By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Maak die Beste van Maklike en Moeilike Resepte Met Hierdie Wenke

Dit is nou maar eenmaal so dat mens eerder op soek is na maklike as lang en ingewikkelde resepte met tonne verskillende mates, ure van voorbereiding, en ’n ellelange lys bestanddele. Daar is soveel om mis te lees! Gelukkig verstaan ons dit by Maak ’n Hap en weet dat jy beslis die korter en makliker resepte wil hê as dit kom by pieknieketes, ligte aandetes en kampvuurgeregte. Tog is dit ook goed om so nou en dan daardie bietjie ekstra moeite te doen om iets besonders te bemeester, soos byvoorbeeld ’n bobaas sjokolade-en-beskuitjie-yskastert .

Ongeag of jy ’n groentjie of ervare agter die kospotte is, die Maak -n Hap-insetsels as deel van Ontbytsake op Saterdagoggende (met heruitsendings op Sondae) is altyd iets om na uit te sien. Jy kry die geleentheid om demonstrasies van moeilike en maklike resepte te sien en hoef nie eens notas te neem nie; ons het al die inligting ook aanlyn op ons webwerf. Natuurlik wil ons hê dat jy die beste resultate met elke kookslag moet verkry en daarom deel ons ’n paar wenke vir die lees en volg van onbekende resepte hieronder.

Maak Die Werksblad Skoon

’n Maklike manier om die verkeerde bestanddele by te gooi is om in ’n deurmekaar kombuis te werk. Maak seker die werksarea is silwerskoon, sodat jy genoeg spasie het om al die bestanddele in bakkies reg te sit. Hoe groter die werksruimte wat jy tot jou beskikking het, hoe makliker is dit om vinnig rond te beweeg.

Lees ’n Tweede Keer

Lees die instruksies ten minste twee keer dwarsdeur. As jy kan, druk dit uit en merk elkeen van die bestanddele soos wat jy dit regsit. Doen dieselfde met elke instruksie wat voltooi is. Só vergeet jy nie iets belangriks of ruil stappe om nie. Dit help ook om foute te voorkom soos om te vergeet dat jy die oond moet voorverhit.

Beplan Jou Tyd

Kyk hoe lank dit sal neem om voor te berei, wat die wagtyd is tussen instruksies en hoe lank die gereg moet kook of bak. Jy wil nie halfpad die stoof moet afsit omdat jy iemand moet gaan oplaai of aflaai nie. Laat genoeg tyd vir onvoorsiene probleme.

Reken 5 Minute In Vir Ontspanningstyd

Die idee is om dit wat jy doen te geniet. Daarom is dit belangrik dat jy so vyf minute laat om net rustig te verkeer terwyl die gereg in die oond bak of op die stoof prut.

Volg Maak ’n Hap

Kyk elke Saterdag of Sondag ons program vir inspirasie en vele maklike resepte om jou gesin met smullekker etes te bederf.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site