By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Besighede in Suid-Afrika Wat op Ontbytsake se Tuisblad Adverteer

Besighede in Suid-Afrika kry die geleentheid om hul produkte en dienste aan kykers bekend te stel en ook blootstelling op ons webtuiste te kry. Met gereelde insetsels oor spesifieke besighede op Ontbystake, kry besighede bekostigbare en omvattende nasionale blootstelling. Advertering in ons aflaaibare gidse is nog ’n manier van bemarking. Daar is laastens ook die kort, maar baie treffende, bekendstellings in ons Sakegemeenskap-afdeling, ingedeel volgens kategorie.

Ons stel vervolgens ook drie van die besighede in Suid-Afrika wat op ons webtuiste adverteer hieronder bekend.

Abland se Loftus Park

Dit is ’n besonderse onwikkeling wat in die toekoms nog baie waarde tot Hatfield in Pretoria gaan voeg. Met die universiteit, koshuise en ander studenteverblyf in Hatfield, is daar baie jongmense in die buurt. Hatfield is dus ’n groeipunt en met Abland se Loftus Park reg langs die welbekende Loftus Versfeld, sal Hatfield ook nou sy eerste noemenswaardige gemengde gebruiksnode hê. Die node sal ’n aansienlike verbetering in aansien vir Hatfield teweegbring, veral gesien in die lig van die 270 000 m2 se grond wat ontiwkkel gaan word.

Die park bestaan uit hoëstandaard kantoorgeboue, nie minder nie as vyf eetplekke, ’n 4-sterhotel, opelugplaza, Virgin Active-gimnasium met ’n swembad en verskeie winkels en ontspanningsruimtes.

AGM Saagmeule

Een van die bekende besighede in Suid-Afrika, wat regs langs die N1-snelweg geleë is – net sowat 1 km noord van die ou Zambezi afrit, – is AGM Saagmeule, wat ’n lang en trotse geskiedenis van baie jare het in die voorsiening van hout direk aan die publiek. Die saagmeule voorsien verskeie houtprodukte, onder andere strukturele hout wat vir dakkappe gebruik word, Wendyhuise, vloer- en stoepdekplanke, boumateriaal vir houtwonings, en hout wat nat vanaf die saagmeule kom, asook ongedroogde en onverwerkte hout. Hulle verskaf ook gelamineerde balke, spykers, hamers, houtbehandelings en nog vele meer. AGM Saagmeule staan wyd bekend onder die gemeenskap vir hulle beskostigbare pryse, veral omdat die publiek die pryse betaal wat die middelman sou betaal het.

Pioneer Plastics

Hier is nog ’n maatskappy wat reeds sedert die vroeë tagtigerjare in Rosslyn naby Pretoria werksaam is. Pioneer Plastics is alombekend vir die hoëgehalte-plastiekprodukte wat hulle lewer. Die vervaardiger staan bekend vir hulle goeie diens en ’n wye verskeidenheid van produkte wat geskik is vir nywerhede, tuisgebruik en kommersiële toepassings. Vanaf opgaartenks tot vragmotorbykomstigheide en dromme, asook padversperrings, maak deel uit van hulle produkaanbieding.

Met hulle gietvormfasiliteit is Pioneer Plastics goed toegerus om ontwerpidees op papier te omskep in die produkte wat kliënte nodig het. As jy dus op soek is na ’n vervaardiger vir die maak van doelgemaakte plastiekprodukte, is Pioneer Plastics die antwoord.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site