By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tim du Plessis se Insig Aangaande Nuus en Politiek Word op Ontbytsake Gedeel

Tim du Plessis is een van die bekende aanbieders van Ontbytsake. Maar die man het nie sommer so uit die lug geval nie. Tim du Plessis is ook ’n bekende naam in die mediabedryf. Hy was die redakteur van nie minder nie as drie van die vooraanstaande koerante in Suid-Afrika voordat hy lid van die Ontbytsakespan geword het.

Tim was redakteur van Rapport, Beeld en Citizen, asook adjunkredakteur van die City Press. As dit by sake van die dag en nuusgebeure kom, sal jy ver moet soek om die gelyke van Tim du Plessis in ervaring, insig en kennis aangaande gebeure in Suid-Afrika te kry.

Hy was redakteur van die Beeld, wat een van die mees gesogte Afrikaanse dagblaaie is, vir ’n tydperk van drie jaar, asook redakteur van die Sondagkoerant Rapport vir agt jaar. Tim was al self ook in die kollig en verstaan dus hoe gebeure mense kan raak.

Volgens hom was Rapport vir hom ’n groot uitdaging, omdat hy voorheen by dagblaaie werksaam was. Volgens Tim verskil die Sondagblaaie baie van die dagbladomgewing. Hoewel dieselfde ding gedoen word, is die werkwyse en beplanning heeltemal verskillend.

Hy sê dat dit hom ’n rukkie geneem het om aan te pas, maar toe hy dit eers baasgeraak het, het hy die uitdaging geniet. Jy begin Dinsdag met die week en vind dat daar niks is om vanaf te werk nie. Dan kom die beplanning en teen Woensdag is jou kop vol idees. Teen Donderdag kom die spertyd al nader en dan begin die druk hewig raak teen Vrydag. Hoe dit alles bymekaarkom is wat dit vir hom lekker gemaak het.

Ontbytsake werk op ’n soortgelyke manier. Dit is ook ’n weeklikse program en beplanning is uiters belangrik. Gelukkig is dit niks nuuts vir Tim du Plessis nie en hy hou daarvan om sy vinger op die pols van nuusgebeure te hou. Dit is egter sy redakteursjare wat baie bydra tot die goeie insig wat hy kan deel rondom politiek en aktuele sake en dit is ook wat hom so besonderse belangrike rol in die Ontbytsake span laat speel.

Sy joernalistieke loopbaan strek vanaf 1976 en met so baie ergvaring agter die rug, is Tim du Plessis nie iemand wat sommer om die bos gelei kan word deur politiese rookskerms nie. As jy dus ware insig aangaande Suid-Afrika se nuusgebeure wil verkry, skuif dan elke Saterdagoggend voor die kassie in om bietjie te hoor wat Tim te sê het.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site