By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hoekom Jy op TV Moet Bemark

Jy het seker al van vriende of familie gehoor dat jy op TV behoort te bemark. Tot op hede het jy dalk net op die Internet en in koerante of gemeenskapsblaaie bemark. Bemark of TV as jy ‘n groter teikengroep wil bereik en om die volgende redes:

  • Dit is meer bekostigbaar as wat jy dink.
  • Jou besigheid kry groter blootstelling.
  • Dit bied status aan jou besigheid.
  • Jy kan meer inligting deel.
  • Die teikengroep sit reeds voor die TV.

Dit is altyd ‘n groeie idee om verskeie bemarkingskanale te gebruik. Sommige mense lees wel nog koerant, maar met die kort lewensduur van die koerant het jou advertensie ook ‘n kort leeftyd. Daarmee saam het jy beperkte spasie en moet met baie ander adverteerders meeding. Daar is ook die kwessie van die hoeveelheid bladsye in die koerant; jou advertensie mag selfs nie eers deur jou teikengroep raakgesien word nie.

Tydskrifadvertering kan werk, maar is duur en jy het ook beperkte spasie. Die bladsy waarop jou advertensie geplaas is maak ook ‘n verskil en dit is maklik vir lesers om die advertensie heeltemal mis te kyk.

Radioadvertensies werk goed en is bekostigbaar, maar werk slegs op gehoor. Pamflette bereik ‘n beperkte groep mense, waaruit min reageer. Advertensieborde is geskik vir kort boodskappe, maar bied nie genoeg spasie om jou besigheid volledig bekend te stel nie.

Die Internet is vandag ‘n baie gewilde bemarkingskanaal en is ook uiters effektief. As jy egter op die Internet bemark, bereik jy net die aanlyngemeenskap. Bemark op TV ook, en deur ander mediums soos advertensieborde, gemeenskapsblaaie, ens. Sodoende bereik jy meer mense en kan jy jou bemarkingsboodskap vir elke groep aanpas.

Bemark op TV by Ontbytsake as jy ernstig is oor kostebesparing, geteikende blootstelling en kredietwaardigheid. Ons projekspan reis deur die land en stel streke aan kykers bekend. Deel hiervan is die bekendstelling van besighede. Wat dit die moeite werd maak vir jou om op TV te bemark is dat ‘n hele insetsel aan jou besigheid gewy word. Dit beteken dat jy genoeg tyd het om kykers van jou dienste te vertel en vertroue te bou.

Die kykers is reeds positief ingestel en omdat die inligting op so wyse aangebied word dat dit die gehoor boei, kan jy verseker wees dat kykers jou insetsel ten volle sal kyk. Ons produksiespan hanteer die hele projek, wat ook die klankbaan, redigering en uitleg insluit. Dit is dus makliker om TV te bemark as wat jy dink.

Bemark op TV by Ontbytsake en op ons webtuiste teen bekostigbare pryse. Kontak ons vir meer besonderhede.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site