By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Oor Ontbytsake

Ontbytsake is a gewilde kykNET program wat op die DStv Kanaal 144 elke Saterdagoggend 7:30 tot 9:00 met herhaling op Sondagoggend dieselfde tyd uitgesaai word. Op Dinsdae en Donderdae kan jy bietjie meer oor die ekonomie in verstaanbare Afrikaans uitvind met Sakefokus vanaf 13:00 to 14:00.

Aanbieders

Ons anker aanbieders is wel bekendes wat weet hoe om mense tuis te laat voel, mens sommer lekker laat lag en inspireer, of dit nou vroegoggend of in die middel van die dag is:

  • Dawie Roodt
  • Jan Harm Schutte
  • Seline van der Wat

Dawie Roodt is ons kenner op die gebied van ekonomie en finansies. Hy maak die ingewikkeldste konsepte verstaanbaar en staan nie terug vir ‘n uitdaging nie. Met sy ekonomiese agtergrond wat die Reserwebank, Efficient Group en redaksie van twee gewilde finansiële tydskrifte insluit, is hy die regte persoon om die ekonomie en persoonlike finansies te bespreek.

Jan Harm se skerp humorsin en sy vermoë om sommer so padlangs te gesels maak sy aanbieding van die landbou-nuus, so bietjie sport en die weer iets om na uit te sien. Hy het ‘n goeie algemene agtergrond in sport siende dat hy oorspronklik eers as vryskutredigeerder by SuperSport werksaam was.

Seline van der Wat het onlangs by ons aangesluit as die amptelike Ontbysake sjef. Sy is welbekend vir haar deelname en derde plek in MasterChef Suid-Afrika in 2013 en inspireer kykers met haar meesterswerke, wenke en lekker kook idees. Buiten haar ongelooflike talent om watertandlekker geregte te maak, het sy ook ‘n agtergrond in ingenieurswese.

Gas van die Week

Ons verwelkom gereeld gas deelnemers en bring so van die bekendste tot die slimste, oulikste en vaardigste mense tot binne kykers se gesinskamer met gesellige onderhoude.

Programfokus

Dit wat die kykers graag wil sien en meer van wil weet vorm ons programfokus. Van klein dorpies tot bemarkingsgeleenthede kry kollig.

Landbousake

Met die landbou wat so ‘n belangrike rol in Suid-Afrika speel, kan ons nie anders as om bietjie oor die uitstallings, ontwikkelinge en knelpunte te gesels nie. Die belangrikste nuus wat die landbousektor aanraak word bespreek en kykers wat graag op hoogte wil bly, moet dus nie Jan se Landbou-verslag misloop nie.

Tim se Mening

Die belangrikste nuuspunte word onder Tim se soeklig geplaas. Hy skryf ook weekliks ‘n rubriek vir die Rapport. Sy opinies is op die punt af en hy gee insig oor gebeure wat die kykers bietje laat nadink.

Lees en Geniet

Ons gesels oor goeie boeke om op die rak te plaas, natuurlik eers nadat dit goed deurgewerk en benut is. Kom kyk elke week watter boeke ons bekendstel en leer ook meer van die skrywers.

Alles van Belang

Raadgewing is nie iets wat lig opgeneem moet word nie, maar soos altyd, of dit nou oor sport of oor finansies is, doen ons ons bes om so bietjie dieper te loer en goeie wenke te verskaf. Hier by Ontbytsake ondersoek ons alles wat vir kykers van belang is. Dit sluit die groot sportmanne in, heerlike resepte, trou praatjies en wenke, raad met geld, en dan ook ‘n kykie na die vermaaklikheidswêreld. Aktuele sake kom ook onder bespreking, maar hoef egter nie tot kreatiewe droogte te lei nie. Kyk maar net na Dawie. As daar iemand is wat die kyker op die ekonomiese sy van die lewe verlief kan maak dan is dit Dawie met sy gemaklike styl van aanbieding.

Kompetisies

Moet egter nie vergeet om ons webwerf en sosiale media blad te besoek nie. Ons hou gereeld kompetisies en gee graag subskripsies en allerlei waardevolle geskenke weg.

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site