By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Paaie van Hoop

Nadia Beukes-De Villiers

Paaie van Hoop

In hierdie boek vat Nadia ’n mens saam as passasier op die paaie wat sy al geloop het. Dit was nie altyd reguit maklike paaie nie... daar was kronkelpaaie, snelweë, bergpasse en ompaaie en sy deel haar hartseertye, maar ook haar vreugdetye. Sy skryf prontuit oor die dinamika van mens-wees, die kuns van die lewe en hoe mense reageer op foute en teleurstellings.

Deeg

geskryf deur Theresa de Vries

Deeg

Hierdie boek word beskryf as die enigste boek oor deeg wat jy ooit sal nodigkry. Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word berspreek. Dit sluit in broskors, blaarkors en skilferskors om maar net ’n paar te noem. Dit dek ook algemene foute wat by deeg kan voorkom en die oorsake daarvan. En om die terte of pasteie te laat pronk gee Therese wonderlike aanwysings oor hoe om dit alle te versier. Word ’n bobaas-bakker met hierdie boek wat selfs moeilike deegresepte maklik maak.

Oor Berge en Dale - Op reis met 'n monumentjagter

geskryf deur Jackie Grobler

Oor Berge en Dale - Op reis met 'n monumentjagter

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.

Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.

In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui. ’n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.

Op die spoor van

saamgestel deur Rudie van Rensburg

Op die spoor van

Dis ’n boeiende versameling kortverhale deur veertien bekende Afrikaanse skrywers, almal in die speurverhaal-genre. So, ’n reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg wat insluit polisiemanne, privaaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede... dit in vyftien verskillende speurverhale... en met skrywers soos Karin Brynard, Kerneels Breytenbach en Martin Steyn, kan mens maar weet, hierdie gaan ’n heerlike lekkerlees Speurverhaalboek wees.

Kruie, Van Toeka tot Nou: Die Boek

geskryf deur Dr. Chris Pitzer

Kruie, Van Toeka tot Nou: Die Boek

Hierdie boek is die resultaat van Dr. Chris se jarelange navorsing en sy weeklikse radiopraatjies in sy program ‘Kruie van Toeka tot Nou’ op Rainbow Gospel Radio. In dié boek verduidelik hy die gebruik van verskillende kruie en plante in die alternatiewe behandeling van siektes en kwale, want soms is die natuur net beter as die mediese wetenskap.

Vrouekeur 50 Breipatrone

geskryf deur Christa Swanepoel

Vrouekeur 50 Breipatrone

Hierdie boek bied maklike breipatrone vir die ywerige handwerker. Die projekte sluit in babamussies, truitjies, truie, serpe en musse...selfs hondejassies en katbedjies... En as deel van die bemarking van die boek, word ‘n veldtog geloods waar mense gevra word om ‘n serp te brei as deel van Mandela-dag vieringe op 18 Julie 2017. Die serpe sal dan aan relevante organisasies in spesifieke gemeenskappe geskenk word. 

As jy meer inligting daaroor soek, kliek hieronder. 

Nie vir ma’s nie – ’n kookboek vir pa’s en kinders

geskryf deur Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde

Nie vir ma’s nie – ’n kookboek vir pa’s en kinders

Met dié boek word ma’s tydelik uit die kombuis verban sodat die mans en kinders agter die kospotte kan inskuif om hulle staal te wys. Hierdie prettige kookboek laat enige een toe om heerlike kos te maak wat hulle sonder hulp of te veel moeite kan voorberei. Die stap-vir-stap instruksies sal selfs ’n groentjie gemaklik laat voel in die kombuis... (wys ietsie). 


Brave Lotus Flower Rides The Dragon

geskryf deur Tracy Todd

Brave Lotus Flower Rides The Dragon

In hierdie boek vertel Tracy hoe haar lewe op 28 jaar handomkeer verander het toe sy ’n kwadrupleeg geword het as gevolg van ’n motorongeluk. Sy was ’n jong ma, kranige atleet en onderwyseres en ewe skielik is alles wat sy vanselfsprekend aanvaar het, weggeruk. Soms het sy gewonder of dit die moeite werd is om te bly lewe... maar sy het uiteindelik die lewe gekies... haar storie inspireer en wys ’n mens wat ’n sterk wil en gees ’n mens in staat kan stel om te bereik.  

Die mense langsaan

geskryf deur Elsa Hamersma

Die mense langsaan

Hierdie boek handel oor die donker geheime en dodelike obsessies van gewone mense in gewone huise. Christine wil van haar man ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto gewen het wat hy nie met haar deel nie, maar dan trek daar ’n geskeide man en sy dogter langs haar in en voor Christine enige iets kan doen, val haar man op onverklaarbare wyse van die huis se trap af. Die speurders, sowel as Christine, is agterdogtig oor haar nuwe buurman. Klink of hierdie boek ’n paar verrassings gaan oplewer... 

Vlerke vir almal

geskryf deur Marion Erskine

Vlerke vir almal

Hierdie boek spreek die tema van boelies en kuberboelies onder die jeug aan. Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. Dis ‘n hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Ses blinde muise en ’n olifant

geskryf deur Jude Daly

Ses blinde muise en ’n olifant

Een warm dag kom 'n olifant vaak-vaak uit die woud en beland in 'n boer se skuur. Hy maak vir hom 'n bed en dommel weg droomland toe. Ses blinde muise sluip uit hulle gaatjie in die skuur om dié gedierte van nader te beskou. Is 'n olifant soos 'n muur? Of 'n boom? 'n Spies? Dalk 'n waaier of 'n tou? Hierin sal jou kind saam met die blinde muise die wonder van dié merkwaardige dier ervaar. 

Corli se Kombuis

geskryf deur Corli Botha

Corli se Kombuis

Hierin gee sy haar gunsteling resepte onder die volgende hoofstukke, Lank, Lank Gelede; Binne ’n uur; So ’n bietjie Frankryk; Kook saam met vriende; Suid-Afrikaans; of maak dit jou eie... en nog ’n hele paar meer. 

Dreams, betrayal & hope

geskryf deur Mamphela Ramphele

Dreams, betrayal & hope

In hierdie boek bespreek sy al die dinge wat verkeerd gegaan het in die publieke en privaatsektore sedert 1994. Sy sê dit het tyd geword om Suid-Afrika en sy toekoms te ‘re-imagine’. Ons skuld dit aan ons kinders en hulle kinders. Ons durf nie opgee nie... die land se mense moet weer begin hoop. 

Watter kleur is jou persoonlikheid?

geskryf deur Lynette de Beer

Watter kleur is jou persoonlikheid?

Almal se persoonlikhede verskil, en nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy nie net jouself beter verstaan nie, maar ook jou medemens. En jy sal ook weet hoe om nie in jou swak eienskappe vas te val nie. Klink na iets waarmee almal van ons kan doen. 

Doodsroeper

geskryf deur Rika Cloete

Doodsroeper

Februarie, 1861. 'n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, lê Stilbos - 'n misterieuse bos sonder voëls, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, 'n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, 'n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense óm hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wél oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g'n snars nie. Dan is daar Nella Uys, 'n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min sê. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met 'n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar 'n hele klompie verrassings wag nog op hom ...

Ekseem - Jou noodsaaklike gids

geskryf deur Regina Malan

Ekseem - Jou noodsaaklike gids

Ekseem is ’n veltoestand waaraan tussen 10 en 20% van alle mense ly en dit word gekenmerk deur rooiheid en 'n gekrap. In dié boek word gekyk na presies wat ekseem is, die oorsake daarvan, hoe dit behandel en beheer kan word, asook hoe ekseem by onderskeidelik kinders en volwassenes lyk. Dit bevat nuttige wenke, gevallestudies en voorstelle en is ook beskikbaar in Engels. 

Uitgerys

geskryf deur Mareli Visser

Uitgerys

Wat is nou beter as ’n varsgebakte brood... hierin deel Mareli al haar beste suurdeeggebak-resepte. Dit sluit in resepte vir basiese brode; ontbytbrode; bolletjies, rolletjies en stokkies; brood vir braai; platbrode; gevulde brode; soetbrode en pronkbrode. Selfs vir oorskietbrood het sy wonderlike planne. Sy verduidelik ook hoe om jou eie gisplantjie te kweek en die basiese prosesse van gisting, knie, rys, vorming en uiteindelik bak. In ’n wêreld van massaproduksie is dié boek oor regte vakmanskap ’n vars briesie vir gebak.

