By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Rho-tech

RHO-TECH is ’n oplossings-gebaseerde, veelsydige maatskappy wat spesialiseer in termoplastiese en veselglasprodukte. 

Hulle vervaardig, verskaf en installeer HDPE pype en toebehore asook veselglasprodukte, dwarsoor Suider-Afrika. Rho-tech beskou hulle diens as meer as net 'n besigheidstransaksie tussen hulle en die markte. Hulle sien dit as 'n uitruiling tussen vriende. Hulle kliënte word deel van hul besigheid – en dis vanweë hierdie houding dat hulle, ten spyte van die huidige moeilike ekonomiese klimaat, die afgelope twee dekades, reuse groei kon volhou. 

Rho-tech is HDPE en Termoplastiese Vervaardiging, Sweis en Installasie deskundiges.

Hulle is Pultrusie en GRP Veselglas Spesialiste ...

Hulle is die amptelike McElroy-verkoopsagentskap in Afrika en verhuur ook hulle McElroy-fusion masjienerie ...

Rho-tech het 'n gespesialiseerde afdeling, uitsluitlik vir die uitbreiding van HDPE-fusie-operateurs se vermoëns tot nasionale en internasionaal erkende standaarde.

Met meer as 100 jaar gesamentlike meervoudige medium ervaring, sal hulle verbintenis tot gehalte nooit prysgegee word nie en Rho-tech se etiek is onaangeraak in die mark.

Rho-tech – ongeëwenaarde advies en diens wat uitloop op die mees koste-effektiewe oplossings, wat voldoen aan wêreldklasstandaarde.
Kontaknommer:031 914 0966
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site