By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weervoorspelling

14 September 2019

Weervoorspelling

Die Atlantiese Hoogdruk rug vandag suid om die land en bring landwye mooiweer, behalwe dat daar genoeg vog oor KZN inkom vir 'n paar ligte reënbuitjies. Na die vorige week se hitte kan die Oos-Kaapse binneland 'n koue oggend verwag. -1.6°C in Queenstown. Dit sal landwyd warmer word in die middag.
  
Alhoewel die hoogdruk in die suide tot die Indiese Oseaan beweeg sal dit steeds 'n bietjie vog in die noordooste indra. Lig, verspreide reënbuitjies sal in die noorde van KZN en Laeveld voorkom. Mooiweer oor Namibië en die sentrale binneland terwyl die suide gedeeltelik bewolkte weer kan verwag. 

Die laagdruk in die binneland het verder suid verleng, maar lê Maandag breed, met relatiewe uniforme lugdruk, oorland. Ons kan gevolglik 'n landwye mooiweersdag verwag. Die Noord-Kaap (Upington met 37°C) en Namibië (Keetmanshoop met 37.8°C) kan warm weer verwag.   

'n Hoogdruk ontwikkel Dinsdag oor die noordoostelike binneland en buiten 'n paar los wolke wat landwyd ontwikkel, bly dit warm en droog.

Die Hoogdruk in die noordooste het nog nie gewyk nie en bring nog 'n warm droë dag in die noorde. Die hele noordelike deel van die land kan temperature in die middel 30's verwag terwyl die suide lafenis ontvang a.g.v. 'n nuwe hoogdruk wat suid om die land rug en klammer weer op die Suid- en Suidooskus bring. 

Die Atlantiese hoogdruk lê op Donderdag in die vorm van 'n piesang suid om die land terwyl 'n swak laagdruk oor die westelike binneland vasgedruk word. Dit sal cumulusagtige wolke oor die hele land tot gevolg hê maar op hierdie stadium lyk dit nie of daar donderweer gaan wees nie... dit kan egter verander.  Klammer weer op die ooskus het intussen verder noord geskuif. 
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site