Tracker Manual

geskryf deur Alex van den Heever, Karel Benadie en Renais Mhlongo

Tracker Manual

Hierdie boek is ’n praktiese gids om ’n mens te leer hoe om diere te volg in die bos. Dit is een van die enigste van sy soort wat beskikbaar is en maak gebruik van die wyshede van die paar oorblywende tradisionele ‘trackers’ waarvan daar nie meer baie oor is nie. Jagters sal veral die boek baie interessant vind. 

Gesloopte Lugkastele

geskryf deur Johan L. Smith

Gesloopte Lugkastele

Hierdie boek is die verhaal van die skrywer self wat na ’n amper noodlottige ongeluk sy brein so ernstig beseer het dat hy in ‘n diepe koma verval. Tien weke later word hy soos ’n pasgebore baba wakker in ’n onbekende wêreld, sy verlede verlore en sy toekoms aan skerwe. Die mense om hom is vreemdelinge, ongemaklik oor hierdie nuwe persoon wat eens hul geliefde was en nou met dooie oë na hul staar. Hy kon nie loop of praat nie en alleen moes hy opstaan en sy pad vind uit die duister, terug na die lig. Dit vertel die verhaal van ‘n lewe na so ’n ernstige breinbesering... 'n lewe waarvan bitter min mense weet....

Guide to Seabirds of Southern Africa

geskryf deur Peter Ryan

Guide to Seabirds of Southern Africa

Hierdie is die eerste boek van sy soort wat eksklusief fokus op die nagenoeg 1000 verskillende seevoëls wat langs die Suider-Afrika kuslyn voorkom.  Dit is hoofsaaklik ’n indentifikasie-gids, maar dit sluit ook inligting oor die verskillende voëls se biologie en gewoontes in en bevat ook kleurfoto’s van die verskillende voëls.

Apartheid - Britain's Bastard Child

geskryf deur Helene Opperman Lewis

 Apartheid - Britain's Bastard Child

Die skrywer is ’n sielkundige en psigo-historikus en hierdie boek is ’n poging om te probeer verstaan hoekom Suid-Afrika se verlede gebeur het, soos dit het. Die gevolgtrekking is dat ons verhaal ‘n universele verhaal is van wat met groepe gebeur wanneer hulle oor 'n lang periode verneder en getraumatiseer word - hoe dit uiteindelik tot nuwe siklusse van konflik en geweld lei in 'n poging om die kollektiewe psige te herstel, maar op dié manier net nuwe vernedering en trauma skep. Dit bly dus ’n eindelose siklus - waar gister se vernederde môre se vernederaar word. Beslis ’n insiggewende boek vir almal wat die verlede probeer verstaan...

Lekker en Vinnig Kookboek-Reeks

uitgegee deur Lapa

Lekker en Vinnig Kookboek-Reeks

Dit sluit in: Lekker en Vinnig Hoender, Souse, Yskasterte, Potjiekos, Tradisionele kos en Lekkers. Elke boek bevat 20 smulresepte waarvan die bestanddele maklik bekombaar is en dis maklik en vinnig om te maak. Heerlike boeke om in jou boekrak te hê vir enige geleentheid.

Man van Cirene

geskryf deur F.A. Venter

Man van Cirene

Hierdie klassieke topverkoper is nou weer beskikbaar. Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan ’n mens onveranderd gelaat word deur ’n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op ’n heidense wêreld, maar veral ‘n verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse... 

Say Again, The other side of South African English

deur Malcolm Venter en Jean Branford

Say Again, The other side of South African English

Hierdie boek poog om die leser op verskeie voorbeelde van Suid-Afrikaanse Engels te trakteer. Kennis oor hoe Suid-Afrikaanse Engels van ander Engels verskil, kan nuttig wees vir Engelstaliges uit ander dele van die wêreld wat soms wonder wat op aarde ons bedoel. Die boek fokus op woorde en frases uit verskillende aspekte van die lewe – sommige is ernstig en ander minder ernstig.

History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking

Geskryf deur Dewald Steyn

History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking

ʼn NWU-alumnus en voormalige langafstandatleet het ʼn boek geskryf oor die opwindende geskiedenis van Suid-Afrikaanse landloop, middel- en langafstandpadwedloop.
 
Dit plaas ook die kollig op die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) se gloriedae in dié sport. Dewald Steyn, alumnus van die voormalige PU vir CHO het ʼn onversadigbare dors en ʼn ontembare passie vir Suid-Afrikaanse atletiek.
 
Dit is juis sy passie en sy kommer oor die feit dat sommige van die kosbaarste en glorierykste sportprestasies nooit versamel en gedokumenteer is nie, wat hom finaal aangespoor het om History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking te skryf. Die boek bestaan uit vyf volumes en is ’n dokumentering van prestige-geleenthede, grootse prestasies en inspirerende atlete.

Soek en Vind 3D Boek 1 en 2

uitgegee deur Human en Rousseau

Soek en Vind 3D Boek 1 en 2

Hierdie prettige boeke met plakkers sluit ‘n 3D bril in waardeur kinders na wonderlike 3D-illustrasies kn kyk wat lyk of hulle uit die bladsye spring. Op die besige en kleurvolle bladsye kan kinders eok na voorwerpe en die karakters wat snaakse goed in die verskillende tonele aanvang en ongelooflike avonture beleef asof hulle self daar is.

Skool is ’n riller

saamgestel deur Marianna Brandt

Skool is ’n riller

Die boek bevat 20 grillerige stories wat jou nekhare sal laat rys en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd wil lui... Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar onderwysers en vreemde wesens... is alles deel van hierdie heerlike boek vir kinders van nege tot twaalf jaar. 

The Historical Overberg

geskryf deur Chris Schoeman

The Historical Overberg

Ek het vandag hierdie boek, ‘The Historical Overberg’ geskryf deur Chris Schoeman. 
Die Overberg is geleë tussen die Hottentots Holland Berge en die Breederivier. Dis nie net ’n vrugbare landbou-omgewing nie, maar ook ’n gewilde wegbreekbestemming vir toeriste. In hierdie boek, kyk die skrywer veral na die geskiedenis van die Overberg-omgewing wat mense soos Bartolomeu Dias, Sir David de Villiers Graaff, Uys Krige en Audrey Blignault insluit. Sommige van Suid-Afrika se oudste dorpies en huise is ook daar geleë. 

Elders

geskryf deur Erns Grundling

Elders

Hierin vertel die skrywer die verhaal van sy 1025 km staptog langs die Camino, oor veertig dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In die proses ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef. Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis... miskien iets wat ons almal eendag moet oorweeg. 

Koeëlreën, Wapens, bloedspatsels en wonde

geskryf deur Japie Bogaards en Wollie Wolmarans

Koeëlreën, Wapens, bloedspatsels en wonde

Wollie Wolmarans is een van Suid-Afrika se bekendste forensiese deskundiges en hy was ook betrokke by Oscar Pistorius se saak. Gooi hierdie ongelooflike kennis saam met Japie Bogaards se vermoë om ’n spannende storie te vertel, en jy kry ‘n feiteboek wat soos ’n riller lees. Dis ’n fassinerende boek met sake wat reeds uit die 1800’s kom. Selfs die moord op John F. Kennedy word betrek, en natuurlik ook Pistorius s’n. Hierdie boek maak dit duidelik, feite is soms meer bisar as fiksie.

Historikus Herman Giliomee - ’n Outobiografie

geskryf deur Hermann Giliomee

Historikus Herman Giliomee - ’n Outobiografie

Hierin verweef die skrywer die verhaal van sy lewensverloop met dié van ’n land wat hom boei en besiel, ’n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagste politiek. As internasionaal gerekende historikus, was Giliomee was nog altyd uitgesproke oor landsake, voor en na 1994. Sy uitsprake is gewoonlike vars en vreesloos en enige iemand wat ’n belangstelling in ons land se geskiedenis het, sal dié boek geniet. 

Soettand

Geskryf deur Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie

Soettand

Dis hierdie gunsteling-tannies van Bonteheuwel se tweede boek en hierin deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, broodpoeding met ‘n verskil, Hertzoggies en die berugte tweegevrietjies om maar ’n paar te noem.

Sirkus

geskryf deur Irma Venter

Sirkus

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa is pas doodgeskiet en die veiligheidspolisie staan op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help nie, sit sy en haar siek ma sonder ’n heenkome... en dis hoe Adriana in Berlyn beland en waar sy leer messe gooi.

