By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mr Kruger

Mr Kruger is ‘n maatskappy wat handel dryf in edelmetale en ja – hulle is vernoem na Oud President Paul Kruger. Hier in die Finforum sentrum digby die Kollonade winkelsentrum kan jy kom inloer indien jy belangstel in onder andere, edelmetaal beleggings. Mr. Kruger se diens is op 4 pillare gebou: Hulle bied ‘n Fisiese Edelmetaal beleggingsdiens soos in Krugerrande asook Goud en Silwer stawe. hulle doen professionele evaluerings en hanteer ook numismatiese munte, note en oorlogsgedenkwaardighede.Verder doen hulle aankope van al daardie gebreekte en gebruikte juwele en diamante wat in daardie klein stowwerige boksies wegesteek word. En al is hulle nie ‘n juwelier nie, sal hulle unieke juwele op kliëntspesifikasies laat maak. Wat ook al jou na Mr. Kruger toe bring - hulle is daartoe verbind om jou te voorsien met ‘n onvergelykbare vlak van diens en integriteit. Mr. Kruger het oor die jare een van Suider-Afrika se mees erkende en gerespekteerde handelaars van herwinbare en beleggings-edelmetaal geword. Mr. Kruger bied altyd totale eerlikheid, hulle werk volgens die beste praktyke en bied ook die beste pryse. Jy doen jou sake in ‘n veilige omgewing en sal altyd vriendelike en hulpvaardige diens by die hoogs opgeleide personeel ontvang. Die Krugerrand is vir die eerste keer in 1967 gemunt. Teen die 1980's was die Krugerrand die mees gewilde goudmuntstuk in die wêreld en dit is vandag nog steeds so. Dis 'n gewilde muntstuk onder versamelaars en 'n waardevolle bate onder goudbeleggers. ‘n Belegging in goud het 'n aantal voordele. Vir dekades bied hierdie kosbare metaal portefeulje stabiliteit, ten spyte van die ekonomiese klimaat. Deesdae kan enigiemand belê in goud en ander edelmetale soos silwer en platinum. As jy jou geld in 'n meer tasbare belegging wil sit, kan goudmunte en staafgoud 'n baie winsgewende opsie wees. Besoek gerus Mr. Kruger vir volronde beleggingsmoontlikhede en kry waarde vir jou geld uit professionele hande. Mr. Kruger – die voorste edelmetaal- en numismatiese handelaar in Suid-Afrika.
Adres:Pretoria, Gauteng
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site