By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoe Besighede op Ontbytsake Blootstelling Kry

Besighede op Ontystake kry ongelooflike blootstelling in ons weeklike sakegemeenskapfokus. Ons reis reg deur die land om streke, industrieë, en spesifieke besighede onder kykers se aandag te bring. Ons projekbestuurders maak dit so maklik moontlik vir adverteerders om hulle besighede op Ontbytsake bekend te stel. Vanaf klankbaan en die skryf van die draaiboek, tot redigering en die finale produksie en beligting word deur ons span behartig. ’n  Makliker en meer bekostigbare wyse om nasionale blootstelling onder die regte teikengroepe te verkry is haas onmoontlik.

Buiten besighede op Ontbytsake se televisieprogram, is daar ook ’n geleentheid om in ons aflaaibare gratis gidse te adverteer. Daarmee saam het besighede, hetsy hulle op Ontbytsake lugtyd gekry het of nie, ook die geleentheid om by ons webtuise onder die Sakegemeenskap-afdeling te adverteer. Op hierdie manier maak ons dit moontlik om ook aanlyn goeie blootstelling te kry teen baie bekostigbare pryse. Hieronder is enkele van die adverteerders.

George Dierehospitaal

Die dierehospitaal het in 1991 begin en is tans in Nelson Mandelaboulevard in George gevestig. Met ’n wye verskeidenheid veeartsdienste is die goed-toegeruste praktyk ’n lewensredder vir diere, hetsy dit troeteldiere of plaasdiere soos perde, varke, beeste en skape is. Die praktyk word onderskei deur hulle toegewydheid aan diere en die feit dat hulle 24 uur oop is – elke dag van die jaar. As jy dus ’n noodgeval met een van jou diere het en woonagtig is in die George- of Mosselbaai-omgewing, beveel ons aan dat jy die George Diereshopitaal besoek.

Harry’s Wholesale Butchery

Net buite Vanderbijlpark is die bekende Harry’s Wholesale Butchery, waar mense sedert 1980 die geleentheid het om groothandelspryse vir hoëgehalte vleis te betaal. Kliënte kan ook telefonies of per e-pos bestellings plaas en die voordeel geniet van produkte wat by hulle wonings of besighede afgelewer word.

Hidrotech Infra

Die besigheid, wat sedert 1998 in KwaZulu-Natal werksaam is, lewer ’n groot reeks dienste en doen meganiese, elektriese en siviele ingenieurswerk teen beskostigbare pryse. Hulle diens is van die hoogste gehalte. Hulle het oor die laaste vyf jaar meer as R350-miljoen se projekte voltooi, wat ’n goeie aanduiding van hulle vermoë is. Voltooide projekte sluit onder andere in HDPE-pype, toetsing van staal en pletbare yster, oprigting van klepkamers en betonstrukture, bou van toegangspaaie, elektriese werk by vulstasies en installering van waterverspreidingstelsels – daar is nog vele meer. Met meer as 500 kontrakte reeds agter die blad, is dit ’n ervare diensverskaffer.

Fews Distilleerdery

Fews Distilleerdery is gebore uit ’n passie vir die maak van whiskey, brandewyn en rum. Dit is Theo Grace se breinkind. Geleë in Park Rynie, net suid van Durban, is dit ’n distilleerdery wat die lewering van topgehalte voorop stel. Vandag verskaf die maatskappy enigiets van whiskey en rum tot brandewyn en wodka. As jy ’n drankwinkel, kroeg of hotel besit en keurgraad-drank wil verskaf, bestel dan prokukte van Fews Distilleerdery.

Die besighede hierbo bespreek is maar enkeles wat op Ontbytsake se tuisblad adverteer. Skuif gerus Saterdagoggend voor die kassie in om te sien hoe besighede op Ontbytsake bekendgestel word.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site