Déan in Top Gear

geskryf deur Dick Beets

Déan in Top Gear

Dick het dié verhaal geskryf na die dood van sy seun, Déan, in ‘n ongeluk, maar hy sê dit gaan nie net oor die trauma van 'n kind begrawe nie, dis eintlik 'n storieboek. Die verhaal speel af in die hemel waar Déan daar rondry op ’n motorfiets. Alles is dus fiksie, behalwe die deel oor sy lewe op aarde. Die doel van die boek is om sin te maak uit die traumatiese dinge wat met ’n mens in die lewe gebeur en om daardeur te werk. Die boek sal ook vanaf Mei-maand in Afrikaans beskikbaar wees. 

Biografie van ’n Onbekende Man

geskryf deur Bennie Engelbrecht

Biografie van ’n Onbekende Man

In hierdie boek, skryf Bennie hy is nie ’n Donald Trump of ’n Richard Branson nie... net ’n gewone mens soos ek en jy, maar hy vertel sy lewensverhaal deurspek met lewenswyshede want sy boodskap is, jy hoef nie beroemd of bekend te wees om ’n biografie te skryf nie. 

Koljander, koljander, so deur die Bosch

geskryf deur Annatjie Melck

Koljander, koljander, so deur die Bosch

Die skrywer is die vrou wat Oom Samie se winkel op Stellenbosch bekend gemaak het en vir Annatjie gaan kosmaak nie oor pretensie nie, maar wel oor liefde en beskerming. Sy is lief daarvoor om haar kos in mooi en interessante houers te bedien, maar verkies dat die kos natuurlik lyk sodat die kwaliteit en smaak behoue bly. In hierdie boek is meer as 100 resepte wat wissel van kerriekos en varkrib tot souskluitjiesen Pannekoeke. 

Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek en Handleiding

saamgestel deur Mart Meij, Rina Erasmus en Amorie van Straaten

Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek en Handleiding

Hierdie boeke moedig kinders aan om te speel en bied prettige en interaktiewe aktiwiteite aan sodat leerders hulle vaardighede en koordinasie kan ontwikkel. Die klem is op speel-terwyl-jy-leer.

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling

geskryf deur Mari-Louis Guy en Callie Maritz

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling

Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as vulsel vir ander gebak soos doughnuts: melkterte van oor die hele wêreld – Nederland, Portugal, Spanje, Amerika, Frankryk, Engeland en selfs China. Die boek is beskikbaar in Engels en Afrikaans. 

Megaboere

geskryf deur Wynand Dreyer

Megaboere

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir drie seisoene vasgenael gehou. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, medevervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Ena Murray Oordenkings

geskryf deur Ena Murray

Ena Murray Oordenkings

Hierdie boek bestaan uit Christelike dagstukkies vir ’n hele jaar. Dis die ideale boek vir private stiltetyd of vir die hele gesin wat saam oor die dinge van God wil besin. 

Aspoesterskoene

geskryf deur Kristel Loots

Aspoesterskoene

In hierdie boek ontdek Sarah, ’n doodgewone voorstedelike huisvrou met ’n man in sy middeljarekrisis, weer die wonder van die liefde. Die humoristiese skryfstyl maak hierdie roman soveel meer as net ’n gewone liefdesverhaal. Dis ‘n lag-met-‘n-traan ervaring wat lesers nog lank daarna sal bybly. 

Liefde is ’n Sprokie

saamgestel deur Santie Nel

Liefde is ’n Sprokie

Dis ’n bundel kort liefdestories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ’n bekende sprokie gebaseer, maar met ’n moderne kinkel.

Of course you Can

geskryf deur Brian Adams

Of course you Can

Hierdie boek is ’n praktiese gids oor hoe om jou eie besigheid te begin en te bestuur in Suid-Afrika. Die skrywer is passievol oor entrepreneurskap en glo dat die groei en ontwikkeling van klein besighede uiters belangrik is vir ons land.

Marga en Henriëtte: in die skadu van Skisofrenie

geskryf deur Marga van Rooy en Henriëtte Boot

Marga en Henriëtte: in die skadu van Skisofrenie

In hierdie boek vertel ma en dogter elkeen vanuit hulle eie hoek watse worsteling hulle ervaar het nadat Henriëtte op agtien met skisofrenie gediagnoseer is. Die boek bied ook ‘n baie insiggewende blik op die aard van hierdie siekte en die verskillende behandelings wat daarvoor beskikbaar is. 

Tannie Poppie kook weer

geskryf deur Poppie Coetzer

Tannie Poppie kook weer

Hierdie nuwe kookboek deur Tannie Poppie Coetzer se naam is ‘Tannie Poppie kook weer’ en hierin deel sy al haar gunsteling versamelresepte. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en baie meer. Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

Skilder in my Taal

geskryf en saamgestel deur Tokkie du Plessis

Skilder in my Taal

Die boek is 'n handleiding vir mense wat wil leer skilder met olieverf. Dit is toegerus met mooi stap vir stap verduidelikings en kleurfoto’s om ’n mens te help deur die hele proses van olie op doek, so as jy nog altyd ’n nuwe stokperdjie wil probeer, nou is daar ’n gebruiksvriendelike handleiding in Afrikaans om jou te help. Die boek is beskikbaar by Tokkie self. 

Fotostaatmasjien

Geskryf deur Bibi Slippers

Fotostaatmasjien

Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar dié oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wêreld waar perfekte kopieë met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word.  Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak só oorspronklike fotostate.

Hekel saam met Vrouekeur

saamgestel deur Christa Swanepoel

Hekel saam met Vrouekeur

In elke boek is daar 10 splinternuwe moderne hekelpatrone en al die items is met Saprotex-draad gehekel wat oral beskikbaar is. Elkeen van hierdie boeke bied beslis ’n hekelbonanza vir die ywerige handwerker.

Die Natuurlewe van Suider-Afrika

met die redakteur Vincent Carruthers

Die Natuurlewe van Suider-Afrika

Hierdie boek is die eerste veldgids waarin diere en plante van die streek in een gerieflike volume gedek word. Dit is die ideale gids vir elkeen wat die natuur in Suider-Afrika betree hetsy as besoekers aan natuurreservate, voetslaners, vakansiegangers, voëlkykers en wildkykers.

Oepse Daisy, Lulu

geskryf deur Fanie Viljoen

Oepse Daisy, Lulu

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word. Daarom is sy baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie Tula-Belle gaan by hulle kom kuier. Sy dra die mooiste klere en kom juis stad toe om in ’n operakonsert te sing. Toe sy Lulu se pragtige ontwerpe sien, besluit sy Lulu moet vir haar ’n rok vir die konsert ontwerp. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red...

Moenie hierdie boek eet nie! 'n Rympie vir elke dag van die jaar

geskryf deur Jaco Jacobs

Moenie hierdie boek eet nie! 'n Rympie vir elke dag van die jaar

Dit bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! 

Clover Ekonomiese Gesinskos

Clover Ekonomiese Gesinskos

En ek het vandag hierdie boek, Clover Ekonomiese gesinskos. Dis die ideale boek vir mense met ’n streng begroting wat wil kosmaak sonder om geur en voedingswaarde in te boet. Hierin is 100 smaaklike resepte, wat nie net maklik en goedkoop is om voor te berei nie, maar ook die hele gesin sal laat smul. En ‘n persentasie van die boek se verkope word aan die Clover Mama Afrika-projek geskenk. 

Graad R Werkboeke

Graad R Werkboeke

Vir dié van julle wie se kinders vir die eerste keer skool toe gaan volgende jaar het ek vandag die ideale boeke om hulle te help. Dit is die Nuwe Alles-in-Een Graad R Werkboeke vir Lewensvaardighede, Wiskunde en Huistaal. Hierin is verrykingsaktiwiteite waarmee ouers en onderwysers 5 tot 7 jarige kinders se kennis en vaardighede kan ontwikkel en speel-speel gereedmaak vir skool. 

Hoe verklaar jy dit?

saamgestel deur Danny Fourie

Hoe verklaar jy dit?

