By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jou Besigheid Kan op Sakefokus Bespreek Word

Praat van bemark op TV en mense dink aan die normale advertensies tussen programme, maar jy kan op ander maniere op TV bemark om jou teikengroep te bereik. Dink aan Ontbytsake se Sakefokus. Elke week besoek ons span ’n spesifieke streek en ons stel besighede in ’n besonderse manier aan die kykers bekend. Dit is meer as reklame; jy het ’n tydgleuf wat op jou besigheid fokus. Daarin word waardevolle inligting gedeel en die kykers het tyd om die inligting te oordink.

Danksy die wyse waarop dit gedoen word, kry jou besigheid baie blootstelling en word ’n goeie grondslag vir vertroue in jou dienste en produkte gelê. Dit is nie ’n advertensie wat op die kykers afgedwing word nie. Die kykers is voor die kassie omdat hulle meer wil weet oor spesifieke streke, bedrywe, dienste, en produkte. Hulle stel dus reeds belang en die aanvoorwerk is vir jou gedoen.

Natuurlik is jy bekommerd oor die koste, want om soveel blootstelling te kry, moet daar onderhoude wees, navorsing gedoen word, beeldmateriaal geskiet word, redigering gedoen word, ’n klankbaan gemaak word en die volle produksie bestuur word. Maar, hier is die goeie nuus. Ons span behartig dit alles en omdat hulle die kwalifikasies en ondervinding in die veld het, is jy in goeie hande. Jy kan gerus wees dat die finale produksie uitstekend sal wees en die bemarking op TV beslis bekostigbaar is.

Hou ook in gedagte dat Ontbytsake ’n groot kykertal het en dat jy nasionale blootstelling kry vir jou besigheid. Net een uitsending is nodig om baie nuwe klante te trek. Jy kan die televisieblootstelling ook op jou besigheidsprofiel plaas; wat is beter as om te kan sê dat jou besigheid al op Ontbytsake was?

Ons het verskeie uitstekende projekbestuurders wat die Sakefokus-tydgleuf bestuur. Estelle van Staden beplan byvoorbeeld ’n Sakefokus in die Noordelike voorstede van Johannesburg. As jou besigheid daar geleë is en jy wil op TV bemark, kan jy met haar in verbinding tree. Pieter de Waal, ook ’n Ontbytsake-projekbestuurder, het onlangs op ons webtuiste aangedui dat hy ’n Sakefokus in die Dinokeng-omgewing gaan vervaardig en besighede is uitgenooi om deel te neem.

Ingrid Bradfield het onderneem om ’n buitelewe-Sakefokus te vervaardig oor besighede wat 4×4- en kamperingsdienste verskaf. Miskien het jy ’n besigheid in Gauteng se nywerheidsektor en sal dan vir Eric Venter wil kontak omdat hy ’n Sakefokus oor vervaardiging en nywerhede in Gauteng beplan.

Bemark op TV by Ontbytsake op ‘n veel beter manier as die normale advertensies tussen programme. As jy belangstel om jou besigheid deel van Sakefokus te maak,

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site