Ontbytsake Program Resepte (Januarie 2010 tot 'n week gelede)

Januarie 2010 Oosterse omvou met tuisgemaakte brandrissiemayonnaise
Februarie 2010 Mango Mambo Pork |Tradisionele Kaasfondue vir 2 vir Valentynsdag | Sonnige tamatietert met 'n boon-en-knoffel doopsous |
Geurige hoender- en groente gekook in sakkies | Pasta met ‘n beskeie sampioensous
Maart 2010 Groen skaapvleis: (gebruik hoeveelhede volgens smaak) | Maklike Seekospasta | Courizoworsies met wortel en lemoenslaai | Pampoenslaai met fetakaas en gebraaide peerskywe
April 2010 Gemmer - en - sitroengrastee geposjeerde varkfilet en groente met spaghetti | Meksikaanse nachos-sop
Mei 2010 Franse visbredie (Bouillabaisse) met vars brood en 'n knoffel- en brandrissiesmeer (rouille) | Jollofrys met hoender van uit Wes-Afrika | Sloweense Kapokaartappels met Komkommer| Italiaanse happies of antipasti
Junie 2010 Soutzoukakia (Griekse frikkadelle) | Bobotie springrolls (bros omvou) | Warm Aartappelslaai met gerookte varktjops en gekaramaliseerde appel | Beste botterbroodjies (scones) met 'n stroopsoet aarbeiverleiding |
Julie 2010 Garbanzos (Kekeretjiegereg)| Gevulde brandrissie | Nederige Nederlandse bredie | Suzanne van Brits se Wild Schnitzel
Bushman's Chilli Oosterse omvou met tuisgemaakte brandrissiemayonnaise
resep

 (bedien 4)

Brandrissiemayonnaise:

  • 2 eiergele
  • 1 E vars lemmetjiesap
  • 1/4 t sout
  • 1/4 t fyngekapte vars knoffel
  • 1/4 t fyngekapte vars gemmer
  • 2/3 k Westfalia rissiegegeurde Avokado-olie

    Klits die eirgele, lemmmetjiesap, sout, knoffel en gemmer saam tot goed gemeng. Voeg dan die Westfalia Avokado-olie eers druppel vir druppel by en klits deeglik, voeg dan bietjie vir bietjie meer en meer olie op 'n slag by terwyl jy aanhou klits en hou so aan totdat die olie op is en die mayonnaise verdik het. Indien te styf voeg meer suurlemoensap by.

    Thaise omvouvulsel:
  • 1 groot wortel, gerasper
  • 1/2 komkommer, in lang dun repe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in dun repe gesny
  • 1/4 koolkop, fyn gekap
  • 5 sprietuie, fyn gekap
  • 6 gepekelde lemmetjiblare, dun gesny
  • 1/2 k geroosterde grondboontjies
  • 1/2 t vars gemmer, fyn gekap
  • 1/2 t vars knoffel, fyn gekap
  • 'n paar vars kruisementblare, fyn gekap
  • 1 handvol vars koljanderblare, fyn gekap
  • 4 hoenderborsies (ontbeen sonder vel) in stukkies gesny en gebraai in Westfalia suurlemoengegeurde avokado-olie
  • 2 t bruinsuiker
  • 1/4 k Ketjap Manis ('n Indonesiese sous) OF
  • 1/8 k sojasous vars lemmetjiesap en sout volgens smaak

    Meng al bogenoemde bestanddele deeglik. Smeer die warm omvou of Roti met Westfalia Guacamole, sit dan die omvouvulsel in die middel, vou die deeg om, sny in twee en bedien met vars roketblare en tuisgemaakte brandrissiemayonnaise en smul.

    Terug na bo

  • Goldcrest Mango Mambo Pork
    resep
    • 10ml Goldcrest Minced Garlic
    • 20ml red curry paste juice of one can drained Goldcrest Mango Slices
    • 15ml Goldcrest honey
    • 10ml Goldcrest Minced Ginger
    • 10ml light soy sauce
    Mix together 10ml Goldcrest Minced Garlic, 20ml red curry paste. Juice of one can drained Goldcrest Mango Slices, 15ml Goldcrest honey, 10ml Goldcrest Minced Ginger and 10ml light soy sauce. Place a pork fillet in a roasting pan and pour over the marinade. Marinate for two hours or overnight. Cover and roast at 190C for 20 minutes. Remove from oven and add drained mangoes and one can drained Goldcrest Pineapple Pieces. Return to oven, uncovered, and roast for a further 10 minutes until fillet is cooked through. Serve sliced with rice and heated Goldcrest Red Kidney Beans and Goldcrest Minicorn Spears.