Hierdie boek is gebaseer op die RSG-program met dieselfde naam wat al 37 jaar lank aan die gang is. Dit bevat ’n keur van honderde vrae van nuuskierige luisteraars wat deur kundiges verduidelik is om die wêreld minder vreemd te maak. Dit sluit antwoorde op die vrae in, ‘Is gaap aansteeklik?’ of Hoekom vlieg voëls in ’n swerm nie teen mekaar vas nie? Met hierdie boek sal jy beslis ’n lang pad kort kan maak in Desember... 

Guide to Birds of the Kruger National Park

geskryf deur Warwick Tarboton en Peter Ryan

Guide to Birds of the Kruger National Park

In hierdie gids word meer as 500 voëlspesies bespreek wat al in die Kruger Nasionale Park opgemerk is. Dit sluit in die meeste gevalle volkleurfoto’s en unieke verspreidingskaarte om aan te dui waar die spesifieke voëls die meeste gesien kan word. 

Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek

geskryf deur Melinda Roodt

Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek

Hierdie resepteboek bevat heerlike maaltyde vir familie en vriende. Dit beeld ons moderne diverse Suid-Afrikaanse kultuur uit met invloede uit Ouma se kombuis, Meditterreense kulture, die Indiese Kultuur en Afrika-kultuur. Die boek bevat 180 gunsteling- en nuwe innoverende resepte waarin die skrywer daarop fokus om vars, plaaslik beskikbare bestanddele te gebruik. 

Liewe Heksie se Groot Omnibus

geskryf deur Verna Vels

Liewe Heksie se Groot Omnibus

Hierdie stewige boek bevat al 41 van die oorspronklike ‘Liewe Heksie’ stories met pragtige illustrasiesvan Vian Oelofsen wat al hierdie klassieke stories en karakters weer laat leef. 

Anti-Ageing Tissue Salts

geskryf deur Margaret Roberts

Anti-Ageing Tissue Salts

Weefselsoute is minerale wat ons liggaam nodig het vir optimale gesondheid en hierin bespreek Margaret die 12 Essensiële soute wat help om balansversteurings en allerhande skete en kwale wat gepaard gaan met die ouderdom aan te spreek. Sy gee raad hoe om die verouderingsproses deur middel van hierdie weefselsoute te beperk en om algemene gesondheid te bevorder. 


Vroue na aan my hart

geskryf deur Hannes van Wyk

Vroue na aan my hart

Hierin laat val hierdie bekende akteur en Kwela-aanbieder die kollig op vroue wat sy lewe aangeraak en inspireer het. Dit sluit talle bekende vroue in, sowel as Hannes se hartsvroue, sy ma, oumas, vriendinne en hulle wat hom help grootmaak het. Onder die bekendes tel Shaleen Surtie-Richards, Lizz Meiring, Wilna Snyman en Rina Hugo, om maar ’n paar te noem. Dit sluit staaltjies en humoristiese vertellings in, soms selfs lekker stout en is ‘n Heerlike boek vir opkrul en lekker-lees... 

Die dood van ’n goeie vrou

geskryf deur Chris Karsten

Die dood van ’n goeie vrou

Dit is ’n spanningsroman waarin die hoofkarakter, Ella Neser, ’n raaiselagtige moord ondersoek. Ella is ook die hoofkarakter in Karsten se Abel-trilogie en ‘Die verdwying van Billy Katz’. Die storielyn is weereens briljant aanmekaargesit, wat die slimste leser sal fnuik. So as jy hou van misdaad- en speurromans, hierdie een is vir jou. 

Hetta Elizabetta en die wêreld op haar skouers

geskryf deur Milan Murray

Hetta Elizabetta en die wêreld op haar skouers

Hierdie boek, uit die pen van ons voormalige aanbieder, Milan Murray, in samewerking met Charmaine Nolte en illustrasies deur Marisa du Toit is al die tweede een in hulle idioomreeks waarvan die eerste boek, ‘Pieter Kokkewieter en die hart op sy mou’ is. Albei boeke is ’n vreeslike oulike manier om kinders bewus te maak van idiome. Dis pragtig geskryf in digvorm met die mooiste prentjies.

Zuptas Must Fall and other rants

geskryf deur Fred Khumalo

Zuptas Must Fall and other rants

Fred Khumalo is ’n gesoute joernalis en soos julle seker van die naam kan aflei, nie een van die Guptas se aanhangers nie. In hierdie boek skryf hy op ’n humoristiese manier oor sake wat tans die meeste Suid-Afrikaners warm onder die kraag maak. Dit sluit natuurlik die Guptas in, maar hy skryf ook oor ander politieke aangeleenthede, geskiedkundige sake en selfs skindernuus van bekendes. 

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ’n fynkok

geskryf deur Peter Veldsman en Elmari Rautenbach

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ’n fynkok

Peter Veldsman het ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor. Die resultaat is vermaaklike stories en staaltjies oor die kos en mense in sy lewe. Dit sluit in van sy dae as kosredakteur van Sarie, kosskrywer van Rapport  en, uiteindelik, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Die boek is nostalgies, humoristies en hartroerend... dit vat jou terug na Ouma se kombuis, maar ook na die wye wêreld daar buite. 

Make or Break, How the next three years will shape South Africa’s next three decades

geskryf deur Richard Calland

Make or Break, How the next three years will shape South Africa’s next three decades

In hierdie boek bespreek Calland moontlike scenarios in die politieke arena wat kan bepaal of Suid-Afrika op die lang termyn suksesvol of ‘n mislukte staat gaan wees. Die volgende paar jaar gaan krities wees  in ons land se toekoms en dit is regtig ’n maak of breek situasie. 

Die Koekiefles

geskryf deur Lisa Clark

Die Koekiefles

Dis ’n versameling van meer as 90 resepte vir koekies en beskuit wat spesiaal vir die tuisbakker saamgestel is. Die resepte is getoets en geskik vir enigiemand wat nie kan wag om hul koekieflesse en -blikke vol te maak nie. Die resepte is gebruikersvriendelik – enige iemand kan dus die koekies bak, nie net ervare bakkers nie. Die Koekiefles herinner aan die dae toe ‘koekiebak’ terapeuties en ’n belangrike deel van die lewe was.

Africa’s Top Geological Sites

geskryf deur Richard Viljoen, Morris Viljoen en Carl Anhaeusser

Africa’s Top Geological Sites

Hierdie gedetailleerde, kleurvolle koffietafelboek bevat die kontinent se mees ongelooflike en interessante geologiese terreine, van Tafelberg in die suide tot die vulkaniese eilande in die Atlantiese Oseaan, die kontinentale fragmente van Afrika se ooskus en als tussenin. Die teks is geskryf dat almal dit kan verstaan en verduidelik al die vrae wat ’n mens rondom hierdie geologiese wonders mag hê. 

Asem

geskryf deur Jan Vermeulen

Asem

Dit is 'n boeiende roman vir tieners oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ‘Asem’ was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015 en hoort eintlik op elke tiener se boekrak. Die beoordelaars het gesê dis ’n uitdagende, maar hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. 

What happens on the ship, stays on the Ship, NOT

deur Charlotte du Toit

What happens on the ship, stays on the Ship, NOT

Hierdie boek handel oor Charlotte se vier jaar op ‘n luukse passasierskip. Dit poog om vir mense wat so iets oorweeg die volle waarheid te vertel oor wat op sulke skepe gebeur. Dit sluit in interessante staaltjies, komiese situasies en ook meer ernstige gebeure en is ‘n lekkerlees, voelgoed-storie met foto’s na elke hoofstuk. Dit sal ‘n aanwins wees vir enige iemand se boekrak wat belangstel om so iets te doen.  

Pretkos – Gesonde Maaltye vir Kinders

geskryf deur Samantha Scarborough

Pretkos – Gesonde Maaltye vir Kinders

Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragrig en voedsaam is. Hierdie boek bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei, met groot pret! Dis ’n moet vir elke ma se boekrak. 

Wildlife of the Okavango

geskryf deur Duncan Butchart

Wildlife of the Okavango

Hierdie boek is ’n baie interessante fotografiese gids oor die diere wat in die Okavango Delta voorkom. Dit beskryf die geologie, klimaat, habitat en sleutelrolle wat verskillende diere in daardie gebied speel van die termiete tot die olifante. Dis ’n heerlike boek om op jou rak te hê as jy ’n natuurliefhebber is. 

