By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Resepte vir die Kerstyd om jou Gesin se Harte aan te Raak

Kerstyd lê om die draai en dis kuiertyd saam met die familie. Dit is ook ‘n tydperk waarin almal bymekaar kom en om die eetkamertafel saam aan die feesmaal smul.

Soek jy resepte en inspirasie vir smullekker geregte om oor die feestyd voor te sit?

Skuif elke Saterdagoggend omstreeks 7:30 tot 9:00 uur voor die kassie in vir kook-inspirasie, bietjie sport en landbou nuus, raad en sommer net saamkuier met die Ontbytsake-span. Ons eie Seline van ‘Maak ‘n Hap’ betower met haar gunsteling geregte en sprankelende persoonlikheid. As daar iemand is wat weet hoe om smaaklike etes voor te berei en stylvol te bedien dan is dit Seline van der Wat.

Seline het derde plek in die gewilde Master Chef realiteitsreeks beklee en is nou ons eie ‘Maak ‘n Hap’ sjef.  Sy is sjarmant en laat jou sommer gou op jou gemak voel, en al was jy nog nooit ‘n wafferse kok nie sal jy inspirasie en sommer baie wenke vind om hierdie feestyd jou familie en vriende met liplekker geregte te beïndruk.

Seline deel graag resepte wat so reg in die smaak van die Afrikaner-hart val. Hier dink ons aan geregte soos die beesvleis en groen mango kerrie wat genoeg is om ses persone te voed. Met bestanddele wat jy plaaslik kan vind soos kersietamaties, fyn gekapte groen mangoe, vars sampioene, knoffel en beesvleis kan jy ‘n gereg aanmekaarslaan wat jou gesin of familie se monde sal laat water.

As jy ‘n Saterdag-oggend gemis het kan jy altyd Sondag ‘n tydjie afstaan om meer kookgeheime te leer. Ons herhaal die program Sondae om dieselfde tyd en maak dit so vir ons kykers moontlik om meer by Seline te leer.

Aanlynse Resepte

Natuurlik het ons ook ‘n webtuiste en jy kan die nuutste resepte, ouer resepte van vorige uitsendings en sommer ook die resepteboeke vir 2010 tot 2014 aflaai en dit uitdruk. Sodoende kan jy die resepte met volkleurprente altyd byderhand hê en nooit ‘n geleentheid mis om die smaaklikste geregte voor te sit nie.

Al die geregte wat op’ Maak ‘n Hap’ aangebied word is maklik om te maak en jy het beslis nie nodig om ‘n ervare kok te wees om hierdie geregte voor te berei nie. Die instruksies word mooi uiteengesit en jy kan al die bestanddele bymekaar kry nog voor jy begin.

Lees die resep aanlyn, epos dit na ‘n vriendin of druk dit uit vir jou kombuisgebruik maar wat jy ookal doen, moenie nalaat om ‘Maak ‘n Hap’op Saterdae te kyk nie.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site