    Terug na bo
    Dewfresh Tradisionele Kaasfondue vir 2 vir Valentynsdag
    resep

    Vir die kaasfondue:

    • 1 knoffelhuisie
    • 250 ml baie droee witwyn (Van Loveren Chardonnay)
    • Sap van 1/2 suurlemoen
    • 175g goeie gehalte
    • Gruyerekaas 175g goeie gehalte
    • Emmenthalerkaas 30 g
    • Dewfresh fetakaas
    • Knippie neutmuskaat
    • Knippie paprika
    • Sout en witpeper volgens smaak
    • 'n Sopie Kirsch (opsioneel)
    Vryf die fonduepot deeglik met die knoffelhuisie aan die binnekant. In 'n ander pot verhit solank die wyn en suurlemoensap en laat warm word maar nie kook nie. Voeg die gerasperde kase by en laat smelt oor 'n stadige hitte totdat die kaas gesmelt het en roer so elke af en toe. Voeg die speserye en sout en peper by en verplaas die kaasmengsel na die fonduepot en sit voor met groente en vleis van jou keuse: ek stel voor: worsies, klein tamaties, sampioene, avokado, murgpapmpoentjies, bros Fransebrood, olywe, garnale en appel (alles in stukke gesny natuurlik.)  Bedien dit met 'n glasie: Van Loveren Papillon Demi-Sec ('n semisoet vonkelwyn)

    Smul daaraan terwyl jy in jou geliefde se oë staar en die een wat van sy peuselhappie in die kaas verloor moet die ander een soen...regtig!


    Terug na bo

    Dewfresh Sonnige tamatietert met 'n boon-en-knoffel doopsous
    resep

    Bedien 6
    Pasteideeg:

    • 200g koekmeel
    • 100g regte botter in klein blokkies gesny
    • 1 groot eier, geklits
    • 1 t vars tiemieblaartjies van die stingel gestroop

    Vulsel:

    • 3 E dik room
    • 1 E mosterd
    • 10 groot soet ryp tamaties,  in skywe gesny
    • 1 soetrissie, kern verwyder en in dun ringe gesny
    • 1 ui, in dun ringe gesny
    • 1 stingel vars roosmaryntakkie, gestroop en fyn gekap
    • sout en vars gemaalde swartpeper, volgens smaak

    Boon-en-knoffel doopsous:

    • 1 blikkie botterbone, dreineer
    • 1 t vars knoffel, fyn gekap
    • 1 handvol vars kruisement
    • 2 E gepekelde kappertjiesade
    • 2 ansjovisfilette
    Om die pasteideeg te maak:
    Sit die meel in 'n bak en voeg die botter by. Vryf tussen vingerpunte totdat dit die tekstuur van broodkrummels bereik. Voeg dan die kruie en geklitse eier by met 'n slaplemmes en voer snybewegings uit totdat dit amper 'n bal vorm. Knie dan vir 'n kort rukkie totdat dit glad is. Sit kleefplastiek oor en verkoel vir 40 minute in die yskas. Verhit intussen die oond tot 190'C. Rol die deeg uit met 'n koekroller en voer 'n oondvaste tertpan uit daarmee. Smeer dan die deeg met 'n mengsel van die mosterd en die room en voeg die res van die bestanddele by sodat dit netjies oormekaarvou. Bak dan in die oond vir ongeveer 40 minute.

    Vir die doopsous:
    Gooi al die bestanddele in 'n voedselverwerker totdat dit glad en romerig is.

    Bedien die tert warm of koud met die doopsous en 'n groenslaai. Sit voor met Van Loveren Sauvignon Blanc.

    Terug na bo
    Dewfresh Geurige hoender- en groente gekook in sakkies
    resep

    (Sous vide -kookmetode vir Jan-Alleman)
    Bedien 4

    • 8 aartappels, gehalveer
    • bietjie botter
    • bietjie knoffelgegeurde avokado-olie van Westfalia
    • vars marjoleinblaartjies

     

    • 6 hoenderborsies, sonder vel en been
    • 6 spekrepies
    •  paar vars basiliekruidblare
    • 6 sprietuie
    •  Dewfresh hoenderaftreksel
    • botter
    • sap van 2 vars lemmetjies
    • sout en gemaalde swartpeper
    • groente van jou keuse bv boontjies, murgpampoentjies,klein wortels of mielies

    Metode:

    Laat 'n pan met water opdie stoof stadig prut maar nie kook nie.

