By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Silver Streams Lodge & Day Spa

Silver Streams Lodge is ‘n 4-ster oord naby Pretoria in Die Bosveld. Die oord is ideaal vir ‘n naweek-wegbreek, bruilofte of konferensies.

Silver Streams Lodge is in die hart van die Bosveld geleë, op 500-hektaar ongerepte natuur. Die verblyf-opsies sluit in sewentien luukse suites, ‘n selfsorg luukse huis vir agt persone en ‘n karavaanpark met 51 staanplekke. Voorsiening word ook gemaak vir gaste met vermindere mobiliteit.

Silver Streams Lodge bied ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite aan gaste. Daar’s ‘n luukse spa-area en skilderagtige uitsigte vanaf die swembaddens en restaurant-terras. Verder voorsien die oord wildritte, perdry, varswater-hengel, staproetes, bergfietsry, voëlkyk en bospieknieks. ‘n Privaat-boma kan ook vir groep-braaie bespreek word.

Silver Streams Lodge se konferensie-geriewe is uit die boonste rakke, met al die nodige tegnologie. Silver Streams is ook perfek vir ‘n romantiese Bosveldtroue.
Kontaknommer:014 717 9835
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site