By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Honeydew Country Estate

Honeydew Country Estate is vernoem na die waatlemoene wat vroeër jare op dié plaas in Noord-Paarl bewerk is. Wilcrest Construction is hier besig met die ontwikkelling van residensiële behuising wat bestaan uit ongeveer 220 huise, 120 dorpshuise en 68 woonstelle met groot privaat oopruimtes, parke & sekuriteit.

Hier kan jy werklik kom leef omring deur moderne afwerkings – ‘n “lock up & go” lewenstyl, sentraal geleë in die middel van die stad naby top wynplase, skole, winkelsentrums en hospitale – almal binne ‘n radius van 4 kilometer.

Honeydew Country Estate is ‘n ontwikkeling wat sorg vir al die fases van die lewe. Dit skep ‘n algehele lewenstyl ervaring en die topklas Biometriese toegangsbeheer met 24uur wagte en geslote baan kameras maak dit boonop veilig.

Huispryse begin by R1,85 miljoen (wat oordrag- en verbandkoste insluit) en Wilcrest Konstruksie maak seker jou huis is gereed vir intrek slegs 3 maande na die koop daarvan. 
Kontaknommer:021 871 1856
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site