By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Waar om Heerlike en Maklike Resepte te Vind

Is jy op soek na smullekker en maklike resepte vir somerdisse? Of miskien wil jy ’n paar watertandlekker geregte vir jou vriende en familie voorsit. Dit maak nie saak watter soort resepte jy in gedagte het nie, jy sal dit hier by Ontbytsake vind. Ons maklike resepte is ook aflaaibaar in gidse wat jy kan uitdruk en in jou kombuis kan hou. Sodoende sal jy nooit hoef te wonder wat om voor te berei nie. Jy kan ook vooraf betaal vir jou Ontbytsake-insetsel wat dan ’n week ná uitsending by ons tuisblad afgelaai kan word. So kan jy dan ook die maklike resepte wat op Ontbytsake gedeel word op rekenaar of selfs kompakskyf hou.

Maak ’n Hap is ons gewilde Ontbytsake-insetsel waarin heerlike resepte gedeel word en jy ook presies kan sien hoe dit voorberei word. Daar is tog niks so lekker as om te sien hoe ’n gereg bymekaargesit word nie en soms wil jy ook net ’n stap-vir-stap-demonstrasie van die maak van ’n gereg sien. Natuurlik is jy ook welkom om Saterdae en Sondae soggens vroeg voor die kassie in te skuif om Maak ’n Hap as deel van Ontbytsake te sien.

Op ons tuisblad onder “Maak ’n Hap” deel ons die volgende:

  • Resep van die week.
  • Resepte van 2015 tot 2017.
  • Net om jou ’n idee te gee van wat jy tot dusvêr misgeloop het, lys ons enkele van die smaaklike en baie maklike resepte wat onlangs by die Maak ’n Hap-afdeling geplaas is:

  • Garnaal- en oesterslaai met kiwi en pynappelsalsa.
  • Mielieblommelktert met klappermeelkors.
  • Vars vye met hangopkaas (jogurtkaas).
  • Geroosterde bief-carpaccio met Meksikaanse pannekoekies.
  • Ontbytmolshope.
  • Lamsniertjies met sjerrieroomsous en sampioene.
  • Varklies met pruim en balsemiekstroop saam met ’n waatlemoenslaai.
  • Renette Vosloo is ons eie kokkedoor en aanbieder van Maak ’n Hap. Sy is net so gesellig soos haar lekker maar maklike en baie gewilde resepte. Jy sal dus elke oomblik van haar aanbieding geniet en so tuis voel dat jy sal dink jy staan by haar in die kombuis.

    Die sprankelende bobaaskok het reeds op die ouderdom van 11 jaar ’n voorliefde vir die voorbereiding van besonderse en heerlike geregte gehad. Met haar baie jare ondervinding wat onder meer ’n kabaretrestaurant insluit, kan jy verseker wees dat dit iemand is wat elke resep goed deurdink, weet hoe om porsies uit te werk en wat bymekaar gevoeg kan word om selfs ’n puntenerige gas te beïndruk met ’n voorslagete.

    Loer gerus Saterdag- en Sondagoggende in, bestel jou weeklikse insetsel en kry gratis maklike resepte hier op ons tuisblad onder Maak ’n Hap.

    Terug na Artikels

    Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
     site