By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bella Vita Leefstyl Landgoed

Bella Vita Leefstyl Landgoed is geleë in die skilderagtige Risiville area van Meyerton naby aan Drie Riviere. 

540 Meter van die Landgoed lê teenaan die Kliprivier, wat aan inwoners unieke geleenthede bied. 

Bella Vita Leefstyl Landgoed is toegerus met sy eie mediese 20-bed versorging-sentrum wat ook ander geriewe insluit. Die inwoners sal die beste van beide wêrelde geniet: ‘n rustige 7-Hektaar groen belt aan die rivier-oewer, met buitegeriewe net om die draai en gemaklike toegang tot die R59 snelweg.

Die Landgoed bied volle eienaarskap in ‘n deeltitelskema en ‘n keuse van drie huisgroottes om by individuele behoeftes te pas. 

‘State of the Art’ sekuriteit omvat die nuutste hoë-spoed vesel-optiese konnektiwiteit, WiFi en verwante dienste, terwyl die landgoed oor geriewe vir aktiwiteite soos staproetes, hengel, voëlkyk en buitemuurse sport beskik. 
Die minimum ouderdom van inwoners is 50 jaar, terwyl enigeen ‘n huis as belegging kan aanskaf. 
Kontaknommer:Garth: 084 395 0262
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site