Die waarheid oor verhoudings

geskryf deur Stefan Blom

Die waarheid oor verhoudings

Met hierdie boek wys die skrywer jou hoe om jou verhoudings te verbeter, hesy met jou lewensmaat, familie of vriende. Dit is ’n praktiese gids wat jou help om slimmer te werk te gaan in verhoudings, jou leer hoe om daardie hegte band, liefde, kommunikasie, vertroue en intimiteit terug te kry en te versterk. 

Tussen die Klippe

geskryf deur Hans du Plessis

Tussen die Klippe

’n Dekade ná die Groot Trek word ’n vrou voor die hof gedaag vir veelmannery. Of ’n misdaad en sonde dieselfde saak is, is nie altyd duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit, iemand wat kan skryf,  en getuies. En wanneer die waarheid openbaar word, is dit nie die waarheid wat mens verwag het nie. Uit al hierdie dinge probeer dominee Johannes sin maak van wat die liefde is. Lê die liefde nie dalk iewers tussen daardie twee klippe wat Moses van die berg af gebring het nie? Hierdie boek is ’n anderste soort liefdesverhaal en word gereken as een van die skrywer se heel bestes.

Indeks

geskryf deur Joan Hambidge

Indeks

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in Suid-Afrika en in hierdie bundel verken sy die aard en semantiek van digkuns en openbaar ’n feitlik mistieke bewondering en respek vir die ‘woord’. Die digbundel is meer liries van aard as haar voriges en ook meer toeganklik so kenners reken dit is beslis ’n hoogtepunt in Hambidge se digkuns.   

Broedertwis

geskryf deur Albert Blake

Broedertwis

Meer as ’n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner.

In Broedertwis probeer Albert Blake verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het.

Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat ’n einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?

Springbok Coaches

geskryf deur Gavin Rich

Springbok Coaches

In hierdie boek vra die skrywer tereg, is dit Heyneke Meyer se skuld dat die springbokke nêrens gekom het nie in die 2015 Wêreldbeker Rugbytoernooi? En wat hou die toekoms vir die huidige afrigter, Alister Coetzee in? Hierdie boek gee antwoorde en vertel ook die verhale van vorige Springbokafrigters sedert 1994. Dit bevat onderhoude, artikels en statistieke en hierin kan mens presies agterkom wat dit werklik beteken om ’n springbokafrigter te wees. 

Emily Hobhouse, Geliefde Verraaier

geskryf deur Elsabé Brits

Emily Hobhouse, Geliefde Verraaier

Hierin vertel die skrywer die verhaal van dié Anglo-Boereoorlogheldin met die hulp van Emily se eie handgeskrewe notas, dagboeke en plakboeke. Só gee sy ’n vars blik op ’n buitengewone vrou wat voortdurend in die spervuur was. Sy het wêreldwyd betrokke geraak by die stryd teen onreg en oorlog en het in twee oorloë duisende lewens gered. Tog is sy in haar eie land onbekend en alleen dood. 

Koekedoor 2

saamgestel deur Errieda du Toit

Koekedoor 2

Die boek vang die hoogtepunte van die Koekedoor 2 kompetisie vas wat vroeër vanjaar op kykNET te sien was. Daar is resepte vir beginnerbakkers asook fyngebak en pronkgebak om ervare bakkers te inspireer. Net die beste resepte is gekies vir die boek en al die wenners van elke episode, asook fyngebak deur die beoordelaars.

Storiemuis: Boek 4

geskryf deur Leon Rousseau

Storiemuis: Boek 4

Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleurillustrasies en wemel van stories, rympies, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD. In Boek 4 is daar boonop ook liedjies, syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. 

Huilwater – 30 stories in die langpad

geskryf deur L.J. Bothma

Huilwater – 30 stories in die langpad

Die skrywer is veral bekend vir sy militêre geskiedenisboeke maar hierdie boek is ’n versameling lekkerlees-stories met baie humor. Hiernin vertel hy van sy kindertyd in die Boesmanland, studentejare, sy loopbaan as dosent in ekonomie, sowel as sy toere saam met vriende en interessante karakters wat sy lewenspad gekruis het. 

Inspirasiejoernaal

geskryf deur Lizelle de Bruin

Inspirasiejoernaal

Hierdie boek dien as terapie vir die siel en is ‘n joernaal wat ‘n uitstekende uitlaatklep kan wees vir jou gevoelens en om spanning te verlig. Dit gee jou die vermoë om ingewikkelde ervarings in relevante, nuttige brokkies inligting op te breek en uiteindelik samehangend te rangskik. Dit bevat ook prettige en kreatiewe aktiwiteite saam met toeganklike leesstukkies wat die leser lei op’n pad na heelheid en herstel. 

Vroue uit die Bybel

geskryf deur Esté Geldenhuys

Vroue uit die Bybel

Die boek handel vertel van Eva, wat haarself uit die tuin redeneer het, tot Rebekka, wat nie noodwendig een kind wou voortrek nie, en Maria, ’n doodgewone meisie wat moes instem tot ’n buitengewone versoek en baie meer. Die skrywer gee dan duidelike toepassings vir vandag se lewe en vra die vraag: Wil jy ware nabyheid met God ervaar? 

Kaptein Verdwyn

geskryf deur Fanie Viljoen

Kaptein Verdwyn

Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Toe hy 'n nuwe selfoon kry, laai hy ‘n app af wat belowe om jou onsigbaar te maak! Dan verander Kyle in 'n superheld: Kaptein Verdwyn! Dis 'n aksiebelaaide storie met 'n positiewe boodskap wat kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. 

Al wat ek weet

geskryf deur Marita van der Vyfer

Al wat ek weet

Hierdie boek, deur een van ons gewildste skrywers is spesiaal vir tieners. Dit gaan oor ‘n sukkelende pa-en-seun-verhouding en die hoofkarakter, Gabriel, se pogings om ná sy ma se dood, sin te maak van die wilde draaie wat die lewe partykeer met 'n mens gooi. Hierdie boek was die naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie vir 2015.

1795

geskryf deur Dan Sleigh

1795

Hierdie boek handel oor die Britse beleg van die Kaap en is die wenner van NB Uitgewers se Groot ­Afrikaanse ­Romanwedstryd vir 2015. Dit speel af in die winter van 1795 in die Kaap net voor die Engelse oorgeneem het. Sleigh skryf met 'n onfeilbare aanvoeling vir die konflikte en hartstogte van gemeenskappe en het ook ‘n verstommende oog vir detail.

Baking with Jackie Cameron

geskryf deur Jackie Cameron

Baking with Jackie Cameron

Hierin gee dié wêreldbekende sjef haar gunsteling resepte vir ‘n verskeidenheid van gebak. Dit sluit in koekies, brode, pasteie, quiches, groot koeke en ‘n verskeidenheid van lipaflek-poedings. Jackie gebruik deurgaans ‘n bekende resep en gee dit dan ‘n ‘kinkel’ van haar eie. Hierdie boek sal ‘n aanwins in enige iemand wat hou van bak se huis wees. 

Guide to Trees introduced to Southern Africa

geskryf deur Hugh Glen en Braam van Wyk

Guide to Trees introduced to Southern Africa

Hierdie boek is ‘n gids oor die minstens 2,000 uitheemse bome wat in Suider-Afrika aangeplant is. Dit vorm ‘n belangrike deel van ons landskap, veral as mens kyk na die Jakarandas (soos ook op die voorblad te sien) en hierdie boek gee ‘n mens die besonderhede van 580 van dié uitheemse boomspesies. Dit sluit ook pragtige kleurfoto’s in sodat ‘n mens die bome maklik kan identifiseer en is ‘n handige gids om te hê as jy ‘n plant of tuinmaak-entoesias is. 

Mishandel, misbruik, misken, Joey Haarhoff was my ma

geskryf deur Carla van der Spuy

Mishandel, misbruik, misken, Joey Haarhoff was my ma

Amor van der Westhuyzen se kinderjare was ’n riller. Sy is die dogter van die Joey Haarhoff, wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het. Joey het Amor fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, verder ook toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik. Joey, die beheervraat, wou vir dekades lank haar dogter se lewe manipuleer en oorheers. Sy wou selfs by geleentheid dat Amor met Gert van Rooyen trou. Gelukkig is daar ’n positiewe einde vir hierdie traumatiese storie. Amor het die trauma, danksy pure vasberadenheid, oorleef. 

Sy is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld kon stopsit en sy wil nou dieselfde doen vir ander vroue wat deur hul naastes verniel is. Danksy haar geloof, sielkundige behandeling, wilskrag en die groot omgee van haar man, het Amor geleer hoe om liefde te gee en te aanvaar. Dit is hoegenaamd nie ’n maklike boek nie, maar die leser kan dit toemaak met hoop in die hart.

