By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Santana Vakansieoord

Santana Vakansieoord geleë op Margate se bekende ‘Goue Myl’ is baie bekend sedert die 70’s en dit is steeds een van die beste strandoorde aan die Natalse Suidkus.

Die goeie tye word vergestalt in die feit dat tot die destydse Rapport strokiesgesin ‘Ben, Babsie en Familie’ hier vakansie gehou het. 

Santana Vakansieoord bied aan alle gesinne ‘n vakansiehuis weg van die huis. Met die hoogste AA gradering moontlik van ‘Superieur’, is die eenhede ruim en luuks soos jy nie van ‘n vakansieplek sal verwag nie. 

Hier kry jy kwaliteit diens, versorgde eenhede en die enigste verhitte swembad tussen Scottburgh en Port Edward. Hier is ook ‘n heerlike putt-putt baan, ‘n topklas restaurant, pragtige uitsig oor die see en ‘n skoonheidssalon van uitstaande gehalte.

Santana Vakansieoord – Kom ontspan by ‘n veilige oord met eenstop fasiliteite.
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site