By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Dawie Roodt en Tim du Plessis Bied Waardevolle Insig vir Ontbytsake Kykers

Dawie Roodt is een van die gewilde aanbieders van die lekker-kyk Afrikaanse oggendprogram genaamd Ontbytsake. Hy is ’n persoon wat van feite hou en as dit by ekonomiese sake kom, is Dawie die man om te raadpleeg.

Dawie is nou nie iemand om in ’n debat oor politiek of fiskale beleid die stryd aan te sê as jy nie baie goed voorbereid is nie. Hy is uiters bekwaam en beskik oor ’n meestersgraad in Ekonomie wat hy cum laude verwerf het. Hy het na afloop van sy studies sy kennis in die besigheidswêreld toegepas en sy toewyding het vrugte aflewer.

As jy die naam Dawie Roodt by ’n soekenjin intik sal jy aanhalings in koerante en heelwat ander resultate van die bekende ekonoom vind. Dawie se verhaal is egter nie net maanskyn en rose nie. Dit het harde werk en studie geverg om die hoogtes te bereik soos ondermeer ekonoom by die Suid-Afrikaanse Reserwebank en sy rol as Ekonomiese Redakteur van FinWeek. Hy was ook die redakteur van Finance Week.

Hy is iemand wat ekonomie leef en slaap. Vir hom is dit ’n passie en hy deel sy kennis en insig op so ’n manier dat die gewone mens dit ook kan verstaan. Al sou jy ’n liefhebber van die kunste wees en ekonomiese besprekings jou verveel, skuif voor die kassie in vir Dawie se praatjies en jy sal maklik ’n liefde vir ekonomiese sake ontwikkel. Dit is Dawie se grappige kant, sy insig en die vermoë om maklik te kan kommunikeer wat sy aanbieding so goed maak.

Dawie Roodt het ook baie jare se ervaring in besigheidsbestuur. Hy het die Efficient Group begin en bestuur die maatskappy vandag nog. Dit het van ’n klein begin tot ’n groot werkverskaffer gegroei en vandag het die maatskappy sowat 400 werknemers. Dawie weet dus waarvan hy praat as hy oor besigheid, fiskale beleid, belasting, politieke gebeure wat die ekonomie raak en finansiële beplanning praat.

Saam met Dawie Roodt spog Ontbytsake ook met Tim du Plessis, die bekwame Ontbytsake-aanbieder van politieke ontwikkelinge, ekonomiese sake en nuusgebeure. Tim het ’n sterk joernalistieke agtergrond en spog met kwalifikasies soos ’n BA-graad in Kommunikasiekunde van RAU en ’n honneursgraad in Joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch.

Sy loopbaan is net so indrukwekkend en sluit ondermeer sy rol as politieke korrespondent by Beeld, asook redakteursposte by Rapport en Citizen in. Hy was ook hoof van Media 24 en, tesame met Dawie, sorg Tim vir diep insig aangaande die nuus, ekonomie en gebeure wat elke Suid-Afrikaner raak.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site