By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bemark op TV en Bereik die Regte Teikengroepe

As jy mooi daaroor dink is die antwoord om baie meer mense en in die regte teikengroepe te bereik eintlik eenvoudig – bemark op TV. Dit is meer bekostigbaar as wat jy dink. Hier by Ontbytsake doen ons alles vir jou om dit moontlik te maak om jou besigheid op ’n interessante wyse aan ons kykers bekend te stel.

Ons het ’n groot projekspan wat die verfilming behartig, die draaiboek skryf, seker maak dat alle nodige besonderhede beskikbaar is en dit dan ook nog lekker kykstof is. Jy hoef dus nie ’n spesiale span te huur om die advertensie te vervaardig nie. Ons doen die werk om seker te maak dat die regte beeld uitgedra word.

Ons projekspanne reis deur die land en besoek allerlei besighede en plekke. Ons stel dan die besighede wat op TV wil bemark bekend tydens ons programme. Dit is ook wat dit anders maak as om net advertensiespasie te reserveer. Die kykers is vasgenael voor die kassie en jy het genoegsame tyd om goeie fokus op jou produkte en dienste te plaas. Dus is dit nie ’n flitsadvertensie nie, maar ’n program oor jou besigheid. So bemark jy op TV op ’n heel ander manier as die gewone advertensies.

Voordele sluit ook in die vermoë om meer in-diepte na jou besigheid te kyk. Mense is reeds positief wanneer hulle na ons Ontbytsake-program kyk. Ons kykers is ouer en het reeds baie van hulle doelwitte in die lewe bereik. Hulle beskik oor tyd om te luister en wil graag meer oor die verskillende besighede te hore kom. As jy dit nou vergelyk met ’n koerantadvertensie wat maar ’n leeftyd van dag of week het, kan jy insien hoe bekostigbaar dit is om met ons hulp op TV te bemark.

Ons pakkette is saamgestel om bekostigbaar te wees, of jy nou ’n klein besigheid behartig of ’n groot maatskappy bestuur. Bemark op TV om jou besigheidsnaam onder soveel moontlik mense se aandag te bring en om goeie en bruikbare inligting aan die kykers te gee.

Mense soos Dawie Roodt en Tim du Plessis, wat deel van ons aanbiederspan is, lok baie kykers. Daar is dus nie ’n gebrek aan belangstellende kykers nie. Ons program word op Sondae herhaal en dus verskyn jou bemarkingsinsetsel twee keer op die TV.

Jou insetsel sal onthou word en vir al die regte redes. Dit gee jou besigheid ’n hupstoot en groter blootstelling. Jy kan ook jou besigheid in die betrokke besigheidsafdeling op ons webtuiste adverteer en sodoende nog meer mense bereik. Neem die groot en belangrike stap om jou besigheidsnaam nasionale blootstelling te gee. Bemark op TV deur Ontbytsake.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site