By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Watter Wyn om met Nagereg te Bedien?

Jy het ‘n voortreflike feesmaal voorberei en die gaste smul te lekker. Die tafel raak leeg en jy bring ‘n smullekker nagereg na vore. Jou gaste is hoogs beïndruk en jy wil natuurlik die nagereg afrond met die gekose nagereg wyn, maar watter wyn moet jy kies?

‘n Goue reël om te onthou by die keuse van ‘n tafelwyn wat die nagereg sal komplimenteer is dat die wyn altyd soeter as die nagereg moet wees. Die wyn wat saam met die nagereg bedien word het gewoonlik ‘n ietwat hoër persentasie van alkohol as ander wyne. Die soetheid word verkry deurdat alkohol tydens die fermentasie proses bygevoeg word. Dit stop dan die hele proses en laat natuurlike suiker in die wyn agter.

Nagereg wyn word van oorryp druiwe vervaardig en dit is die verrottingsproses wat die suiker in die wyn laat konsentreer en die intense smaak meebring. As jy nie te gek is oor baie soet nagereg wyn nie dan is die Oostenrykse nagereg wyne vir jou. Natuurlik is port of sjerrie ook alternatiewe drankies wat jy saam nagereg kan voorsit. Nagereg wyn word gewoonlik in kleiner glasies bedien en meesal word die wyn gekies op grond van die nagereg en nie andersom nie tensy jy ‘n wynkenner is en dan kan jy maar ‘n gereggie of twee soek om by jou wyn van keuse te pas. Die wyn is effens duurder as ander wyne omdat die verbouing en vervaardingsprosesse so arbeidsintensief is.

As jy kase bedien kies ‘n rooi wyn, maar bly weg van die vrugtige soorte want hulle oorweldig die aroma van die harder soorte kase. ‘n Wit wyn kan gerus saam met bokmelkaas of selfs ‘n blou kaas bedien word, maar as jy kan kies ‘n wyn wat uit dieselfde streek kom as van waar die kaas verkry is. Natuurlik is Suid-Afrika nie een van die groot kaaslande nie en sal jy dan ‘n Europese wyn moet kies. Gelukkig dan vir jou is ons wyne van hoogstaande gehalte en as jy net die regte soort wyn by die spesifieke kaas bedien sal dit reeds ‘n treffer wees.

Sou jou keuse van nagereg vars vrugte insluit kan jy ‘n soet of vonkelwyn bedien om te voorkom dat die gaste die kenmerkende metaalsmaak beleef wat gewoonlik ervaar word as wyn na vrugte geniet word. Dit is die sure in die vars vrugte wat dit veroorsaak en met ‘n soet wyn werk jy die effek daarvan teë.

As jou nagereg ‘n smaaklike sjokolade gereg is sal dit so bietjie moeiliker wees om ‘n goeie wyn en nagereg kombinasie te verkry. Die beste keuse sal iets soos ‘n port insluit

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site