By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bekostigbare Lekkerbly en Luukse Vakansieverblyf aan die Weskus van Suid-Afrika

Dit is nie meer te lank voordat die somer hier is nie en dan is al byna al weer vakansietyd. Indien jy nog nie jou vakansieverblyf in Suid-Afrika vir die opkomende vakansies bespreek het nie, mag jy dalk vind dat dit ’n uitstekende idee is om verder te lees wat ons hieronder daaroor vir jou te vertelle het. Ons stel twee van die mees interessante vakansieverblyfplekke in Suid-Afrika aan jou bekend. Jy kan die kontakbesonderhede van die betrokke instansies op ons webtuiste vind.

Die Diaz-Hotel en Oord in Mosselbaai

Mosselbaai was nog altyd een van die mees gewilde vakansiedorpe in Suid-Afrika. As ’n mens al die baie historiese geboue, pragtige blou waters van die see, die silwerskoon strande en die menige aktiwiteite waaraan jy in of naby Mosselbaai kan deelneem in ag neem, is daar geen rede waarom jy nie ook ’n vakansie in die dorp gedurende die volgende skoolvakansie kan geniet nie.

Die Diaz-hotel en Oord is die grootste hotelkompleks in Mosselbaai en daar is een eienskap wat dit laat uitstaan en dit nog meer besonders maak: die ligging op die strand. Dis reg, die hotel is slegs sowat tien meter van die hoogwatermerk af en nader as dit aan die see sal jy nie sommer enige ander plek met veiligheid kan bly nie.

Daar is nie minder as 81 ruim en luukse kamers wat baie goed toegerus is en daarom het die hotel meer as genoeg vakansieverblyf vir die hele familie beskikbaar. Die hotel beskik ook boonop addisioneel oor ses selfsorgeenhede en jy sal hierdie eenhede geniet, omdat hulle dit baie gerieflik maak om met jou hele gesin ’n lekker lang vakansie in Mosselbaai te hou. Jy sal gou agterkom waarom dit as een van die top-pragdorpe in Suid-Afrika beskou word. Om die kompleks af te rond en vir ware veeldsydigheid te sorg, is daar laastens ook vyf suites beskikbaar.

Met ’n pragtige uitsig oor die see, die klank van branders wat breek in jou ore en watertandlekker etes beskikbaar, is dit so naby as wat jy aan ’n droomwêreld kan kom. As jy daarvan hou om fiks te bly en selfs gedurende die vakansieseisoen jou deel wil doen, sal jy bly wees oor die gimnasium. Daar is ook ’n binneshuise warmwaterswembad teen die strand, asook verskeie waterwurms wat daar is vir die hele gesin se pret. Laaste, maar nie die minste nie, is daar ’n paar restaurante wat deel uitmaak van die strandkompleks by die hotel.

Manor on the Bay in Gordonsbaai

As jy beplan om in die Weskaap vakansie te hou, spesifiek in Kaapstad,, bepreek dan sommer nou dadelik jou vakansieverblyf by die Manor on the Bay, ’n luukse gastehuis in Gordonsbaai, aan die oostekant van Valsbaai. Dit is binne-in een van die oudste geboue in Suid-Afrika en daar is twaalf en-suite kamers beskikbaar. Elkeen van die stylvolle kamers beskik oor ’n uitsig. Gordonsbaai is op die voorstoep van baie toeristeaantreklikhede en besienswaardighede in die omgewing, soos Stellenbosch, Muizenberg, Kalkbaai, Grabouw, die Theewaterskloofnatuurreservaat, Hermanus en natuurlik ook Kaapstad self.

Bespreek nou jou vakansieverblyf by een van hierdie twee plekke of loer gerus onder die Reis en Verblyf-afdeling op ons webtuiste na ander binnelandse verblyf wat in Suid-Afrika vir die komende vakansieseisoen beskikbaar is.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site