By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Willem Basson Gee Waardevolle Raad oor Versekering en Geldsake

Willem Basson is Ontbytsake se kenner van daaglikse geldsake. As jy wil weet oor aftrede en hoe om daarvoor te spaar, is Willem Basson die man om mee te gesels. Gelukkig hoef jy nie ’n afspraak met hom te maak om al sy kundige raad te kry nie.

Willem is een van ons Ontbytsake-aanbieders wat weekliks kundige raad gee oor onderwerpe soos versekering, persoonlike finansies en nog meer. Hy het onlangs bietjie gesels oor gapingsdekking of, soos algemeen bekend, ”gap insurance”. Volgens Willem is dit die soort versekering wat jou help om die gaping tussen dit wat jou versekeraar bereid is om uit te betaal en dit wat jy nog op iets soos ‘n mediese rekening of selfs ‘n voertuig skuld dan ten volle dek. Dit is dus ‘n goeie idee om hierdie tipe versekering uit te neem sodat jy nie met ’n klomp skuld ná ’n motorongeluk of duur mediese behandeling sit nie.

Dit is sulke praktiese raad wat Willem Basson so gewild as aanbieder maak. Jy kan ook van sy praatjies op YouTube sien. As jy egter wil verseker dat jy niks misloop wat hierdie ervare besigheidsman met kykers deel nie, moet jy liefs nie Ontbytsake misloop nie!

Maar wat maak Willem Basson ’n kenner?

Hy staan aan die stuur van Adviesdienste by die Efficient Group en beskik oor baie jare se ervaring in die versekeringswêreld. Hy het in 1987 van die regsveld na versekeringswese geskuif toe hy by Old Mutual aangesluit het, waar hy vir meer as twee dekades werksaam was. Willem het oor die jare heen baie kennis oor versekeringswese en finansiële beplanning opgedoen. Sy kundigheid oor besigheidsmodelle, aandele en polisse is indrukwekkend. Basson het ook ’n nagraadse Diploma in Kleinhandelsbemarking en as iemand wat in lewenslange verbetering en leer glo, is hy ook ingeskryf vir ’n nagraadse kwalifikasie in finansiële beplanning.

Kyk gerus Saterdagoggende om 07:30 na Ontbytsake om waardevolle advies oor geldbestuur te ontvang.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site