By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fliektyd: 18 Januarie 2020

Deur Leon van Nierop

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

Haar regte naam was Frances Gumm. Maar Hollywood het dit verander na Judy Garland, en sy het geld laat inrol. Toe loop sake skeef en haar lewe stort, ook finansieel, in duie. Die rolprent JUDY kyk met respek en simaptie, na die laaste 6 maande in Judy Garland se lewe. 

Moenie ‘n musiekblyspel verwag nie. Al sien jy van haar bekendste liedjies ondersoek die fliek haar afhanklikheid van drank, sigarette, haar onvermoë om haar geldsake te bestuur, en hoe mans haar misbruik het vir ‘n plek in Hollywood. JUDY is, om daardie rede, tragies en formeel. Reneé Zellweger, wat reeds verskeie toekennings as beste aktrise gewen het, en nou ook vir ‘n Oscar benoem is, is voortreflik. Judy, wat eintlik hulde aan haar bring, meer as om te verduidelik wat skeefgeloop het, sal aan jou hartsnare raak.

Dit is maklik om gemeen te raak oor CATS se die rolprentweergawe. Resensente het hul kloue diep in die fliek ingeslaan en, dikwels met reg, katterig gereageer. Tog interessant dat mense, wat dit nooit op die verhoog gesien het nie, nié so negatief gevoel nie.

Wat het verkeerd geloop met CATS? Die regisseur, Tom Hooper, het die fantasie-element verloo en onderskatr. Ook die allegoriese kommentaar. Sy verfilming van die bekendste treffers soos MEMORIES is sonder verbeelding. Maar dis die akteurs, wie se gesigte later met hare bedek is, en hul ongemaklikheid in die rolle, wat CATS Katswink slaan. CATS was ‘n teleurstelling. Dit het nie daarin geslaag om van die verhoog na film te beweeg en ‘n rolprenttaal te praat nie.  

Onthou dat besprekings nou reeds oop is vir Like A Boss., ‘n komedie oor die wêreld van skoonheid, met Jennifer Cooldige en Salma Hayek vir die Girls Night Out, waar net vroue toegelaat word op Donderdag 30 Januarie...

Volgende week gesels ek oor die riller: The Grudge, asook die pryswennende, en Oscarbenoemde 1917 waar die hele rolprent veronderstel is om net in een skoot vertel te word. Dit het 10 Oscarbenoemings gekry. Lekker fliek tot dan.
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site