By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lekker Resepte en Wenke vir Beter Resultate in die Kombuis

Jy hoef nie kookklasse by te woon of ’n sjefkwalifikasie te verwerf om ’n bobaaskok te word nie. Begin deur Maak ’n Hap as deel van Ontbytsake te volg. Ons deel lekker resepte en hope wenke om jou te help om die beste resultate in die kombuis te verkry. Ons webtuiste is ook propvol handige wenke en aflaaibare gidse met tonne lekker resepte vir elke geleentheid. Nou dat jy weet waar om te begin, kom ons kyk wat jy in die kombuis kan doen om jou kookvernuf ’n hupstoot te gee.

Kry ’n Goeie Sjefmes

Koop ’n goeiegehalte-kombuismes met ’n lekker lang en breë lem vir beter beheer, spoed en selfvertroue wanneer jy varsprodukte moet fynkap of kerf. Vir meer beheer oor die mes, hou die mes só vas dat jou duim en die kant van jou wysvinger op die kant van die lem net bo die hef rus.

Goeiegehalte-Bestanddele Is Die Beste

As die aanwysings dui op vars slaai, moenie die verlepte slaai wat van gister oorgebly het gebruik en dieselfde resultate verwag nie. Dit is moontlik om ’n heerlike dis van oorskiet te maak, maar dit is ook ewe maklik om selfs lekker resepte te laat misluk deur swakgehalte-bestanddele daarvoor te gebruik. Pasgekookte pampoen werk beter as ’n blikkie pampoen wat jy by die winkel gekoop het en alhoewel jy tyd spaar met geblikte appels vir ’n appeltert, kan jy die verskil tussen oornaggeweekte vars appels en geblikte appels proe.

Was Jou Hande en Gebruik Hulle Reg

Jou hande kan fyn tas. Gebruik jou vingerpunte om te voel of die biefstuk gaar is. As dit goed gaar is, sal dit harder wees en as dit medium is, sal dit sagter wees. Jy kan liggies aan geregte druk en sommer dadelik weet of dit lekker sponsagtig of te droog is. Jou hande is goeie gereedskap in die kombuis.

Gebruik Growwe Seesout of Pienk Himalajasout Eerder as Gewone Tafelsout

Alle soorte sout is gewoon nie gelyk geskape nie. Jy sal die verskil sommer dadelik kan proe wanneer jy oorslaan na growwe seesout in die voorbereiding van ons lekker resepte in plaas van gewone tafelsout. As jy verkies, kan jy ook die pienk Himalajasout gebruik wat nou algemeen beskikbaar is. Dit is boonop gesonder.

Laat Plek in die Pan

As jy probeer om vleis of uie vinnig te braai en jou pan is oorvol gaan jy dalk op die ou einde in ’n wolk stoom staan en die vleis, vis of uie gaan kook eerder as om te braai. Jy moet plek laat tussen die vleisstukke en wanneer jy uie bruin braai, moet jy redelik baie van die pan se bodem kan sien. Te veel kos in die pan laat die temperatuur daal.

Kry Weeklikse Inspirasie

Dit is maklik om in ’n groef te verval. Solank jy belangstel in dit wat jy doen sal jy dit geniet en ook met passie en behoorlik doen. Kyk daarom weekliks na ons Maak ’n Hap-program vir inspirasie en laai ons lekker resepte af sodat jy altyd iets nuuts kan uitprobeer.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site