By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fnuik Stygende Kospryse en Beurtkrag met Sakpasresepte en Kombuiswenke


Met die huidige kragsituasie in Suid-Afrika, sukkel jy dalk om steeds heerlike disse voor te sit. Gelukkig kan jy smullekker resepte van ons webwerf aflaai vir slaaie en disse wat jy op die gasbraaier of selfs ’n houtvuur kan voorberei.

Hetsy dit nou skaapboud of egte boereworsgeregte en gevulde aartappels is of gesondheidsbroodjies en koue vesnaperinge, ons webtuise en die resepte wat ons op Ontbytsake deel stel nie teleur nie. Boonop is baie van die resepte geskryf om sakpasdisse vir onthaalgeleenthede te kan maak. Jy hoef nie ’n kundige in die kombuis te wees om nut uit hierdie resepte te kry nie. Of dit nou jou eerste dag agter die stoof is en of jy ’n ervare kok is, die resepte is maklik om te volg en vol wenke om die beste resultate te verkry. Kyk gerus Saterdagoggende na Ontbytsake se Maak ’n Hap vir inspirasie, resepte, demonstrasies en wenke. Hieronder is solank ’n paar wenke om aan te dink om geld te spaar met die voorbereiding van kos op ’n beperkte begroting.

Plaas kombuispapier in die yskas se slaailaai sodat dit die vog van die slaai kan absorbeer en mufvorming kan voorkom. Dit hou ook die yskas ’n bietjie skoner. Hou piesangs langer vars deur hulle aan die tros te hou en verleng hul raktyd verder deur kleefplastiek om die stingels te draai. Voorkom dat aartappels spruit voordat jy ’n kans gehad het om dit in een van ons smullekker resepte te gebruik deur ’n appel in hul sak te plaas. Die appel help om die aartappels vars te hou. Dit gesê, as jy jou rande verder wil rek, moet jy nie appels in die vrugtebak saam met ander vrugte sit nie. Wat vir aartappels werk, werk nie vir die ander vrugte nie en die teenwoordigheid van appels verkort ander vrugte se raklewe. Hou jou appels hul eie laai in ’n plastieksakkie in jou yskas.

Tamaties, aan die ander kant, moet liefs nie in die yskas gebêre word nie. Soos uie, moet tamaties eerder buitekant op die kombuisblad of in die koel donker kombuiskas gestoor word. Stoor jou vars kruie net soos ’n ruiker blomme met hulle stingels in water. Jy kan hulle sommer op die vensterbank laat staan.

Nou dat jy weet hoe om jou vars produkte bietjie langer te laat hou, laai van ons resepte vir slaaie en braaigeregte af en skuif Saterdae voor die kassie in vir nog wenke en demonstrasies.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site