Talisman Hire Secunda
Talisman Hire Secunda het sy deure in 2004 oopgemaak. Hulle verhuur toerusting aan bou-kontrakteurs, siviele kontrakteurs, loodgieters, elektrisiëns, onderhouds-kontrakteurs en aan die doen-dit-self entoesias.
Hoekom koop as jy kan huur? By Talisman kry jy koste-effektiewe toegang tot ‘n verskeidenheid topgehalte toerusting slegs wanneer jy dit benodig - sonder die las van kapitale uitleg, aanstel van tegniese personeel, die huur van stoorspasie en ‘n werkswinkel. Hulle toerusting word professioneel gediens en onderhou, en kliënte huur net wat hulle elke dag benodig.
Talisman Hire Secunda beskik oor ‘n toegewyde en bekwame span om die beste oplossing vir elke kliënt se behoefte te vind. Jy kry flink eenstop-diens, asook kwaliteit en verskeidenheid. Hulle verskaf ook tegniese bystand indien daar probleme met toerusting op terrein sou wees.
Talisman Hire Secunda – ’n hele vloot afleweringsvoertuie verseker dat bestellings en aflewerings stiptelik uitgevoer word.