By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Resepte vir Watertand-lekker Geregte

Wintermaande bring die gevoel van verlatenheid, maar met die heerlike resepte wat ons hier by Ontbytsake deel is dit sommer maklik om die koue uit te dryf. Familie warm geregte, soos pampoensop en vetkoek of lamsbredie met ‘n aartappelgereg, is net wat nodig is om die hart vinnig te laat klop en ‘n gesellige atmosfeer te skep.

Moenie ‘Maak ‘n Hap’ saam met Seline mis nie. Seline van der Wat het verlede jaar die derde plek in die Master Chef realiteitsreeks beklee en is nou ons eie Ontbytsake sjef. Nie net is sy ‘n beeldskone aanbiedster nie, maar is ook ‘n bobaas kok wat weet hoe om haar kreatiwiteit deur die maak van smullekker geregte uit te leef. Sy doen dit alles met ‘n energieke sprankel wat erg aansteeklik kan wees.

Die resepte van geregte wat al hier op Ontbytsake aangebied is kan jy ook op ons webblad te siene kry. As jou geheue jou dus in die steek gelaat het rakende die aangewese temperatuur waarteen jy die hoender in die oond moet bak, is die webtuiste die plek om jou resep te vind.  Ons blad is propvol nuttige kookwenke, vinnige en maklike resepte, asook stapsgewyse aanwysings vir die voorbereiding van geregte wat jou in enige kompetisie sal laat uitblink

Resepte van die Week

Loer by hierdie kategorie in vir resepte wat Saterdag-oggend gedeel is en wat jy dalk gemis het of net die besonderhede voor benodig.

2014 Resepte

Vind al die resepte wat in 2014 gedeel is en maak so seker dat jy nooit weer ‘n tekort aan kosmaak-idees het nie.

Vorige Resepte

Daar kom ‘n tyd in elke kok se lewe wanneer dit nodig is om bietjie dieper vir idees te delf om voortreffende maaltye voor te sit en ons ‘Vorige Resepte’ kategorie is die regte oplossing.

Resepteboeke

Laai die 2010, 2011 en 2013 resepteboeke in kompakte formaat af en druk dit uit vir vinnige verwysing. Mens weet nooit – die Internetverbinding is soms te stadig vir al die soektogte na smullekker happies en om dit reeds uitgedruk in jou kombuis te hê kan help om te verseker dat jy altyd voorbereid is om geregte te maak wat bewondering sal afdwing.

Wynplase

Besoek die ‘Wynplase’ kategorie vir inligting aangaande top wynplase in Suid-Afrika. Jy kan natuurlik ook jou besighede hier lys en so jou wyne aan belangstellendes bekendstel.

Maak ‘n Hap Borge

Leer meer oor die program-borge en maak gebruik van die geleentheid om winskopies te verkry of miskien een van die toestelle wat op ‘Maak ‘n Hap’ gebruik is te bekom.

Top Restaurante

Net soos met die wynplase, bied ons jou ook die geleentheid om van die beste restaurante in die land op te spoor of selfs jou eie restaurante bekend te stel.

Wanneer en Waar?

Skuif voor die kassie in op Saterdag-oggende vanaf 7:30 tot 9:00 en as jy dit gemis het, loer bietjie op Sondae dieselfde tyd vir ‘ n herhaling van die uitsending op kykNET (DStv kanaal 144). Moenie vergeet nie – loer bietjie op ons webtuiste vir al die resepte, wenke en gidse wat op ‘Maak ‘n Hap’ gedeel word. 

Terug na Artikels

Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site