By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Tyd vir ’n Groot Ontbyt – Wenke vir Sukses

’n Groot ontbyt word deur meeste Suid-Afrikaners as ’n tradisie beskou, veral gedurende feestye en kampeernaweke, maar die maak van so ’n groot ontbyt kan ’n uitdaging wees. Hier is ’n paar wenke om jou te help kophou.

Beplanning Is Belangrik

Besluit vooraf wat jy gaan voorsit. ’n Groot ontbyt wat verskeie disse insluit neem tyd om voor te berei en intussen kan van die geregte koudword. Om dit te voorkom, skakel die louoond aan voor jy begin. Beplan jou tyd sodat daar nie iets in die laai bly wat eintlik dadelik bedien moes gewees het nie.

Skep die Atmosfeer

Moenie die tafel laaste dek nie. Die laaste paar minute van kosvoorbereiding is die besigste. Dek die tafel voor die tyd en skink solank die nodige sappe. Maak seker die tee en koffie is klaar uitgesit. Onthou die servette en versier die tafel. Sit die agtegrondmusiek aan en dan is jy reg vir die kosmaakdeel van die groot ontbyt.

Besluit Hoe die Kos Bedien Gaan Word

As jy ’n formele aansitete bedien, is dit beter as jy self opdien. Wees gewaarsku: Dit kan uitdagend wees. Maak seker jy het ekstra hande in die kombuis om te help, anders gaan sommige gaste se kos koud wees voordat hulle dit ontvang. Vir ’n informele groot ontbyt, maak seker die opdieningsgerei is langs die opskepbakke. Die borde moet byderhand wees. Plaas die geregte in die volgorde waarin hulle opgeskep moet word. Sommige disse neem langer om in te skep. Maak seker daar is nie ’n oponthoud nie deur hulle eenkant te plaas. Hoewel jy die kos op die tafel kan sit, kan dit onwys wees. Dit lei tot ’n heen en weer aangee en kan langer neem as ’n buffet waar die aansit- en opskeptafels apart is. Sit ekstra sout en peper, water, stroop, suiker en melk op die aansittafel; as iemand vergeet het om sous te skep by die opdieningstafel, hoef die persoon nie op te staan nie.

Eier Kraai Koning

Wat is ’n groot ontbyt sonder eiers? Dit mag waar wees, maar om eiers vir baie mense te bedien kan nogal moeilik wees. Hoe langer die eiers rus voordat die gaste eet, hoe meer smaak verloor dit. Hulle kom ook maklik te rou of gaar uit wanneer jy besig is en baie ander disse ook moet maak. Eiers werk goed vir ’n groot aansitontbyt omdat die eiers direk van die stoof na die bord gaan. Bly weg van soufflé as jy ’n groot buffet-ontbyt maak. Bly ook ook weg van roereier, omdat dit gou waterig kan word wanneer dit vir ’n rukkie staan. Die eiers verkleur ook gou na grys en dit is beslis nie goed vir die eetlus nie.

Maak Seker Jy Verstaan die Resepte en Voorbereidingstye

Vir nog wenke, loer in by Ontbytsake se Maak ’n Hap of lees ons resepgidse vir groot ontbyte.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site