|
|
|
Dawie Roodt |
Dawie, een van die mees aangehaalde ekonome in die land, is gebore in die
Laeveld.
Hy was ‘n ekonoom by die reserwebank asook Ekonomiese redakteur van Finansies en
Tegniek. Tans is hy direkteur van die Efficient Groep, ‘n
batebestuurs-maatskappy in Pretoria. Dawie is 'n tipiese Laevelder - gebore in
Warmbad en grootgeword in Tzaneen. Hy het sy eerste werksondervinding by die
Reserwebank opgedoen.
Daarna het hy vir aandelemakelaars gewerk, tot waar hy vandag die Voorsitter en
Hoofekonoom van die Efficient Groep is.
|
 |
Dawie vlieg graag met sy paramotor en is
deel van die Suid-Afrikaanse span wat die land onlangs in Beijing by die
wêreld-kampioenskappe verteenwoordig het.
Op 'n persoonlike vlak is Dawie met Marina, 'n veearts, getroud en het hy twee
kinders. |
|
Milan Murray |
|
Milan Murray is gebore in Queenstown en het grootgeword in die Wes Kaap. Sy het
gematrikuleer aan Hoërskool Bellville en haar dramastudies aan die Pretoria
Technikon voltooi. Haar drama opleiding is toe voortgesit by verskeie studios in
New York.
Milan se loopbaan sluit verhoogrolle teenoor Sandra Prinsloo, Gys de Villiers en
Andrew Buckland in. Sy het egter ‘n hart vir film en is trots op haar vertolking
van die hoofrol ‘Sage’ in die MNET fliek MURMUR. |
 |
Ander films sluit in “SLASH” (Cannes Film
Festval) en “RUN” ‘n NYU studente produksie wat in Manhattan verfilm is. Maar
Milan is die bekendste vir haar TV rolle. Haar eerste rol as Dusty van Isidingo
kan mense nou nog onthou. “Song vir Katryn” en “Dit wat Stom is” het daarop
gevolg.
BINNELANDERS se gewilde karakter Frankie, was een van Milan se grootste
uitdagings en in TRANSITO het sy die hoofkarakter, ‘n klouterdief, Patrys
vertolk. Milan sal ook binnekort te sien wees in 'Taraboemdery', Chris Barnard
se toneelstuk, vir die Innibos fees. Buiten aktrise wees is Milan ook regiseur
by ‘n produksie maatskappy wat korporatiewe videos maak. Sy skryf ‘n maandelikse
rubriek “Ma Shma!” vir die tydskrif Finesse en het onlangs haar joernalistieke
debuut gemaak met ‘n voorblad artikel oor aktrise Illse Roos.
Milan is getroud met entrepeneur Schalk van der Merwe. Hulle is
kaalvoet aan die weskus getroud en lei ‘n ongekunstelde lewe, met hulle twee
kinders, die tweejarige Steph en drie maande-oue, Lua, asook hul hegte
vriendekring as kosbaarste besitting. |
|
Ulla Pakendorf-Loubser |
Ulla Pakendorf het in 2001 Ulla Pakendorf-Loubser geword toe sy getrou het met
Coenraad Loubser. Ulla is individualisties, modern in haar kleresmaak en idees
maar tog ook ‘n onopgesmukte boeremeisie wat van eenvoud en aardse dinge hou.
Soos almal weet, is sy mal oor kosmaak maar kan pretensieuse koskokery nie
hanteer nie. Kos is vir haar eintlik net ‘n rede om mense bymekaar te bring en
die kuiery gaan oor die geselskap en nie noodwendig die maaltyd nie. |
 |
|
Sy het al vele dinge in haar lewe aangepak, onder andere het sy haar
honneurs in filosofie, (wat haar kwalifiseer om tot laat nag te sit en @#$%^&*
praat), sy het die PUK oorleef, het vir 2 jaar haar eie restourant gehad nl
Ullala... die kuierplek.
Ulla is deel van 'n groot gesin wat mekaar amper elke dag sien. Ulla
en Con het twee seuntjies, Reenen en Rouke. |
|
Jan Harm Schutte |
Jan Harm is gebore in Randburg, Johannesburg, waar hy nog steeds bly. Hy het
B.Sc. by RAU studeer en na Universiteit het hy by SAB begin werk as Handelsmerk
bemarker. Jan Harm het in televisie beland toe hy ‘n paar jaar gelede by die
destydse produksiehoof van Mnet se kantoor ingeloop het en gesê het hy soek
werk.
Daarna is hy aan ‘n paar mense voorgestel en vandag bied hy nie net weekliks die
weer op Ontbytsake aan nie, hy is ook ‘n vryskut redigeerder vir die Update
kanaal by Supersport en is betrokke by die weeklikse krieketprogram, Inside
edge, as redigeerder en produksie-assistent.
|
 |
|
Wanneer hy nie werk nie,
geniet hy dit om saam met vriende te kuier om ‘n vuurtjie, maar hy is net so
gelukkig met ‘n lekker boek by die huis of om tyd aan sy visdam te spandeer. hou baie daarvan om golf te speel en op wegbreek-naweke na die bosveld of
Drakensberge te gaan. Verder het hy pas ‘n nuwe kamera gekoop en sien homself
dus as ‘n ontluikende fotograaf – iets wat definitief binnekort ‘n stokperdjie
sal wees. |
|
Carla van Niekerk |
Carla van Niekerk is in die dorp Porterville in die Swartland gebore en was in
Hoërskool Gimnasium in die Paarl op skool. Na skool het sy ‘n B.Ed Graad by die
Universiteit van Stellenbosch behaal en is daarna na Londen, Engeland toe om om
skool te hou. Na ‘n jaar of twee het sy teruggekom en besef dat skoolhou nie
regtig vir haar is nie.
Sy het besluit om haar passie uit te leef naamlik televisiewerk en het haar cv
na Ontbytsake gestuur met die hoop dat daar moontlik ‘n pos oop is. |
 |
|
Ontbytsake het haar gekontak en sy het onmiddellik Johannesburg toe getrek om
aanvanklik in die Ontbytsake kantoor met administrasie uit te help terwyl sy die
prosesse van televisieproduksie leer.
Carla is ‘n plaasmeisie sonder fieterjasies. Die natuur is haar grootste bron
van energie en veral berge het ‘n spesiale betowering. Sy is baie lief vir kos
en eet en saam met vriende en familie kuier. Sy het ook ‘n passie vir die
Bosveld en die rustigheid wat daarmee gepaard gaan. Haar grootste voorreg is om
elke dag in haar werk haar grootste passie uit te leef. |
|
|
|