     Sit dan die aartappel in 'n sterk sakkie (bv ZipLock) envoeg die olie, vars marjoleinblare, bietjie botter en sout en peper by. Druk soveel lug moontliklug uit en knoop toe. Sit dit dan in nog 'n sakkie, plaasdit in die pan met water, maak toe met deksel en kook oor 'n laetemperatuur vir ongeveer 2 ure.

    Berei solank die hoender en groente voor:

    Sny elke hoenderborsies effens oop, sit 'n sprietui,basiliekruid en spekrepie in die gleuf, vou toe en sit in plastieksakkies. Voegsout en peper, hoenderaftreksel, botter en sap van vars lemmetjies in elkesakkie, knoop toe en sit in 'n tweede sakkie.

    Plaas die groente wat jy gaangebruik ook in 'n sakkie met botter en kruie van jou keuse, verseel enkook in water tot gaar.

    Ongeveer 'n uur voor die aartappels gaar is kan diehoenderpakkies en groentepakkies in stadig-kokende water op die stoof gesit word totdat dit sappigis.

    Sny die sakkies net voor bedieningoop.

    Die boontjies word onder in die bord, met die aartappelsweerskante en die hoenderborsie bo-op geplaas. Garneer met vars kruie en gebraaide tamaties en bedruip met die sous in diehoenderpakkies.

    Terug na bo
    Dewfresh Pasta met ‘n beskeie sampioensous:
    resep

    Bedien 4

    • 300g mieliepasta of pasta van jou keuse
    • suurlemoengegeurde avokado-olie van Westfalia
    • 1 ui, redelik fyngekap
    • 2 knoffeltone, fyngekap
    • ‘n handvol tiemieblaartjies gestroop van hul takkies
    • 800g gemengde wilde sampioene, rofgekap
    • ‘n skeut droee witwyn
    • sout en gemaalde swartpeper
    • vars roketblare
    • pecorinokaas skaafsels

    Metode:

    Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar (al dente). Verhit die olie in ‘n pan en braai die ui, knoffel en tiemie daarin totdat die uie deurskynend is. Voeg dan die sampioene by, verlaag die hitte effens en braai totdat al die vloeistof verdwyn het. Voeg dan die wyn by, verlaag die hitte en roer net voor bediening ‘n klont botter deur vir smaak. Meng die sous met die pasta en sit voor met vars roketblare en pecorinokaas skaafsels.

    Terug na bo
    Dewfresh Groen skaapvleis: (gebruik hoeveelhede volgens smaak):
    resep
    • skaapvleisblokkies (verkieslik uit die boud gesny, gerol in garum masala
    • groen sojabone (edamamebone), sag gekook
    • vars dun aspersies, gekook vir 5 minute, dreineer en gebraai in botter
    • gemengde vars kruieblare bv. roket en bronkors
    • geroosterde sonneblomsade of amandels
    • vars kaalgatperskes, in skywe gesny
    • Willow Creek olyfolie
    • sout en gemaalde swartpeper na smaak

    Metode

    Braai die skaapvleis in suurlemoengegeurde olyfolie van Willow Creek tot goudbruin en sag. Sit die kruieblare op 'n bord gevolg deur die aspersies, dan die sojabone en die skaapvleisblokkies. Bedruip met olyfolie, sprinkel sade oor, geur met sout en peper na smaak en garneer met perskeskywe.

    Sit voor met Van Loveren Cabernet Sauvignon/Shiraz

    Terug na bo
    Dewfresh Maklike Seekospasta:
    resep (genoeg vir 6)
    • 500g linguine(of pasta van jou keuse)
    • 6 klein preie, in dun skywe gesny
    • 2 selderystingels, in dun ringe gesny
    • 2 wortels, in klein blokkies gesny
    • vars tiemie - en origanumblare, na smaak
    • 1 sitroengrasstingel, in fyn ringe gesny skil van 'n lemmetjie, fyn gekap
    • 1 brandrissie, ontpit en fyn gekap
    • 1 t vars gemmer en knoffel, fyn gekap
    • 1 rooi soetrissie,in klein blokkies gesny
    • 1 k Dewfresh visafreksel
    • 1 k witwyn
    • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak 500g klein rooi ryp tamaties, halveer
    • 1 blikkie tuna, dreineer
    • 1 kg vis en skulpvis van jou keuse bv. halwe skulpmossels, bottervis, gapermossels, garnale, krap ens

    Metode

    Braai die preie, seldery, wortel, kruie, sitroengras, lemmetjieskil, brandrissie, soetrissie gemmer en knoffel in 'n mengsel van botter en olyfolie oor 'n matige hitte vir ongeveer 15 minute. Voeg dan die visaftreksel en witwyn by en laat deurverhit. Kook intussen die pasta in vinnigkokende soutwater tot al dente en hou eenkant. Sit dan die tamaties by en laat kook totdat die tamaties sag is. Indien daar nie genoeg vloeistof in die die sous is nie kan nog visaftreksel, witwyn of water uit die pastapot bygevoeg word.

