By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Build it

Dykhard Laage se pa en oupa was van die eerste stigters van die ‘Spar’ groep en sy pa het daarna een van die eerste ‘Build it’ winkels ook begin. Build it is deel van die Spar groep en daar is tans 350 Build it winkels in die land waarvan Dykhard Laage die eienaar is van 11 winkels in die Noord en Suid Rand. Die derde generasie Laages is nou betrokke by hierdie besighede.

Build it is die 2de grootste hardeware winkelgroep in die land na Builder’s Warehouse en seker die grootste verspreider van sement in Suid-Afrika. Build it verskaf boumateriaal en hardeware aan kontrakteurs, individue, doen-dit-selwers en mense wat persoonlik bouprojekte voltooi.

‘Build it’ produkte en diens is van besondere gehalte. Hulle lewer net die beste persoonlike diens en sement word verkoop teen baie goeie pryse - dis hoekom die verkope verlede jaar ‘n groot aantal ton beloop het.

Goeie diens is deel van die besigheidsmodel. Die winkels word besit deur die bestuurders en is nie korporatief nie, wat hulle toelaat om kliënte soos gaste te laat voel.

‘Build it’ – boumateriale vir Afrika.

Cape Gate Build It

Cape Gate Build It in die Cape Gate Lifestyle Sentrum in Brackenfell, voorsien alle soorte boumateriaal aan kontrakteurs, groot of klein, en aan doen-dit-self entoesiaste. 

Hier kry jy die beste en vinnigste diens in Kaapstad met gekwalifiseerde personeel wat uit hulle pad sal gaan om jou te help.

So ’n eienaar-gedrewe besigheid soos Cape Gate Build It, sorg altyd vir puik diens en genoegsame voorraad. 

Aflewerings geskied ook altyd presies volgens kliënte se spesifikasies.

Cape Gate Build It – hulle is daar om jou by te staan.
Kontaknommer:021 982 0702
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site