By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Vaal Precision Covers

Vaal Precision Covers in Sasolburg is ‘n familiebesigheid wat in 2006 begin is. Hulle het begin deur trokseile en vragnette te maak, maar op publieke aanvraag het hulle ook sakke of oortreksels, wat nie in winkels beskikbaar is nie, begin maak. 

Vaal Precision Covers gebruik net die beste kwaliteit materiaal, “uv”-bestande gare en die beste ritssluiters beskikbaar. Daarmee doen hulle pasmaakbestellings volgens elke kliënt se unieke behoeftes. 

Die geweersakke is ontwikkel in samewerking met verskeie kampioen-skuts en jagters om uiters doeltreffend en funksioneel te wees in meeste omstandighede en skietdissiplines.

Dis letterlik so eenvoudig soos: die kliënt wys hulle waarvoor hy/sy ’n sak benodig; Vaal Precision Covers bepaal die behoefte en ontwerp en maak ‘n sak of oortreksel daarvolgens. 

Drukwerk kan ook op die sak gedoen word.

Vaal Precision Covers – Trokseile, vragnette of sakke vir enigiets waarvoor jy ‘n sak benodig – doelgemaak en ontwerp volgens jou behoeftes.
Kontaknommer:016 971 1515
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site