     Voeg dan die tuna en die res van die vis en skulpvis by en laat deurverhit. (Gooi enige gapermossel wat nie oopgaap in die pot nie onmiddellik weg) Roer varsgekapte pietersielie en basiliekruidpesto net voor bedieng by. Sit voor met die warm pasta, parmesankaas en Van Loveren Chardonnay.

    Terug na bo
    Dewfresh Courizoworsies met wortel en lemoenslaai
    resep (genoeg vir 4)
    • 500g linguine(of pasta van jou keuse)
    • 2 chourizoworsies, in skywe gesny en gebraai in botter tot deurwarm
    • 3-4 wortels, gerasper of in dun skywe gesny
    • 2 sprietuie, in dun ringe gesny
    • 2 lemoene of nartjies, in wiggies gebreek
    • vars kruisement en pietersielieblare, fyn gekap
    • olyfolie
    • balsamiekasyn s
    • out en gemaalde swartpeper, na smaak
    • Franse baguette broodsnye, gerooster en besprinkel met olyfolie

    Metode

    Meng die wortel, sprietuie, lemoen, kruie, olyfolie, balsamiekasyn en sout en peper saam. Sit voor met die chourizoworsies, brood en Van Loveren Merlot.

    Terug na bo
    Dewfresh Pampoenslaai met fetakaas en gebraaide peerskywe
    resep (genoeg vir 6)
    • 500g pampoen of botterskorsieblokkies
    • 3 pere, in skywe gesny
    • 1/4 k pampoenpitte
    • 2 E botter
    • 1 E suiker
    • knippie gemaalde komynsade
    • knippie gemaalde kaneel sout fetakaas, gekrummel
    • swartolywe
    • vars slaaiblare en kruie van jou keuse bv. bronkors, roket, pietersielie, basiliekruid ens goeie olyfolie balsamiekasyn

    Metode

    Kook die pampoen of botterskorsieblokkies tot gaar maar nie pap nie. Braai die pere in 'n mengsel van botter en olyfolie tot bruin. Smelt die botter en suiker en speserye saam oor 'n lae hitte en voeg die papmpenpitte by en laat karamaliseer. Haal van die hitte af laat afkoel. Breek in stukkies indien dit aanmekaar vassit. Sit die slaaiblare en of vars kruie op 'n groot bord, sit die pampoenblokkies en peerskywe by. Krummel fetakaas bo-oor en voeg die olywe by. Strooi die pampenpitte oor en besprinkel met olyfolie en basamiekasyn.

     Wenk: Kan die pampoen in die oond ook rooster tot sag.

    Terug na bo
    Dewfresh Gemmer - en - sitroengrastee geposjeerde varkfilet en groente met spaghetti
    resep (genoeg vir 6)
    • 400g spaghetti pasta
    •  3 sakkies sitroengrastee
    • 3 sakkies gemmertee
    • 2 knoffeltone, fyngekap sout en witpeper, na smaak
    • 1 E bruinsuiker
    • knippie gemengde speserye
    • knippie gemaalde naeltjies
    • sap van een vars lemmetjie
    •  1 E oestersous
    • 1 E sojasous
    • 1 brandrissie, ontpit en fyngekap
    • 2 heel varkfilette 'n keuse van groente, in dun repies gesny
    • 1 vars pynappel, geskil en in repies gensy
    •  2 E botter

    Metode
    Giet water (genoeg om spaghetti in te kook) in 'n pot en sit die sitroengrasteesakkies by en laat kook. Voeg die spaghetti by en kook tot al dente. Dreineer die pasta bo-oor 'n ander pot sodat die vloeistof behoue bly. Hou die pasta eenkant warm. Voeg die gemmerteesakkies by die pastawater en laat opkook. Sit dan die knoffel, sout en peper, bruinsuiker, knippie gemengde speserye, knippie gemaalde naeltjies, lemmetjiesap, oestersous, sojasous en brandrissie by en roer deeglik. Voeg dan die varkfilet, groente en pynappel by en laat prut vir ongeveer 40 minute. Skep intussen 200 ml van die vloeistof uit die pot en sit in 'n pan. Laat dit kook totdat dit met die helfte verminder het. Roer die botter by en klits deeglik. Skep die pasta in 4 borde en sny die varkfilet in skywe en sit bo-op. Sit die groente en pynappel langs dit, bedruip met die tee - en - bottersous en bedien met Van Loveren Colombar.

