By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

BBD Steel

Die BBD in BBD Steel Suppliers staan vir “Basadi Ba Ditshipe” - Tswana vir “vroue in staal”. Dis in 2012 gestig deur Monika Pretorius en Gwendolyn Mahuma, met die doel om die eerste 51% swart vroulike bemagtigde staalmaatskappy te wees.

BBD voorsien kliënte landswyd vanuit hulle fasiliteit in Rosslyn, met ‘n wye verskeidenheid, hoë kwaliteit staalprodukte teen kompeterende pryse. 

Die BBD produkreeks sluit in: Ligte seksies, Strukturele seksies, Plaat, Spoele, Spesiale staal, Pype, Aluminium en Vlekvrye staal.

In dié hoogs-kompeterende mark is uitmuntende kliëntediens onlosmaaklik deel van BBD Steel se suksesresep. Hulle is ‘n vlak 1 BBBEE deelnemer en is ook ISO 9001/2008 ge-akrediteer.

BBD Steel - groot genoeg om kompeterende pryse te verseker, maar klein genoeg om doelgerigte oplossings vir elke kliënt daar te stel.
Kontaknommer:087 808 2956
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site