Reeks: Wat maak so?

Uitgegee deur NB Uitgewers

Reeks: Wat maak so?

Hierdie kinderboekies, Troeteldiere, Wouddiere, Wilde diere en plaasdiere in die Wat maak so? Reeks is ideaal vir peuters. 'n Mens druk die knoppie en dan maak die dier sy geluid. 

Eet gesond, voel goed

geskryf deur Jeske Wellmann en Adele van der Merwe

Eet gesond, voel goed

Hierdie boek is spesifiek daarop gemik om kankerlyers, hul versorgers en families op te lei en te bemagtig sodat hulle die kanker optimaal kan beveg met die regte voeding, maar dit kan natuurlik oor die algemeen ook gebruik word om gesond te lewe. Die skrywers is albei geregistreerde dieetkundiges en die boek is goed nagevors met resepte om te help. 

Kikkie Anderemanskind - ’n Lewe

geskryf deur Chris de Weerdt

Kikkie Anderemanskind -  ’n Lewe

Hierdie boek is ’n kombinasie van biografie en avontuur. Die die skrywer se lewensverhaal, waarin hy, onder andere, vertel van sy skikwekkende wedervaringe as lid van die heel eerste Suid-Afrikaanse Antarktiese ekspedisie van 1960. Ruda Landman het gesê: “Wat ’n verhaal, goed geskryf, met net genoeg ligtheid en humor om die donkerte te verlig. Ek het Vrydagmiddag oor koffie met die boek gaan sit en toe sommer dwarsdeur gelees.”

Gesprek sonder einde

geskryf deur Chris van der Merwe

Gesprek sonder einde

In hierdie boek vra Chris, waar pas ek, as mens, in by God se verhaal? En watter keuses kan ons maak in hierdie drama waarvan ons medeskrywers is? Die skrywer tree op ’n baie toeganklike wyse in gesprek met sy lesers hieroor. Hy bespreek van die vrae wat ons gereeld pla oor die kerk, die mense om ons en die ideologieë oor dit wat is, wat was en wat kom.

Dagboek van ’n Wimpy Kid

geskryf deur Jeff Kinney en vertaal deur Tinus Horn

Dagboek van ’n Wimpy Kid

Hierdie boek is deel van ‘n gewilde reeks jeugboeke, ‘Diary of a Wimpy Kid’, wat nou in Afrikaans ook te kry is. ’n Nuwe skooljaar begin vir Greg en hy moet by baie nuwe goed aanpas. Sy beste vriend is weg en sy ma het besluit om verder te studeer, maar die ergste is... hy het nog nie eers een puisie nie... so daar is geen sprake van grootword nie.

Afkop

geskryf deur Fanie Viljoen

Afkop

Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis... Na ’n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met ‘n wilde jaagtog en ’n motorongeluk eindig, word Trent met ’n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het? In hierdie naelbyt spanningsverhaal loop dinge omtrent skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die aksie.

Dis koue kos, skat

geskryf deur Marita van der Vyfer

Dis koue kos, skat

Die verhaal gaan oor Clara Brand, wie se man haar verlaat vir een van haar beste vriendinne en al die prosesse waardeur sy gaan om te herstel na die gebroke hart. Hierdie boek is ook nou te sien as rolprent met Annamart van der Merwe en Deon Lotz in die hoofrolle. 

Springbok-Rugby Vasvra

geskryf deur Pierre Francois Massyn

Springbok-Rugby Vasvra

Dié boek is nou ’n rugby-vasvraboek vir ware rugbyliefhebbers aangebied op ’n hoogs vermaaklike manier met die mees verregaande staaltjies in, sowel as koue, harde feite en statistieke oor dié geliefde Suid-Afrikaanse sportsoort.

Moordlys

geskryf deur Henk Breytenbach

Moordlys

Hierdie is nog een van die skrywer se aflewerings in sy Vic Nel misdaadverhale. Vic is terug, hy het ’n vaste werk, selfs ’n meisie, maar steeds soek die moeilikheid hom uit. Eers word ’n man by sy werk vermoor en Vic help die polisie, een van sy kolegas neem ’n video en pos dit op Youtube en skielik is Vic ’n internetheld, die laaste ding wat hy nodig het... toe word ’n aantal sakemanne skielik wreed vermoor en by elke toneel word ’n foto gelos... en net Vic weet wie die man op die foto is.

Anderkant Vergeet

geskryf deur Santie van der Merwe

Anderkant Vergeet

Hierdie boek vertel die verhaal van Anneleen Gericke wat in ’n ernstige motorongeluk beland en toe sy bykom met ’n geswelde brein, het sy geheueverlies en die laaste 24 jaar van haar lewe is net weg. Sy onthou nie haar man of kinders nie en sy ken ook nie die mens wat sy voorheen was nie. En hoe meer sy agter die kap van die byl kom, hoe meer wonder sy, wat het van al haar drome geword? 

Koekedoor Bakboek

deur Errieda du Toit

Koekedoor Bakboek

Met hierdie bakboek as kameraad kan jonk en oud by die Koekedoor bakrevolusie aansluit. Die blaaie vang die hoogtepunte van die eerste Koekedoor kompetisie vas. Die tuisgebak-resepte is bekend en is ’n goeie afskopplek vir beginnerbakkers en die die fyngebak-resepte se vernuwende idees en tegnieke sal jou gou-gou bakfiks kry. Koekedoor wil gebak terugbring as iets sinvol wat die gesin kan saamdoen om nuwe herinneringe – en ’n bruisende nuwe Suid-Afrikaanse bakkultuur – te skep.

Die groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigids

deur Adri Burger

Die groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigids

Hierdie derde, hersiene uitgawe van hierdie gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels bevat sowat 300 bladsye meer as die vorige uitgawe. Dit is volledig herbewerk en bied oplossings vir duisende internasionale en plaaslike feite volgens agt temas gerangskik onder andere, Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport, skoonhede en enige ander wetenswaardige feite. 

Ek. Frankryk. 246 Dae.

geskryf deur Olivia Loots

Ek. Frankryk. 246 Dae.

Olivia is 'n derdejaarstudent in Visuele Studies en Tale aan die Universiteit van Pretoria en in hierdie boek gee sy nuttige reiswenke aan jongmense wat so 'n oorbruggingsjaar soos sy gedoen het, beplan. Dis 'n joernaal met kleurvolle foto's, sketse en stories waarmee sy jou uitnooi om haar 2013 ervarings in Frankryk te deel, te geniet en daaruit te leer.

Vlegsels, Stap vir Stap en Gunsteling Vlegsels

Marie en Laura

Vlegsels, Stap vir Stap en Gunsteling Vlegsels

Om lang hare in 'n vlegsel te dra is 'n groot tendens onder jong meisies regoor die wêreld en in hierdie boeke kry jy meer as 20 verskillende soorte vlegsels wat stap vir stap beskryf en met behulp van kleurfoto's geïllustreer word. Laura en Marie, twee skoolmeisies, gee ook wenke oor hoe om hare te krul sonder enige stileerapparate. 

Daar is 'n Eiffeltoring in sy boedel

geskryf deur Tobi Jooste

Daar is 'n Eiffeltoring in sy boedel

’n Roerende verhaal van ’n oupa wat in genadetyd op sy sterfbed lewe, en die kleinseun wat soveel moontlik van sy oupa se wysheid wil leer voor hy nie meer daar is nie. Sy oupa deel met hom sy avonture, stories, staaltjies en moderne gelykenisse wat die jongman se lewe onherroeplik verander. Hy stuur sy kleinseun ook op twee onvergeetlike vakansies waar hy blootgestel word aan plekke, kleurryke karakters en situasies wat hom meer oor homself en die lewe leer. Dis ’n hoogs vermaaklike ontdekkingstog na buite én binne. Sy oupa se stories inspireer hom om sy volle potensiaal te bereik, sy grootste drome te volg en wysheid te vind wat gewoonlik net met die grysheid kom. Sy oupa se dood het vir hom lewe gebring. ’n Jongman herontdek die dinge wat werklik saak maak in ’n boeiende storie wat jou laat skaterlag en soms ook ’n traan laat wegvee. Dis ’n hartsreis van Parys, Frankryk tot in die skone Karoo, ’n avontuur wat oorloop met wysheid, humor en wêreldkennis.

die na-dood

geskryf deur Breyten Breytenbach

die na-dood

Hierin sien ’n mens opnuut dié veteraandigter se skerpsinnige en aangrypende digterstem. Die titel verwys na die tyd digby die dood maar ook na die dood. Dit is ’n besonderse versameling verse wat ’n groot verskeidenheid bied, oënskynlik oor die alledaagse, maar byna ongemerk ook oor die groot onbeantwoorde vrae wat elke mens vir hulself stel, nader aan die einde van jou lewe.