    Terug na bo
    Dewfresh Meksikaanse nachos-sop
    resep (genoeg vir 4)
    • 3 koppies hoenderaftreksel
    • 1 k tamatiesalsa (resep volg)
    • 1 t gemaalde komyn
    • 1/4 k vars koljanderblare (gekap)
    • sap van 1 vars lemmetjie
    • 2 k gebreekte nachos-skyfies
    • 1 k mieliepitte
    • 1 ryp avokado, in blokkies gesny
    • 1/2 k Goudakaas

    Metode
    Sit die aftreksel, salsa en komyn in 'n kastrol en laat dit kook. Verlaag die hitte en laat dit prut vir ongeveer 15 minute. Meng intussen helfte van die koljanderblare en die lemmetjiesap en roer dit dan in by die sop. Verdeel die res van die bestandeele in 4 en sit in 4 bakkies. Skep die warm sop bo-oor en bedien.

    Tamatiesalsa

    • 3 koppies hoenderaftreksel
    • 2 groot rooi tamaties, pitte en vleis verwyder, in blokkies gesny
    • 1 vars knoffeltoon, fyn gekap
    • 2 brandrissies, ontpit en fyn gekap
    • 3 sprietuie, in dun skyfies gesny
    • 1/4 k vars koljanderblare
    • 1 E goeie olyfolie
    • sap van 1/2 vars lemmetjie
    • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

    Meng al die bestanddele en laat eenkant staan vir 1/2 uur sodat die geure kan intensifiseer.

    Terug na bo
    Dewfresh Franse visbredie (Bouillabaisse) met vars brood en 'n knoffel- en brandrissiesmeer (rouille)
    resep (genoeg vir 8)
    • 2 uie, halveer, in dun skywe gesny
    • 2 selderystingels, in dun ringe gesny
    • 4 knoffeltone, fyn gekap
    • 2 middelslag wortels, in dun ringe gesny
    • 1 vinkelbol, in klein blokkies gesny
    • 1/2 t borrie paar vars tiemie, gestroop van die takkies
    • paar vars roosmaryntakkies, fyn gekap
    • duimgrootte vars lemoenskil, baie fyn gekap
    • olyfolie
    • sout en peper na smaak
    • sap van 1 vars lemoen
    •  750 ml goeie gehalte groenteaftreksel
    • 2 geskilde en gekapte tamaties in 'n blik
    • 250ml witwyn
    • 1,5 kg verskeidenheid vis, seekos of skulpvis in blokkies gesny
    • 1 handvol vars pietersielieblare, rof gekap

    Metode
    Braai die ui, seldery, knoffel, wortel, vinkel, borrie, tiemie, roosmaryn en die lemoenskil oor 'n lae hitte in die olyfolie totdat die mengsel sag is. Geur met sout en peper en voeg die lemoensap, groenteaftreksel, tamatie en witwyn by en laat prut vir ongeveer 40 minute. Maak intussen die rouille (knoffel - en rissiesmeer) en rooster die brood. Voeg die vis en pietersielie ongeveer 15 minute voor bediening by die mengsel in die pot, smeer die broodjies met die smeer en sit voor met Chardonnay.

    Rouille (knoffel- en- rissiesmeer)

    • 3 E warm brousel uit die pot
    • 6 knoffeltone
    • 1 brandrissie
    • 1 t sout
    • 3/4 k sagte witbrood
    • 3/4 k goeie gehalte olyfolie

    Sit die brousel, knoffel, brandrissie, sout en brood in 'n elektriese menger en meng tot glad. Voeg die olyfolie stadig by en hou op meng sodra die olyfolie verdwyn. Die smeer kan alternatiewelik ook in bakkies voorgesit word sodat elkeen homself kan help.

    Terug na bo
    Dewfresh Jollofrys met hoender van uit Wes-Afrika
    resep (genoeg vir 4)
    • 4 hoenderborsies sonder vel en been, in groterige blokkies gesny
    • 2 E Westfalia Avokado-olie
    •  1/2 ui, halveer en in dun skywe gesny
    • 2 knoffeltone, fyn gekap
    • 1 duimgroote vars gemmer, fyn gerasper
    • 1 brandrissie, ontpit en fyn gekap
    • 2 E tamatiepasta
    • 1 blikkie gekapte tamatie
    • 1 1/2 k rys
    • 3 k hoenderaftreksel
    • 50 g okra, in dun skyfies gesny
    • 1 handvol vars koljanderblare

    Metode

    Braai die hoender en ui in die Westfalia Avokado-olie tot gaar. Voeg die knoffel, gemmer, brandrissie en tamatiepasta by en roer deeglik. Voeg dan die geblikte tamatie en rys by en roer deur. Sit dan die aftreksel by en laat kook totdat die rys amper gaar is. Voeg die okra ongeveer 10 minute voor bediening by sodat dit net-net gaar word. Roer die vars koljander by en sit voor met Oranjerivier Cellars Chenin Blanc.

