By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lekker Resepte en Maklike Kookwenke vir Nuwelinge in die Kombuis

Ontbytsake se “Maak ’n Hap” is die program om te kyk as jy wil weet hoe om lekker resepte makliker te maak en beter te laat smaak. Natuurlik wil ons nie sê dat jy die hele program moet kyk en sit en notas maak nie; ons wil hê jy moet die demonstrasies volg, lekker ontspan, en dan ook nog inspirasie vir elke kooksessie verkry. Daarom maak ons dit eenvoudig om ons maklike en lekker resepte af te laai en uit te druk. So kan jy altyd die resepte byderhand hê, of jy nou in die wildtuin, langs die see of tuis kook.

Maar dis nie net ons maklike resepte wat ons “Maak ‘’n Hap” so gewild maak nie, dis ook ons wenke soos hieronder wat handig te pas kom.

Hou Seldery Vars

Foelie is nie net vir aartappels in die vuur nie. Draai seldery daarin toe voordat jy dit in die yskas stoor. Die seldery kan vir dae tot weke vars bly en sodoende spaar jy geld.

Voorkom Dat Water Oorkook

Rys het veral die gewoonte om sommer vining oor te kook, gewoonlik wanneer jy net gou die foon antwoord. Jy kan of ’n houtlepel in die pot laat staan of ’n enkele vuurhoutjie (waarvan die kop verwyder is) in die pot gooi.

Vet Is Nie Altyd Onsmaaklik Nie

As die blote gedagte aan vet in kos jou knorrig maak, dan loop jy lekker resepte mis, want baie van die goedkoper stowevleis kom met vet aan. Moet dit nie weggooi nie. As die vleis stadig prut nadat jy dit eers verbruin het, sal die gelatien opbreek en heerlike smaak aan die vleis gee. Dit sal ook veroorsaak dat die vleis sapping en vol smaak bly. Derdens help dit om die vleissous te verdik. Jy kan die vet voor die tyd afsny en saam met die vleis kook en dan net voor jy opskep kan jy die vet uithaal. Dis sommer ’n maklike manier om resepte te geniet wat van die vet gebruik maak.

Wyn In Prutpot

Moenie die fout maak om wyn direk in die prutpot te gooi nie. Dis kan ’n paar disse bederf omdat die wyn nie wegkook nie. Jy wil eers die vloeistof se volume verminder deur die wyn in ’n ander pot te kook totdat die regte tekstuur verkry is. Jy kan dit dan by die maaltyd in die prutpot gooi en ’n lekker dis voorberei.

Volg “Maak ‘n Hap” op Ontbytsake elke Saterdag of Sondagoggend. Laai die volledige gidse gratis af of kry ons nuutste maklike en lekker resepte hier op ons webtuiste.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site