By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ontbytsake het ‘n Groot Aanhang op kykNET

Afrikaans is lekker en met so baie mense by wie ons kan leer, deel ons graag wenke, nuus, resepte en geselsies met Ontbytsake kykers op kykNET, die Afrikaanse DStv kanaal 144. Die kanaal het ‘n besonderse groot aanhang en het baie bygedra om Afrikaanse kykgenot te verhoog.

Wie is die Ontbytsake span?

As jy meer van lanbouaangeleenthede wil hoor dan is Jan Harm Schutte die man om na te luister. Hy is ook ons weerman en sportaanbieder. Seline van der Wat is die sjef wat haar kookvaardighede sommer so informeel met kykers deel. Sy was ‘n Master Chef deelnemer en ook nie sommer enige een nie.  Haar kundigheid en vermoë om oorpronklike geregte van gehalte voor te berei is met derde plek in die realiteitsreeks bekroon. Eloise Cupido is mede-ankeraanbieder en welbekende ekonoom, Dawie Roodt, lei die sake- en leefstylsprogramspan. 

Waarom is die program so gewild?

Daar is nooit ‘n vervelige oomblik by Ontbytsake nie. Met Fokus deel ons inligting en doen in diepte besprekings van kernbedrywe en sakebelange van ‘n spesifieke dorp of streek. Dit bied natuurlik ook baie goeie geleenthede vir klein en middelslag ondernemings in die spesifieke streek om blootstelling te verkry. Besighede word uitgenooi om deel van Ontbytsakefokus teen ‘n baie bekostigbare prys, te wees.

Kykers geniet ook die kuiertjies saam met bekende musikante, kunstenaars, skrywers en televisiepersoonlikhede. Ons praat met mense soos Jakkie Louw, Mariaan Kotze, Elsje Neetling en nog talle meer.

Mense skuif voor die kassie in om inligting te verkry, saam te lag, besprekings van die sake van die dag te volg en dan ook so bietjie insig aangaande landbousake en sportsnuus te verkry. Kykers geniet ons streeksfokus en die geleentheid om meer van pragtige plekke regoor die land te wete te kom.

Ons bied ‘n volledige program aan waarin kykers deur kompetisies betrek word en ons hou van kykerinsette. Die Ontbytsake span werk hard om elke week ietsie vars te bring en kykers se Saterdagoggende op die beste wyse moontlik te begin. Dis vroegoggend kyktyd op sy beste op kykNET.

Aanlynse Blad

Ons webtuiste is ook propvol nuttige wenke, kompetisies, resepte en finansiële raad. Lees “Willem gee raad” oor onderwerpe soos aftreefondse en hoe dit jou raak, “Tim se mening” waarin Tim du Plessis  sy mening aangaande aktuele en politieke sake van die dag deel, “’n Bietjie Sport” waarin Jan ons insig aangaande sportaangeleenthede bied en besoek die Resepte afdeling om die nuutste resepte van “Maak ‘n Hap” of sommer die volle resepteboeke van vorige jare af te laai en loer dan in by  “Dawie sê” vir raad oor die ekonomie.

Ander lekker leesstof en nuttige blaaie om hier by ons webtuiste te besoek sluit in:

Dit maak nie saak of jy inloer vir die resepte, besigheidsfokus, kuier met bekendes, die sport opinies, weer, landbousake, kernaangeleenthede of sommer vir die kompetisies nie, solank jy nie Ontbytsake misloop nie. Die program word Saterdagoggend om 7:30-9:00, met ‘n Sondagoggend herhaling om 7:30-9:00 op kykNET uitgesaai terwyl die Sakefokusprogram om Dinsdae en Donderdae om 13:00-14:00 aangebied word.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site