Draai jou sente om

geskryf deur Abri Coetzee

Draai jou sente om

Dié boek bied wenke oor hoe om uit jou finansiële verknorsing te ontsnap, veral as jy afgetree of naby aftrede is en jy nie genoeg voorsiening gemaak het daarvoor nie. Die planne word in eenvoudige formaat en taal aangebied en onse eie Dawie het gesê van die boek: ‘Dis ’n uitstekende riglyn vir finansiële bestuur’... ek dink ons almal kan met so een doen en beslis nie net afgetredenes nie. 

Suster Lilian se babasorgboek

geskryf deur Lillian Paramor

Suster Lilian se babasorgboek

Sy is ‘n bekende babasorgkenner en hierin speek sy die belangrikste kwessies aan wat ouers van pasgebore babas tot driejarige kleuters raak. Algemene ouerskapskwessies word in die onderskeie afdelings beskou. Suster Lilian se benadering is om tradisionele en natuurlike genesing te integreer waar daar kommer oor die gesondheid is. Suster Lilian se boek help jou om die beste moontlike ouer vir jou kind te wees. 

Kook saam Kaaps

geskryf deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Kook saam Kaaps

In hierdie boek kry jy die huiskos van dié twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap. Dit sluit in boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding, als heerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings. Met die onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer kos maak soos ons ma’s dit gedoen het, met bestanddele wat maklik bekombaar is en resepte wat nie uitgerek of moeilik is nie.

Monster Rugby

geskryf deur Fanie Viljoen

Monster Rugby

Die verhaal gaan oor Ampie wat droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig vaar hy nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, en ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het ... Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n MONSTER is?

Stories van die kantlyn

geskryf deur Theuns Stofberg

Stories van die kantlyn

Theuns Stofberg wie se glorieryke rugbyloopbaan van 1976 tot 1985 geduur het word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. In hierdie boek neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeëwenaarde prestasie. Hy vertel  van sy persoonlike stryd met 'n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.

Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Uitgegee deur NB Uitgewers

Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Hierin kry jy tydlose Boerekosresepte, pragtige kleurfoto’s van artefakte uit die oorlog én fassinerende brokkies historiese inligting saam in een boek. Dit bevat meer as 100 resepte vir alles van biltong en beskuit, watertand wildspastei en pampoenkoekies tot ’n magdom gebak. Die skrywers verweef hierdie resepte soomloos met historiese feite soos oor hoe Nonnie de la Rey, vrou van genl. Koos de la Rey, moes vlug en in die veld oorleef.

Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte

saamgestel deur Fanie Olivier

Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte

Dit is ‘n versamelbundel van die gewildste en bekendste liefdesgedigte in Afrikaans. Die bundel volg op Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte wat oorspronklik in 1986 verskyn het en daarna ’n paar keer heruitgegee is. Die digters sluit in van ons bekendste in Afrikaan soos Boerneef, N.P. Van Wyk Louw, D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, om maar ’n paar te noem.  

Murder at Small Koppie – The real story of the Marikana Massacre

Greg Marinovich

Murder at Small Koppie – The real story of the Marikana Massacre

Hierdie boek is ondersoekende joernalistiek op sy beste. Die skrywer het geen steen onaangeraak gelos om agter die waarheid te kom nie. Hierdie boek moet eintlik verpligte leesstof gemaak word vir al ons politici, staatsamptenare en natuurlik die polisie- en weermag. 

Een maal

geskryf deur Johnny Hamman

Een maal

Hy was die wenner van Kokkedoor 2 en hierin deel hy die resepte wat hy vir sy vriende voorberei met ons. Hy vertel sy idees rondom kos sonder om ooit egtheid te verloor. Hy deel ook die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het, familiekos – en gee sy skeppende vernuwende weergawes. Dié boek sal almal inspireer met nuwe idees...

Bielie Bybelpretboek 2

geskryf deur Marius Greeff

Bielie Bybelpretboek 2

Hierdie boek is perfek vir liefhebbers van blokraaisels en ander woorspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel te toets. Die boek bevat meer as 160 pret-aktiwiteite wat insluit, blokraaie, Koderaaie, Sudoku en Woordsoek. 

Nog Maklike soet happies vir kinders

geskryf deur Janette Mocke

Nog Maklike soet happies vir kinders

In hierdie boek gee elke hoofstuk vir jou ‘n ander partytjietema wat alles insluit, va treine, monsters, skape en skoenlappers tot bye, superhelde, lappoppe en dinosourusse. Al die happies word gemaak deur maklik bekombare bestanddele en die eenvoudige aanwysings vereis nie bak- of spesialisvaardighede nie. Hierdie boek help jou om die perfekte kinderpartytjie vir jou kind te doen sonder dat dit baie geld kos of jou ure lank besighou.

Storiemuis

geskryf deur Leon Rousseau

Storiemuis

Die oorspronklike Storiemuis-reeks was baie gewild vanweë die opvoedkundige temas wat daarin behandel is en hierdie splinternuwe reeks is op dieselfde beginsels geskoei en bestaan uit nuwe materiaal met pragtige volkleurillustrasies. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD met 'n voorlesing, liedjies en vele meer. In Boek 3, wat dié een is, is daar liedjies, syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide, rympies, sowel as heerlike stories. Sal jy kinders vir ure kan besighou... 

Pippie Langkous Omnibus

geskryf deur Astrid Lindgren

Pippie Langkous Omnibus

Pippie is daardie koddige klein heldin met die sproete en rooi vlegsels en sy vier vanjaar haar 70ste  bestaansjaar. Daarom het NB-uitgewers besluit om hierdie Omnibus-versameling uit te bring sodat ons kinders ook nou hierdie klein dogtertjie se kostelike stories kan waardeer.

SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit

geskryf deur Hilda Lategan

SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit

Hierdie boek bevat kundige inligting en wenke asook meer as 200 resepte vir elke maaltyd van die dag, insluitend tussenin-happies en soetgoed. Die beproefde resepte is oor die jare nog verder verbeter en aangepas vir Suid-Afrikaners se spesifieke eetgewoontes en die bestanddele is geredelik beskikbaar en bekostigbaar, en elke resep bevat ’n voedingstofanalise en voorstelle en variasies sodat jy dit kan aanpas volgens jou eie behoeftes. 

Robbie se broer se roer en ander jagstories

geskryf deur Pienkes du Plessis

Robbie se broer se roer en ander jagstories

Dié boek is ‘n bundel kortverhale oor allerhande humoristiese jagekspedisies en natuurlik ook oor alles wat verkeerd kan loop tydens hierdie ekspedisies. In een verhaal moet drie ooms afreken met ’n slang in hul bakkie en in ’n ander verhaal verloor ’n plaasjapie ’n weddenskap en sluk ’n streepmuis heel af...nou ja, julle kan net dink wat die res ook sal inhou...

Giant Steps

geskryf deur Richard Peirce

Giant Steps

Hierdie boek gaan oor twee olifante, Bully en Induna, albei olifante wat in aanhouding was en later as gevaarlik beskou is...en hierdie is die ware verhaal van hulle stories, van die uitbuiting van hierdie sensitiewe en hoogs intelligente diere tot vermaak van mense. En vandag is hulle uiteindelik albei vry op ‘n plaas hier in Suidelike Afrika... 

Vlees en Bloed

geskryf deur Riette Rust

Vlees en Bloed

Eileen de Jager en Roelien Schutte staan nie as die Bloedsusters bekend bloot omdat hulle biologiese susters is nie, maar ook omdat hulle reeds 15 jaar lank daagliks bloederige misdaadtonele skoonmaak - sowat 7000 tonele waar selfdood, moord, marteling, aanranding, plaasaanvalle en natuurlike sterftes plaasgevind het, maar hierdie boek vertel 'n storie wat oor meer as net bloed gaan. Die leser word ingetrek in die wêreld van die Bloedsusters...