    Terug na bo
    Dewfresh Sloweense Kapokaartappels met Komkommer
    resep (genoeg vir 4)
    • 2 medium komkommers
    • 1 T sout
    • 4 groot aartappels
    • paar vars salieblare
    • 2 E botter
    • 2 E koekmeelblom
    • 2 k aartappel’aftreksel’
    • 1 t asyn
    • 125g spek, gesny en bros gebraai

    Metode

    Skil komkommers, sny papeirdun en sit in 'n bak en strooi sout oor . Hou eenkant vir ongeveer 'n uur. Skil aartappels, sit in 'n pot water en voeg vars salieblare by en kook totdat aartappels sag is. Wanneer sag, skep van die warm aartappel’aftreksel’ of aartappelwater eenkant vir latere gebruik, dreineer en stamp fyn vir kapokaartappels. Smelt die botter in 'n pan, voeg die meel by en roer totdat dit goudbruin word. Voeg geleidelik die aartappelbrousel by totdat 'n sous vorm. Druk intussen die komkommers met die hand totdat al die water verwyder is. Voeg dan die komkommers en die asyn by die sous en kook vir ongeveer 10 minute. Meng dit dan deeglik met die kapokaartappels, voeg sout en witpeper na smaak by en bedien met bros spek.

    Terug na bo
    Dewfresh Italiaanse happies of antipasti
    resep (genoeg vir 4)

    Eiervrug bruschetta:
    • Eiervrug, in dun skywe gesny
    • Suurlemoengegeurde olyfolie van Willow Creek
    • Vars knoffel, fyn gekap
    • Vars pietersielie en kruisement, fyn gekap
    • Olyfolie
    • Suurdeegbrood, gerooster
    • Heel knoffeltone

    Metode

    Braai die eiervrug in sarsies in die suurlemoengegeurde olyfolie tot goudbruin. Sit in 'n bak en voeg die knoffel, pietersielie en kruisement by. Roer olyfolie by en voeg sout en peper na smaak by. Vryf intussen die geroosterde brood met die heel knoffeltone en bedruip efens met olyfolie. Sit die eiervrugmengsel net voor bediening bo-op die broodjie.

    Bagna Cauda (Knoffel -en ansjovis doopsous):
    • olyfolie
    • 8 knoffeltone, fyn gekap
    • 1/2 blikkie ansjovis, dreineer
    • 1/4 t gedroogde brandrissievlokkies
    • sout en peper, na smaak
    • 1 E vars suurlemoensap
    • 2 E vars pietersielieblare, fyn gekap

    Metode

    Braai die knoffel en ansjovis in die olyfolie oor 'n lae hitte totdat die knoffel effens verkleur. Sit dit in 'n menger, voeg die res van die bestanddele by en nog olyfolie indien nodig en meng deeglik. Sit voor met vars groente, smeer op 'n broodjie of bedien saam met 'n dik vissop

    Terug na bo
    Dewfresh Soutzoukakia (Griekse frikkadelle)
    resep (genoeg vir 4)

    Soutzoukakia:
    • 1 kg maalvleis
    • 2 eiers
    • 1 ui, fyn gekap
    • 2 dik snye brood geweek in melk
    • knippie gemaalde komyn
    • knippie gemaalde kaneel
    • knippie gemaalde naeltjies
    • koekmeel
    • 2 blikkies gekapte tamaties
    • 2 klein blikkies tamatiepasta
    • ½ k rooiwyn
    • 1 loureierblaar
    • 2 t suiker
    • sout en peper na smaak

    Metode

    Meng die maalvleis met die eiers, brood, ui, komyn, kaneel naeltjies en sout en peper na smaak. Vorm langwerpige frikkadelle en rol in meel. Braai die frikkadelle dan in olie tot goudbruin en hou eenkant. Sit die blikkies tamatie en wyn in die pan waarin die frikkadelle gebraai is en voeg die lourierblaar, tiemie, suiker sout en peper by en laat prut vir ongeveer 15 min. Sit die frikkadelle terug in die pan en laat verhit. Bedien met fetakaas en vars bros brood.

