By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Prost Hotel

Die Prost Hotel Swakopmund het onlangs ‘n 9 miljoen rand opknapping gekry om werklik die juweel van Swakop te word. ‘Prost’ beteken natuurlik ‘Gesondheid’ in Duits en dié soort vriendelikheid loop oor in die diens wat jy hier ontvang.

Kwaliteit, waarde vir geld en gasvryheid is die standaard hier. In die ruim kamers word jy bederf met net die beste beddegoed en skoner sal jy nêrens anders kry nie.

Met ‘n groot verskeidenheid ruim kamers en die opregte Namibiese vriendelikheid waarmee jy getrakteer word, gekoppel aan die sentrale ligging in Swakop is dit werklik ‘n droombestemming.

Hier by Prost Hotel in Swakopmund verwelkom hulle families en die spesiale aanbieding aan gesinne, is gratis verblyf aan kinders onder 18 wat deel met hulle ouers. Prost ! Op jou gesondheid!
Kontaknommer:+264 64 429 600
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site