-en-Tuin-afdeling bevat waar jy die nodige diensteverskaffers kan opspoor.

Hierdie dienste- en produkteverskaffers is almal ook Ontbytsake-ondersteuners en hoë gehalte is as sulks vir hulle belangrik. Daarom kan jy, sonder om enigsins bekommerd te wees oor moontlike advertensieslenters, gerus van hulle dienste gebruik maak. Die Huis-en-Tuin-afdeling maak dit vir jou makliker as ooit tevore om betroubare, mededingende en bekwame diensteverskaffers op te spoor.

Hieronder is ‘n kort inleiding na enkele van die besighede, maar onthou dat daar nog baie op ons webwerf te siene is. Natuurlik nooi ons jou ook uit om jou besigheid hier te adverteer en sodoende groter blootstelling te kry.

House of Woven Art

As jy ooit ‘n droomnaweek-wegbreekplek wil besoek, maak dan die dorpie Clarens in die Vrystaat jou eerste reisbestemming. Daar gekom, loer gerus in by die Clarens Gallery en House of Woven Art wat deur Emilio Castigani begin is. Hy was voorheen ‘n landdros maar leef nou saam met sy vennoot Quané Navarro sy passie vir die kunste en matte uit in die twee besighede. Jy sal bekende kunstenaars se werke by die gallery vind en sal in bewondering staan oor die pragtapyte wat die mure versier.

Genpower

Van mat na krag – Genpower is ‘n bekende verskaffer van ‘n wye reeks gehalte-kragopwekkers in Pretoria met takke in Silverlakes en Pretoria-wes. Hulle verskaf enigiets van diesel en petrol tot kragopwekkers, waterpompe, brandblussers en selfs kompressors. Jy hoef nie eens self die installasie te behartig nie. Vertrou dit aan hulle bekwame hande toe. Ian Loots staan aan die stuur van die maatskappy wat reeds vanaf 1999 bestaan.

Garden Terrace Kwekery

Van krag na tuin – die Garden Terrace Kwekery in Secunda onder eienaarskap van Ina Kloppers bestaan sedert 1996. Dit het oor die jare só gegroei dat dit nou die voorste tuinsentrum in die dorp is.

Jy kan alles van tuinplante tot buite-dékor daar aankoop, asook van hulle belandskapping-kundigheid gebruik maak. Of jy nou besproeiingsgereedskap soek of plante wat in die winter sal groei, dit is die aangewese kwekery en tuinsentrum om te besoek.

Fabulous Frames and Décor

Terug na die Vrystaat vir jou binneshuise versieringsbenodighede. Die besigheid was aanvanklik ‘n tuisonderneming met die fokus op die vervaardiging van hoëgehalte-rame. Die aanvraag na die rame het egter beteken dat die besigheid sou uitbrei en om in die klante se behoeftes te voorsien het hulle mettertyd ook dékor by die versameling gevoeg. Met die aanvraag wat toe steeds al hoe groter geword het, het hulle uiteindelik ‘n winkel in Welkom oopgemaak en vandag kan jy van meubels tot rame, muurpapier, gordyne en dékordienste daar vind. Madelyn Jacobs is aan die stuur van die besigheid en haar bereidwilligheid om die ekstra myl te loop kan gesien word in die gratis tuiskonsultasies wat sy en haar span bied.

Loer gerus onder die Huis-en-Tuin-afdeling vir kontakbesonderhede en ander besighede waar jy hoëgehalte-produkte en -dienste kan opspoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site