By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

MaPa Cleaning Technologies

MaPa Cleaning Technologies is 'n familiebesigheid wat sedert 1998, nie net skoonmaakmiddels verskaf nie, maar ware skoonmaak-oplossings, gekoppel aan werklike na-verkope ondersteuning. 

'n Assosiasie met ‘IPC Portotecnica’ gee hulle oorsese ondersteuning en saam met hulle sustermaatskappy, ‘Cleaning Equipment Manufacturing SA’ of ‘CEMSA’, is hulle bevoorreg om invoere, vervaardiging en verspreiding te hanteer tot buite die grense van Suid-Afrika. 

MaPa, aan die ander kant, hanteer hoofsaaklik  eindverbruikers, met verskaffing van toerusting wat die sustermaatskappy verskaf. Dit sluit in installering van stelsels, soos vir motor- en vragmotorwas en verwerkingsaanlegte, wat spesifieke toepassingsvereistes het. Dit word deur hulle installasie-afdeling hanteer.

Toerusting benodig na-verkope ondersteuning en dis 'n integrale deel van MaPa, van dag een af. Hulle werkswinkel is altyd aktief, letterlik 365 dae per jaar indien nodig. Hulle het beide in-huis en mobiele "Technical Road Warriors." 

Hulle Superdiens-span sluit in die “Road Warriors”, In-Huis Tegnici, Installasie Tegnici, Admin-dames en natuurlik hulle Werkswinkelbestuurder.

MaPa se produkreeks is omvattend en sluit in, hoëdruk skoonmakers, vloerskroppers, poleerders, stofsuiers, higiëniese borsels en verwante toerusting asook chemikalieë, verbruikersgoedere en mop-toerusting. 

MaPa Cleaning Technologies - 'n Lekker aankoopervaring met die gepaste na-verkope diens.  
Kontaknommer:0861 627 222
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site