By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bredasdorp Country Manor

Bredasdorp Country Manor is ’n heerlike tuiste vir reisigers, waar hulle die rustigheid van Bredasdorp en die pragtige omgewing kan ervaar. Hier word jy met warmte en liefde ontvang en met een woord - bederf. 

Die lekker huislike atmosfeer van Bredasdorp Country Manor, word ondersteun met persoonlike aandag aan elke gas se behoeftes. 

Daar is vyf ruim, luukse en-suite kamers met Franse flair ingeklee. Dis geleë in 'n rustige omgewing binne loopafstand van die middedorp en restaurante. 

Kom ervaar die rustigheid, romantiek en privaatheid van hulle pragtige wittebroodsuite. 

En jou volledige Engelse ontbyt is by die prys ingesluit.

Sedert 2009 bied dié ou herehuis al uitstekende diens en heerlike kos aan reisigers en toeriste in die Bredasdorp gebied.

Vir die eienaar en personeel beteken hulle diens veel meer as die gewone - dis ‘n passie en roeping wat hulle uitleef.

Bredasdorp Country Manor – ’n tuiste weg van jou huis.
Kontaknommer:028 425 2724
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site