By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

James King & Badenhorst

James King & Badenhorst is reeds 26 jaar deel van Oudtshoorn en sy mense. 

James King & Badenhorst is 'n plattelandse prokureurs-praktyk. Hulle beskik oor vyf prokureurs wat elkeen op sy eie gebied spesialiseer. Hulle kommersiële afdeling behartig eiendomsoordragte, verbandregistrasies en die opstel van kontrakte. 

En die boedelafdeling werk spesifiek met die opstel van testamente en bereddering van boedels.  

By James King & Badenhorst is elke kliënt, en daarom ook elke transaksie, belangrik, ongeag hoe groot of klein dit is.

James King & Badenhorst beskik oor hoogs opgeleide personeel. Hulle streef daarna om te alle tye 'n bekostigbare vriendelike diens te lewer.  

Die Invorderingsafdeling behartig die invordering van skuld. 

James King & Badenhorst doen ook litigasie in die Landdros- en  Hooggeregshof en aanvaar opdragte vir motorongeluk-eise van kliënte en ander prokureurs regoor Suid-Afrika.

James King & Badenhorst Ingelyf – ervare, toegewyd en professioneel – met trots deel van Oudtshoorn.
Adres:St Johnstraat 144, Oudtshoorn
Kontaknommer:044 272 0142
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site