By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tim du Plessis: Van Joernalis tot Ankeraanbieder van Ontbytsake

Noem die naam Tim du Plessis in gesprek en mense dink jy is ingelig. Jy sal mense beïndruk deur te gesels oor sy menings, want dan sal ander weet jy volg Ontbytsake. Maar as jy daarvan hou om te hoor wat Tim du Plessis oor sake van die dag te sê het, het jy waarskynlik nie oppervlakkige belangstellings nie. Jy is heel waarskynlik ’n persoon wat goeie insig het en daarom Tim se joernalistieke kennis waardeer.

Tim du Plessis is een van ons ankeraanbieders by Ontbytsake, maar voordat hy by die span aangesluit het, was hy een van daardie joernaliste wat gewoonlik te vinde was waar daar ook al ’n belangrike gebeurtenis in die politieke kringe ontwikkel het. Hy was daar in die jare toe daar oor Suid-Afrika te toekoms by die Wêreldhandelsentrum in Kemptonpark besleg was. Hy was ook daar met die opspraakwekkende 1994-verkiesing. Tim was selfs daar in die dae van P.W. Botha. Met sy lus vir nuus is hy soos ’n snuffelhond wat selfs die ratsste en slimste haas kan uitsnuffel.

Tim se joernalistieke loopbaan strek baie ver terug. Hy het so lank gelede as 1976, toe baie van die volwassenes van vandag nog nie eers gebore was nie, reeds sy BA Kommunikasieleergraad aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal. Hy het ook gaan kyk hoe leer hulle in die Kaap en sy Honneurs in 1978 aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

Hy het daarna die wêreld van gedrukte media betree en by Beeld as nuusverslaggewer begin werk. Dit was nie lank voordat die politieke gogga gebyt het nie. Hy het toe as politieke korrespondent sy loopbaan gevestig, ondermeer by Beeld. Dit het deure het vir hom oopgemaak en het, het die geleentheid gehad om vir ’n jaar aan die Universiteit van Harvard te studeer. Hy het ook die Nieman-Fellowship voltooi en gedurende daardie tyd die belangrike beginsel van media-onafhanklikheid geleer.

Tim du Plessis het daarna by die City Press en die The Citizen bekend geword, waar hy adjunkredakteur en redakteur was. Hy het egter na sy taal gehunker en toe hy in 2001 weer by ’n Afrikaanse koerant kon werk, het hy die geleentheid aangegryp. Hy was eers redakteur van die Rapport en toe is die sirkel in 2009 voltooi met sy aanstelling as redakteur van Beeld tot 2011. Hy het die hoogtepunt van sy joernalistieke loopbaan bereik as hoof van die Afrikaanse koerante by Media 24 in 2011.

Tim het in 2014 die drukpers vir die kassie verruil toe hy lid van die kykNET-span geword het waarna hy ook die posisie van Hoof van Aktualiteit beklee het. Ons is dus bevoorreg om hom as een van ons ankeraanbieders by Ontbytsake te hê.

As jy dus weet wie Tim du Plessis is, het jy waarskynlik ook ’n liefde vir nuus. Tim veg steeds vir Afrikaans en hy is nou nog insiggewender as in sy jong dae. As jy meer wil weet en agter die kap van die byl wil kom aangaande nuusgebeure in Suid-Afrika, moet jy nie Tim du Plessis se gesprekke op Ontbytsake misloop nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site