By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

6 Praktiese Wenke vir Sukses met Enige Resepte

Hieronder is enkele wenke wat jou kan help om die beste resultate met die volg van resepte te verkry:

1. Lees Die Resep Deur Voordat Jy Begin

Verskeie resepte bevat ook ekstra notas. Moenie daardie notas miskyk of verontagsaam nie. Baie mense maak die fout om sommer dadelik weg te spring sonder dat hulle seker maak hulle verstaan die voorbereidingsmetode en beskik oor al die bestanddele. Dit is sulke blapse wat lei tot teleurstellings. Lees dus altyd die resep heeltemal deur voordat jy begin.

2. Maak Seker Jy Verstaan Instruksies en Woorde

Vermy die raai van bestanddele of instruksies bloot omdat jy nie verstaan nie. As jy nie ’n woordeboek byderhand het nie, soek op die internet. Dit sal slegs ’n paar minute neem. As dit ’n voorbereidingsmetode is, kyk of jy ’n video op YouTube kan kry wat dit wys. Resepte werk beter as jy die instruksies verstaan en noukeurig volg.

3. Gee Aandag aan die Volgorde van die Bestanddele

Kyk mooi! Die oorgrote meerderdheid resepte het instruksies wat die lys van bestanddele vergesel. Die resep kan byvoorbeeld die woord “verdeel” saam met 500 g botter lys. Dit beteken dat jy die een helfte later eers gaan gebruik. As die instruksie noem dat jy een koppie gekapte uie moet gebruik, beteken dit dat jy eers die ui moet kap en dit dan in ’n koppie gooi. Jy weeg dus nie een ui nie, maar een koppie gekapte uie.

5. Voorbereiding Is Belangrik

Kry al die toebehore en bestanddele bymekaar voordat jy begin werskaf. Kap op, verdeel, maal, sif en weeg voordat jy met die voorbereidingsproses begin. Dit is veral belangrik in die geval van bakgeregte waar foute met die weeg of die volg van instruksies tot groot flaters kan lei.

6. Begin By Maklik

Ons Maak ’n Hap-demonstrasies van resepte bevat maklike en moeilike geregte. Eerder as om by die diep kant in te spring, begin by die maklike resepte met min bestanddele, kort voorbereidingstye, en eenvoudige instruksies. Soos jy vertroud raak in die kombuis, kan jy aanbeweeg na ingewikkelde resepte.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site