    Terug na bo
    Dewfresh Bobotie springrolls (bros omvou)
    resep (genoeg vir 4)

    Bobotie springrolls:
    • 45 ml Westfalia knoffelgegeurde avokado-olie
    • Duimgrootte vars gemmer, fyn gekap
    • 1 E kerriepoeier
    • ½ t gemaalde kaneel
    • ½ t borrie
    • Knippie gemaalde naeltjies
    • 1 E bruinsuiker
    • 1 t sout
    • ½ t witpeper
    • 1 ui, fyn gekap
    • 500 g maalvleis
    • 1 sny witbrood, geweek in melk
    • 1 handvol gedroogde vrugte, gekap en geweek in port
    • 1 handvol rosyne, geweek in port
    • 2 E blatjang
    • 1 E fyn appelkooskonfyt
    • 2 t asyn
    • 1 E Tamatiepasta
    • 100 g gevlokte amandels, gerooster
    • 1 pakkie springroll (bros omvoudeeg)
    • Olie

    Metode

    Verhit die olie in ‘n kastrol en voeg die gemmer, kerrie, kaneel, borrie en naeltjies by en braai vir 3 minute. Sit dan die bruinsuiker, sout, witpeper, ui en maalvleis by en braai totdat die vleis goudbruin is. Voeg dan die brood, gedroogde vrugte, rosyne, blatjang, appelkooskonfyt, asyn, tamatiepasta en amandels by en prut oor ‘n matige hitte vir 20 minute. (Indien te droog voeg bietjie Westfalia beesaftreksel by). Haal van die hitte af en laat effens afkoel. Hou die brosomvoudeeg klam tussen 2 klam vadoeke. Gebruik 2 lae deeg vir een omvou. Sit ongeveer 4 E bobotiemaalvleis in die middel van die deeg, vou die hoeke om en rol op. Plak die deeg wat loskom vas met water. Braai in olie tot bros, dreineer op kombuispapier en bedien met ‘n blatjang, soet mosterd of ‘n soet brandrissiesous.

    Terug na bo
    Dewfresh Warm Aartappelslaai met gerookte varktjops en gekaramaliseerde appel
    resep (genoeg vir 4)

    Warm Aartappelslaai:
    • 4 groot aartappels (gekook in die skil, dan geskil en in blokkies gesny)
    • 5 stukke spek, in klein blokkies gesny en bros gebraai
    • 1 ui, fyn gekap
    • ¼ k wynasyn
    • ¼ k water
    • ¼ k suiker
    • 2 handevol vars pietersielie, fyn gekap
    • Sout en witpeper, na smaak

    Metode

    Braai spek in olie tot karakerig en haal uit en hou eenkant. Sit uie is dieselfde pan braai oor ‘n matige hitte tot goudbruin. Meng intussen die asyn, water en suiker saam en voeg by die uiemengsel en laat prut totdat die suiker opgelos het. Voeg die gaar aartappels by en meng deeglik. Sit sout en witpeper by en prut vir ‘n verdere 10 minute of totdat al die vloeistof geabsorbeer is. Roer die pietersielie by en sit warm voor saam met gerookte varktjops en gekaramaliseerde appel.

    Gekaramaliseerde appel:
    • 2 E botter
    • 4 soet appels, geskil en in skywe gesny
    • 3 E bruinsuiker
    • ½ t gemaalde kaneel
    • ¼ t gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)

    Metode

    Smelt die botter in ‘n pan, voeg die appels by en strooi 1E suiker oor en roer aanhoudend totdat die appels net-net sag begin word. Sit die res vand die suiker, die kaneel en suurlemoenskil by. Roer effens en braai vir ‘n verdere 5 minute totdat die appels karamaliseer. Bedien warm.

    Terug na bo
    Dewfresh Beste botterbroodjies (scones) met 'n stroopsoet aarbeiverleiding
    resep (genoeg vir 4)

    Beste botterbroodjies
    • 150g botter (gevries)
    • 250g bruismeel
    • 1 t bakpoeier
    • 50g strooisuiker
    • 150ml koue Dewfresh volroom melk

    Metode

    Verhit die oond tot 220 C. Rasper die botter in 'n mengbak en roer die meel, bakpoeier en strooisuiker vinnig daardeur. Voeg dan die melk by en meng totdat al die bestanddele net-net bind en nie 'n galdde deeg vorm nie want die deeg moet so min as moontlik hanteer word. Knie die deeg so effentjies op 'n meelbestrooide oppervlak en rol dikkerig uit. Druk sirkels uit met 'n koekiedrukker, sit op 'n gesmeerde bakplaat, verf met geklitste eier, en bak vir ongeveer 20 minute of totdat dit goudbruin is. Laat effens afkoel en smul.

