By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lekker Resepte om Ou Gunstelinge in die Kombuis Nuwe Geur te Gee

Of dit nou skaapboud of beesstert is, geregte soos hierdie het ’n spesiale plekkie in die harte van menige Suid-Afrikaners. Met ons nuwe idees en lekker resepte kan sulke geregte weer nuwe lewe kry. Behou die tradisionele, maar berei dit voor op só ’n wyse dat dit in enige vooraanstaande restaurant as die sjef se keuse voorgesit kan word. Dit is waaroor Maak ’n Hap gaan.

Hier deel ons wenke en lekker resepte vir alle geleenthede. Of dit nou is om nuwe lewe in ’n ou geliefde dis te blaas en of om inspirasie vir die voorberei van Weskuspatats en geelstert te bied, ons wenke en lekker resepte kom werklik handig te pas in die moderne kombuis. Hieronder is solank ’n paar wenke om jou in die regte luim te kry vir kosmaak. Vir verder inspirasie, skakel in op ons Maak ’n Hap-insetsel op Ontbytsake en laai die lekker resepte van ons webtuiste af. Ons reeks gaan so ver terug as 2015 en sluit die heel onlangsste disse ook in.

Hoe Om Pasta Altyd Vorentoe te Laat Smaak

Ons het heelwat lekker resepte vir pastadisse soos onder meer die groen-en-goud pasta met blitsgebraaide calamari. Maar onthou, dit is ewe maklik om ’n pastagereg heeltemal te bederf deur klein foutjies in die voorbereidingsproses te begaan.Volg die onderstaande kookwenke as jy altyd sukses wil behaal met die voorbereiding van jou pastadisse.

Vergeet van die Olie in die Water

Lees die instruksies ten minste twee keer dwarsdeur. As jy kan, druk dit uit en merk elkeen van die bestanddele soos wat jy dit regsit. Doen dieselfde met elke instruksie wat voltooi is. Só vergeet jy nie iets belangriks of ruil stappe om nie. Dit help ook om foute te voorkom soos om te vergeet dat jy die oond moet voorverhit.

Maak die Pot Behoorlik Vol

Vul die pot met genoeg koue, vars water, want sodra die water begin kook moet daar baie ruimte vir die pasta wees om uit te sit en vrylik rondgeroer te kan word. Op hierdie manier voorkom jy ook dat dit plakkerig raak. Gebruik 3 ℓ water per pak van 250 g pasta.

’n Knippie Sout is Nie Genoeg Nie

Sit genoeg sout in die kookwater om dit soos die see te laat smaak. Dit is die enigste geleentheid wat jy het om die pasta self ook smaak te gee, so benut dit. Voeg een eetlepel sout by vir elke 3 ℓ water.

Voeg die Pasta Eers by Wanneer die Water Vinnig Kook

Pasta is ’n stysel en stysel absorbeer water as dit stadig tot kookpunt gebring word. Om seker te maak die pasta is nie op die ou einde oorsag en opgeswel nie, wag totdat die water vinnig kook voordat jy dit ingooi.

Roer Gereeld

Sodra jy die pasta in die kookwater gooi, moet jy regstaan om te roer. Dit voorkom dat die pasta plakkerig word of aan die bodem vassit. Roer so elke nou en dan gedurende die kookproses.

Volg die bostaande wenke om seker te maak dat jy die beste uit al ons lekker pastaresepte kry.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site