By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pioneer Plastics

By Pioneer Plastics glo hulle dat enigiets moontlik is. Hierdie visie en oortuiging was die dryfkrag agter dié plastiek produksie-maatskappy in Rosslyn, sedert 1982, en is sigbaar in elke produk wat hulle produseer.

Pioneer Plastics fokus op die beste diens en gehalte vir hulle kliënte en bied 'n verskeidenheid van produkte vir persoonlike, kommersiële en industriële gebruik. Van dromme en opgaartenks, tot padversperrings en vragmotor bykomstighede - Pioneer Plastics het 'n produk wat die beste by jou behoeftes sal pas.

Hulle in-huis gietvorm fasiliteit, stel hulle in staat om enige ontwerpidee van papier na die produk te neem, en dit skenk lewe aan 'n wye verskeidenheid doelgemaakte plastiekprodukte. Hulle kliëntelys het aangehou groei oor die afgelope 33 jaar en die naam Pioneer Plastics, is bevestig as 'n leier in die industrie.

Pioneer Plastics - ontwerp, ontwikkeling en vervaardiging van spesifieke produkte word bymekaar gebring met die gebruik van gespesialiseerde industriële masjinerie asook die bekwame en ervare operateurs en tegniese personeel.
Kontaknommer:012 541 6000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site