    Aarbeiverleiding

    • 350g vars aarbeie, deeglik gewas, halveer en stingeltjie uitgesny
    • 2 E strooisuiker
    • 1 E goeie gehalte aarbeikonfyt
    • 2 E Muscadel of enige soetwyn
    • 140g Mascarponekaas of baie dik room
    • 1/4 t vaniljegeursel

    Metode

    Meng al die bestanddele behalwe die Mascarponekaas en vaniljegeursel en hou eenkant terwyl die botterbroodjies bak. Roer die vaniljegeursel by die Mascarponekaas en bedien met die aarbeiverleiding bo-op 'n warm boterbroodjie.

    Terug na bo
    Dewfresh Garbanzos (Kekeretjiegereg)
    resep (genoeg vir 4)

    Garbanzos
    • Olyfolie
    • 1 chourizoworsie, in blokkies gesny
    • ½ t gemaalde komyn
    • ½ brandrissie, ontpit en fyn gekap
    • ½ rooi soetrissie, dun gesny
    • 1 blikkie kekerertjies (dreineer en goed afgespoel)
    • 1 handvol vars pietersielie, fyn gekap

    Metode

    Sit olie in ‘n pan saam met die knoffel en laat verhit. Wanneer olie warm is voeg die komyn, brandrissie, soetrissie en worsie by en braai. Haal die pan van die hitte af, roer die kekerertjies en pietersielie by, meng en sit net so voor OF op ‘n geroosterde broodjief OF as ‘n bygereg vir vis of hoender.

    Terug na bo
    Dewfresh Gevulde brandrissie
    resep (genoeg vir 4)

    Gevulde brandrissie
    • groot matige vars rooi brandrissies
    • sagte romerige bloukaas
    • heuning

    Metode

    Sny die brandrissies effens oop, ontpit en gooi kookwater oor en laat dit staan vir 1 minuut. Dreineer en spoel af met koue water om die kookproses te stop. Maak die kaas fyn met ‘n vurk en vul die rissies daarmee. Bedruip met heuning net voor bediening.

    Terug na bo
    Dewfresh Nederige Nederlandse bredie
    resep (genoeg vir 4)

    Nederige Nederlandse bredie
    • Olyfolie
    • 1 groot ui, rof gekap
    • 500 g bees – of varkvleis, in blokkies gesny
    • 1 lourierblaar
    • 1 E gedroogde tiemie
    • Sout en peper, na smaak
    • ¾ botteltjie donker bier
    • 1 k Dewfresh beesaftreksel
    • 2 snye volgraanbrood
    • Mosterd
    • Room

    Metode

    Verhit die olie oor ‘n matige hitte, voeg die ui by en braai tot deurskynend. Sit die vleis by en braai tot goudbruin. Voeg dan die lourierblaar, tiemie, sout en peper, aftreksel en bier by en laat prut. Smeer die brood met die mosterd en sit onderstebo (met die smeerkant na onder) bo-op die bredie, sit die deksel op en laat verder prut vir ongeveer 1 uur. Voor bediening maak room warm in ‘n aparte bakkie met van die warm sous van die bredie en voeg dan by die bredie. Bedien met gekookte aatappel en gestoofde pruimedante en garneer met vars ertjies.

    Terug na bo
    Dewfresh Suzanne van Brits se Wild Schnitzel
    resep (genoeg vir 4)

    Suzanne van Brits se Wild Schnitzel
    • 200 ml Maizena
    • 250 ml Bruismeel
    • 1 pakkie Beesstert (oxtail) soppoeier
    •  1 pakkie Sampioen soppoeier
    • 50 ml Braaivleisspeserye
    • 50 ml Gedroogde pietersielie
    • 25 ml Fyn naeltjies
    • 25 ml Fyn neutmuskaat
    • 12 ml Swartpeper
    • 12 ml Mosterdpoeier
    • Wilsvleis in dik of dun repies gesny

    Metode

    Meng alles saam en bere in die yskas. Tenderize die wildsvleis deur dit in die mengsel te rol en te laat staan vir 20 minute. Voeg sout laaste by. Braai die vleis vinnig oor 'n hoe hitte tot goudbruin. Bedien met bv 'n romerige sampioensous of maroelajellie.

    Terug na bo
     
    kykNET      Dawn Wing            On Demand      Itsy_bitzy      Flexi Rent
    Developed and hosted by sted by vanTo Technologies - Making IT Possible | Website Administration by Itsy Bitzy Marketing