Sjef Snoekie Laat die potte sing!

geskryf deur Marlise Scheepers

Sjef Snoekie Laat die potte sing!

Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, is soos Neopolitan-roomys destyds almal se gunsteling was - sy sing, blog en kook. En vir die kersie op die koek behartig sy ook die kosstilering vir die kosfotografie van Farmers Weekly. Haar aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook die lewe te blaas in raakvat-stories en beskrywings.

JAN – My Franse Kosverhaal

Jan Hendrik van der Westhuizen

JAN – My Franse Kosverhaal

Dit is ‘n gedenkskrif en feesviering wat voortspruit uit JAN – die restaurant in die suide van Frankryk waarvoor ons eie boerseun, Jan Hendrik van der Westhuizen, pas ‘n Michelin-ster gekry het. Dié restaurant is ’n vertoonstuk van tradisionele Suid-Afrikaanse gasvryheid wat begin het op ’n plaas in die Suid-Afrikaanse platteland en voortgevloei het na die glansryke Franse Riviera. Elke hoofstuk weerspieël die stemming en inspirasie van die disse wat by JAN voorgesit word – werklik ‘n besonderse boek. 

Sjokolade Soene en Lemoenseisoen

Kristel Loots

Sjokolade Soene en Lemoenseisoen

Albei hierdie stories handel oor gewone vroue... susters, vriendinne, buurvroue of kollegas... Kristel luister graag na die stories om haar want menswees en veral vrouwees en die vele fasette daarvan fassineer haar. En hierdie boeke sal beslis nie teleurstel as jy hou van ‘regte lewe’ liefdesverhale nie. 

Maggie Laubser: Venster op Altyd Lig

geskryf deur Muller Ballot

Maggie Laubser: Venster op Altyd Lig

Hierin leer lesers hoe sy as plaaskind van Malmesbury begin skilder het; waarom sy as 27-jarige in Europa gaan bly het; oor haar terugkeer na Suid-Afrika om haar ouers te versorg, haar struwelinge met afbrekende kritiek in die pers; hoe sy die eerste vrouekunstenaar geword het aan wie die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ? erepenning gegee het; en waarom sy op 83 die eerste lewende kunstenaar was aan wie ‘n retrospektiewe uitstalling aangebied is. Beslis ‘n besonderse boek van ‘n besonderse mens...

South Africa’s Suspended Revolution Hopes and Prospects

geskryf deur Adam Habib

South Africa’s Suspended Revolution Hopes and Prospects

Hierin bied hy ’n oorspronklike analise van die politieke en ekonomiese oorgang in die post-apartheidera. Hy pak dilemmas soos dienslewering- en verantwoordbaarheid, die skuiwe in ekonomiese beleid en die rol van die burgerlike samelewing. Hy glo dat individue en instellings met ’n bietjie verbeelding kan optree om die gemeenskap in sy geheel verander.

Anderkant Uit, Stories oor Trauma en Hoop

geskryf deur Hanlie Retief

Anderkant Uit, Stories oor Trauma en Hoop

Dié boek is ’n versameling van onderhoude et mense wat trauma beleef het, van verslawing, misdaad en siekte tot verlies en besluit het om weer op te staan. Die boek wys dat ons nie kan kies wat met ons gebeur nie, maar wel hoe ons daarop reageer, en dat daar inderdaad net een ding is waarsonder geeneen van ons kan leef nie en dit is HOOP. 

Human Trafficking, The Hidden Crime

Dr. Joan Groenewald

Human Trafficking, The Hidden Crime

Die boek bespreek al die belangrikse aspekte van hierdie wêreldwye fenomeen wat ook bekend staan as moderne slawerny. Dit verduidelik presies wat ‘handeldryf met mense’ behels en gee inligting wat ’n mens te doen staan as jy in aanraking kom met iemand wat jy vermoed ’n slagoffer van mensehandel is.  

Carmen se Beste Resepte

geskryf deur Carmen Niehaus

Carmen se Beste Resepte

In hierdie boek gee Carmen al haar persoonlike gunsteling-resepte van oor die jare. Die meer as 100 resepte sluit in haar gewilde Wortel- en Beetkoek wat sy vir Koekedoor gebak het asook ’n Banoffee Tert, Bobotie en Banting-Lasagne om ’n paar te noem en natuurlik gee Carmen ook haar persoonlike beproefde wenke wat sal maak dat hierdie boek gou ‘n ereplek in jou kombuis kry.  

50 Must-see Geological Sites in South Africa

geskryf deur Gavin Whitfield

50 Must-see Geological Sites in South Africa

Suid-Afrika het van die rykste geologiese erfenis op die planeet en dié boek sal enige iemand inspireer om hierdie plekke te besoek en te waardeer want elke plek word in diepte bespreek saam met mooi kleurfoto’s en kaarte om presies uit te vind waar dit is en wat dit so besonders maak. Dit sluit in Chapman’s Peak, Howick Valle, die Walter Sisulu Botaniese Tuine, Mpungubwe, die Tswaing Meteoriet-krater en Fraserburg se Fosieloppervlaktes om maar ’n paar te noem. 

Die meisie op die dak

geskryf deur Cecilia Steyn

Die meisie op die dak

Die storie gaan oor die tienermeisie, Estelle, wat pas na ’n nuwe huis moes trek,’n traumatiese tyd agter die rug het en wie se gesinslewe nie na wense is nie. Sy ontmoet toe die buurseun, Aiden, wat haar help om weer aan wonderwerke te glo. Hierdie storie is nie net vol humor nie, maar vertel ook van die seerkry van tienerwees en die betowering van ’n eerste liefde. 

Innovasie, Hoe wetenskap Suid-Afrika vorm

geskryf deur Sarah Wild

Innovasie, Hoe wetenskap Suid-Afrika vorm

Hierdie boek is beskryf deur die visekanselier van Tukkies as ’n ‘insiggewende perspektief op Suid-Afrikaanse innovasie en wat dit werklik vir ons beteken’. Dit is ’n viering van die wetenskap en vernuwing wat tans in Suid-Afrika plaasvind en werklike probleme op grondvlak takel wat mens kan help om gesonder, gelukkiger lewens te lei. 

Skep ’n Tuiste

geskryf deur Germarie Bruwer en Margaux Tait

Skep ’n Tuiste

Hierin neem die skrywers alledaagse items en gee dit ’n kinkel. Herwinning en hergebruik is sleutelterme in hulle ontwerpe. Die projekte is geskik vir alle handwerk- en dekor entoesiaste, van beginners tot dié met meer gevorderde vaardighede.

Donker Stroom

geskryf deur Carel van der Merwe

Donker Stroom

Hierdie boek handel oor die storie van Eugene Marais en sy rol tydens die Anglo Boere-oorlog. In hierdie boek word presies onthul waarmee Marais hom kort voor, tydens en na die bitter stryd tussen boer en Brit besig gehou het. Menige Geskiedenisliefhebbers sal hierdie boek verslind. 

South African Multilingual Dictionary

uitgegee deur Pharos

South African Multilingual Dictionary

Hierdie woordeboek gee vir jou vertalings in al elf ons amptelike landstale. Dit bevat 3800 Engelse woorde uit ons alledaagse kommunikasie, gee dan ’n beskrywing van die woord met die vertaling daarvan in die ander tien landstale. Jy kry ook algemene frases in Engels hierin waarvan die vertaling dan ook in die ander 10 tale beskikbaar is. 

Proe die Klein-Karoo

geskryf deur Beate Joubert

Proe die Klein-Karoo

Beate Joubert is die eienaar van die bekende Alfresco Deli op hulle familieplaas naby Barrydale. In hierdie boek kry jy unieke resepte wat wissel van Tapas, Trooskos, slaaie, oor-die-kole vleisgeregte en ’n verskeidenheid soetgoed. Beate glo dat baie tradisionele geregte van die Klein-Karoo met ’n moderne kinkel voorgesit kan word.

1-2-3 Groei met Spel

geskryf deur Nadia Viljoen

1-2-3 Groei met Spel

Hierdie boek is ’n leersame gids vir alle ouers of onderwysers, want dit bevat 123 speletjies wat jou kind se begrip kan prikkel en so help met redenering- en syfervaardighede. Die skrywer glo kinders speel nie deesdae genoeg nie en hierdie boek is daar om dit reg te stel. 
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site