By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ontbytsake: Jou Bron van Fantastiese Vermaak

Het jy geweet dat KykNET se Ontbytsake nie net vir jou gedurende die week op die kassie vermaak en nuwe insigte bied nie, maar dat daar op die Onbytsakewebwerf nóg meer insetsels, nuttige besighede en wenke is? As jy, net soos ons, gaande is oor kykNET se gewilde Ontbytsake en nie ‘n episode misloop nie, kan jy gerus op ons webwerf rondloer vir bonusmateriaal en só jou vinger op die pols hou van alles wat vir jou belangrik is.

Koekeloer

Kry ’n voorsmakie van die komende week se Ontbytsake-episode nog voordat hy die kassie tref. Jy kan loer watter gaste dié week in die ateljee saam met Dawie, Eloise, Renette en Leon aan die gesels gaan raak. Hoor wat ons gaste aanvang en wat die nuutste projekte is waaraan hulle werk, en hoe jy kan deel wees daarvan.

Sake

In ons Sakefokusafdeling kan jy suksesstories van tuisnywerhede tot landbou- en plaasprojekte sien. KykNET se Ontbytsake is bekend daarvoor om die land se beste entrepreneurs en konsessiebesighede aan jou bekend te stel. Bly op hoogte van Suid-Afrika se politiek en ekonomie saam met bekende ekonoom Dawie Roodt.

Boeke Rubrieke

As jy een van daardie boekwurms is wat binne ’n dag Ontbytsake se boekvoorstel van begin tot einde kafdraf, hoef jy nie meer op die volgende episode op KykNET te wag om jou neus in ‘n opwindende nuwe boek te steek nie. Kyk net rond op Ontbystake se webwerf vir ons KykNET-gehoor se gunstelingboeke. Daar is Afrikaanse en Engelse boeke beskikbaar vir elke leser se voorkeure. Ons verskaf aan jou die tipe leesstof wat jou lewe verryk, so lees saam met ons kykers die nuutste boeke wat tans die rakke tref. Dit is onder Lees & Geniet.

Advertensies

Op Ontbytsake kry jy die geleentheid om nie net ander besighede te leer ken nie, maar ook om jou eie besigheid of projek te adverteer. Oral op ons Ontbytsakewebwerf kan jy advertensies sien wat by elke afdeling pas waar ons lesers en kykers gereeld rondloer. Só kan jy met ons hulp meer oë op jou besigheid kry.

Sakegemeenskap

Hier kan jy betroubare Suid-Afrikaanse besighede en hul besonderhede vind in elke moontlike bedryf. KykNET-gehore kan allerlei goeters van die motor- tot skoonheidsbedryf hier vind. Daar is selfs baie spesiale geleenthede wat hier geadverteer word, so gaan loer self in en kyk hoe jy ook deel kan word van die aksie.

Wegkomkans

Indien jy, soos baie van ons kykers, ‘n blaaskans nodig het, kan jy op Reis & Verblyf die beste vakansieplekkies in Suid-Afrika vind. Ons gee selfs vir jou restaurant- en wynplaasgidse wat jy op jou naweek weg kan geniet.

Lekkernye

Ná al die rondrits op die kuberruimte het jy seker nou al ‘n honger kol op die maag. Op Ontbytsake se Maak ‘n Hap kan jy die lekkerste resepte op die kassie bekyk en self in jou kombuis uitprobeer.

Gaan loer gerus op ons webwerf vir al dié wenke, geleenthede en meer. Ontbytsake is soveel meer as net ’n oggendsakeprogram, so kom klets saam en vertel ons van jou gunstelingboeke, gebeure of oulike besighede in jou omtrek. Ons wil graag van jou hoor.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site